.

Resensie: Walden: Or, Life in the Woods

Walden: Or, Life in the Woods

Die klassieke werk van Henry David Thoreau (1817-1862), Walden: Or, Life in the Woods is reeds in 1854 gepubliseer.

Eerstens oor die skrywer van die boek, Henry David Thoreau. Hy was 'n Amerikaanse digter en filosoof. Hiermee saam ook 'n aktiewe aktivis en kritikus wat veral teen slawerny geveg het.

Thoreau was natuurlik in sy filosofie een van die grootste invloede op ouens soos Leo Tolstoy, Mohandas Gandhi, and Martin Luther King, Jr.

Nou die boek Walden gaan basies oor Thoreau se eksperiment wat hy gedoen het oor die soeke na die sin van die lewe. Hy wou uitvind waaroor die lewe eintlik gaan. 'n Eksperiment waar in hy vir twee jaar, twee maande en twee dae homself onttrek het in die natuur in.

Hy het 'n houthuisie gebou in 'n bos langs 'n meer met die naam Walden. Hoor hoe skryf hy oor sy doel agter die eksperiment:

"I went to the woods because I wished to live deliberately, to front only the essential facts of life, and see if I could not learn what it had to teach, and not, when I came to die, discover that I had not lived. I did not wish to live what was not life, living is so dear; nor did I wish to practise resignation, unless it was quite necessary. I wanted to live deep and suck out all the marrow of life, to live so sturdily and Spartan-like as to put to rout all that was not life, to cut a broad swath and shave close, to drive life into a corner, and reduce it to its essential terms."

Basies het Thoreau daar alleen in die natuur ontdek dat alle lewe is heilig. En sy klem daarop dat daar nie onderskeid is tussen dinge nie. Goed of sleg, aangenaam of onaangenaam, die oomblik wat jy wakker is vir die lewe soos dit in 'n spesifieke oomblik ontvou, word alles heilig. Hy verwoord dit so: "Only that day dawns to which we are awake."

Thoreau gaan verder en verduidelik dat wanneer jy besef dat alles heilig is – die hier en nou, hierdie oomblik, hierdie dag – dan begin jy werklik lewe!

"You must live in the present, launch yourself on every wave, find your eternity in each moment. Fools stand on their island of opportunities and look toward another land. There is no other land; there is no other life but this. Most men lead lives of quiet desperation and go to the grave with the song still in them."

Hy ontdek ook daar in die alleenheid van die woud dat elke keer wat jy bewustelik en eenvoudig lewe jy ook in vrede met jou omstandighede kan leef. Hy gaan dan voort om te beskrywe hoe 'n mens selfonderhoudend en eerlik kan leef.

"What lies behind us and what lies ahead of us are tiny matters compared to what lives within us."

Daarom is dit so belangrik om tyd te spandeer in stilte, afsondering ... in geestelike discipline – DAN KAN JY DIT NEEM IN ELKE OOMBLIK / MOMENT van jou elke dag lewe.

Die les uit Walden is dus lewe met elke tree – bewustelik / binne en buite dieselfde!

Hierdie boek word hoogs aanbeveel vir enigiemand wat ondersoekend leef. Enigiemand wat na 'n dieper en eerliker lewe soek. En alhoewel die boek moeilik lees, is dit verseker die moeite werd.

Boekwurm

.

Sluit by ons aan

Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

Dr. Piet Muller: Die Evangelie van Thomas

Die Evangelie van Thomas - met verklarende aantekeninge

Dr. Piet Muller se groot werk, Die Evangelie van Thomas – met verklarende aantekeninge nou op SES in PDF formaat (1.3 MB) of Kindle weergawe (0.5 MB).

DVD: Saam op soek na God

Saam op soek na God

Gewone mense en bekendes word gevra om oor hulle oortuigings en geloof te praat. Vrae soos: Wie is God vir jou?
Het jy enige bewyse van God se bestaan? Ons het gelowiges tot ateïste, new agers tot wikka hekse gaan vra. Die DVD kos R130 maar vir Sentrum (SES) lede net R110.

Stuur vir ons 'n brief

Ons stel belang in jou reaksie en kommentaar op enige gegewe artikel en jou denke rondom die soeke na eietydse spiritualiteit. Besoek asb. hierdie bladsy vir meer inligting.

.

Kopiéreg © spiritualiteit.co.za

.