.

Resensie: Weisheit und Schöpfung

Weisheit und Schöpfung

Christo Lombaard resenseer Prof. Jimmy Loader se huldigingsbundel.

Die voorheen, Pretoriase, tans Weense Ou Testamentikus Jimmy Loader word vereer met 'n huldigingsbundel rondom sy 65ste verjaarsdag. Die versameling studies is getitel Weisheit und Schöpfung, en het verskyn onder redaksie van Stefan Fischer en Marianne Grohmann (Fischer het vir sewe jaar in Namibië en Lesotho gewerk, het sy eerste proefskrif by Loader aan Unisa geskryf, en het sy tweede proefskrif, oftewel habilitasieskrif, weer onder Loader se leiding voltooi, maar toe by Wenen.)

'n Bekendstelling het die driemaalgedoktoreerde Loader geensins nodig nie: sy doseerwerk en publikasies in veral die Ou Testamentiese wetenskap en die Hebreeus, maar ook in verwante gebiede, is welbekend onder akademici en onder die breër leserspubliek in die Teologie. Veral die Wysheidsliteratuur is sy spesialisgebied, en sy internasionale aansien in hierdie veld is oor die afgelope dekades stewig gevestig. Hy is ook lank reeds veldwagter. 'n Gedenkskrif aan Loader wat soos hierdie een wysheid, skepping en ekologie kombineer, met 'n bydraersgroep uit nege lande, is dus besonder gepas.

Loader se akademiese skryfwerk word gekenmerk deur 'n diep-historiese belesenheid, 'n gemaklikheid in hóéveel tale, en 'n formuleringsvermoë wat die grens oorgesteek het na die kunstige. Wetenskap kan ook goed gesê word.

Die kunssinnige in Loader se skryfwerk is egter nie beperk tot sy navorsingswerk nie. Daar word ook geskryf oor Loader se kortverhale, wat onder die skuilnaam Kees van den Brom verskyn het. Soek gerus die Kees van den Brom-kortverhale op by hierdie skakel.

Die res van die boek se hoofstukke is meer tradisionele Teologie:

Met geluk aan Loader en die erebundel, asook aan die redakteurs vir hulle werk aan hierdie waardevolle uitgawe, beveel ek graag die boek aan: dit kan direk van die uitgewer bestel word, by hierdie skakel.

.

Sluit by ons aan

Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

Dr. Piet Muller: Die Evangelie van Thomas

Die Evangelie van Thomas - met verklarende aantekeninge

Dr. Piet Muller se groot werk, Die Evangelie van Thomas – met verklarende aantekeninge nou op SES in PDF formaat (1.3 MB) of Kindle weergawe (0.5 MB).

DVD: Saam op soek na God

Saam op soek na God

Gewone mense en bekendes word gevra om oor hulle oortuigings en geloof te praat. Vrae soos: Wie is God vir jou?
Het jy enige bewyse van God se bestaan? Ons het gelowiges tot ateïste, new agers tot wikka hekse gaan vra. Die DVD kos R130 maar vir Sentrum (SES) lede net R110.

Stuur vir ons 'n brief

Ons stel belang in jou reaksie en kommentaar op enige gegewe artikel en jou denke rondom die soeke na eietydse spiritualiteit. Besoek asb. hierdie bladsy vir meer inligting.

.

Kopiéreg © spiritualiteit.co.za

.