.

Resensie: The Warrior’s Manifesto

The Warrior's Manifesto

The Warrior's Manifesto, is die verhaal van die 'mens se innerlike reis' na heelwording en insig. Geskryf in 'n moderne idioom. Dit is duidelik dat die skrywer vertroud is met hierdie innerlike landskap van die psige. Hy kry dit ook reg om in eenvoudige taal die leser bekend te stel aan die uitdagings van so 'n ontdekkings avontuur. Met eerlikheid en weerloosheid verwoord die skrywer wat 'n eietydse spiritualiteit regtig beteken. En ook wat dit beteken om jou Ware Self te ontmoet.

Op 'n manier word hierdie boek 'n spieël vir die leser en help die leser om dieper en dieper te gaan. Hierdie is verseker een van daardie boeke wat jy op jou bedkassie moet hou, want jy gaan weer en weer daarna teruggaan. Hier is 'n kort snit uit die boek:

'I take in my surroundings. As I get closer to him he gets up and with a big welcoming smile he reaches out to shake my hand. "Who are you?" he asks.
I instantly recognise his voice; he is the one who had called out to me. "I am … I, I don't know," I stutter, feeling really silly. Who am I?
"That's a good start," the old man says.
"What does that mean?" I ask, feeling mildly irritated by his reply.
"It means what it means. You have to forget, before you can remember!" He looks at me as if I am half-witted. "True understanding," he continues, and I could see he means: of course, his blue eyes full of laughter, "is when you look inside. If you keep on looking outside you will get confused. Only one who looks inside will find clarity."
I want to ask him more, but then, as if cued, I remember the gun against my head and the blackness. "Am I dead and, and is this, is this Hell?" I ask anxiously...'

Alhoewel dit 'n boekie is van net vyftig bladsye, is dit net genoeg om die leser in te lei tot 'n wêreld wat eintlik net betree kan word deur prosa en poësie. Hierdie boekie word aanbeveel vir enigiemand wat nuut wil dink oor spiritualiteit en die reis na die Self.

Die boekie is te koop by enige goeie boekwinkel en ook hier te koop by Amazon.com.

Amazon reader review:  "I couldn't put the book down. For anyone who wants to read something deep and authentic, this is the book. It's like listening to a Zen master and a Sage all at once! Great book!"

Boekwurm

.

Sluit by ons aan

Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

DVD: Saam op soek na God

Saam op soek na God

Gewone mense en bekendes word gevra om oor hulle oortuigings en geloof te praat. Vrae soos: Wie is God vir jou?
Het jy enige bewyse van God se bestaan? Ons het gelowiges tot ateïste, new agers tot wikka hekse gaan vra. Die DVD kos R130 maar vir Sentrum (SES) lede net R110.

Stuur vir ons 'n brief

Ons stel belang in jou reaksie en kommentaar op enige gegewe artikel en jou denke rondom die soeke na eietydse spiritualiteit. Besoek asb. hierdie bladsy vir meer inligting.

.

Kopiéreg © spiritualiteit.co.za

.