.

Resensie: Fear: Essential Wisdom for Getting Through the Storm

.

"Written in words so intimate, calm, kind, and immediate, this extraordinary book feels like a message from our very own heart ... Thich Nhat Hanh is one of the most important voices of our time, and we have never needed to listen to him more than now."
– Sogyal Rinpoche

Fear is destructive, a pervasive problem we all face. Vietnamese Buddhist Zen Master, poet, scholar, peace activist, and one of the foremost spiritual leaders in the world – a gifted teacher who was once nominated for the Nobel Peace Prize by Martin Luther King Jr. – Thich Nhat Hanh has written a powerful and practical strategic guide to overcoming our debilitating uncertainties and personal terrors. The New York Times said Hanh, "ranks second only to the Dalai Lama" as the Buddhist leader with the most influence in the West. In Fear: Essential Wisdom for Getting through the Storm, Hanh explores the origins of our fears, illuminating a path to finding peace and freedom from anxiety and offering powerful tools to help us eradicate it from our lives.

Thich Nhat Hanh skryf met groot wysheid oor die afbrekende krag van vrees. Die wat hom nog nie ken nie, hy is 'n Vietnamese Zen Boeddhis, digter, skrywer en aktivis vir vrede. Hy was eens genomineer vir die Nobelprys vir Vrede deur Martin Luther King Jr. En Hanh word naas die Dalai Lama as een van die mees invloedryke Boeddhistiese leiers in die Weste beskou.

Hanh skryf met 'n maklik leesbare eenvoud oor komplekse sake. En Fear is geen uitsondering nie. Die boek lees nie net maklik nie, dit is ook gelaai met praktiese wysheid. Dit begelei die leser tot die oorwinning van die verlammende invloed van woede en vrees in sy/haar lewens.

In Fear neem Hanh die leser op 'n innerlike reis en help om insig te verkry in die oorsprong van waar vrees se oorsprong lê. Natuurlik put Hanh vanuit sy Zen filosofie en is sy werk gevul met Zen konsepte van "mindfulness" en die uiteindelike doel van menslike deernis. Maar dit pla nie regtig nie, want daar is geen agenda by hom om die leser oor te wen tot Zen nie. Om die waarheid te sê gaan die boek in essensie glad nie oor godsdiens in die algemeen of Boeddhisme in die besonder nie.

Daar is veel meer klem op die stryd teen die moderne plae van stres, angs, depressie en vrees. "Most of us live in a constant state of fear – of our past, of illness and aging and death, and of losing the things we treasure most. But it doesn't have to be this way," skryf Hanh.

In die boek ontdek die leser ook wonderlike rigtingwysers tot 'n meer vervulde lewe. En natuurlik saam met enige innerlike ontwaking kom daar ook 'n nuwe ingesteldheid van deernis en omgee. "Without fear, we are able to see more clearly our connections to others. Without fear, we have more room for understanding and compassion. Without fear, we are truly free."

Ek beveel hierdie boek aan vir enigiemand wat worstel met angstigheid, woede en selfs depressie. Hierdie boek sal vir jou insig gee in die prosesse wat jou binne die maalkolke inneem. Maar belangrik, Hanh gee ook heelwat rigtingwysers vir hoe en wat om te doen om vrede en harmonie terug te kry in jou lewe.

"Rooted in the moment, we have the capacity to restore balance and happiness and be present with what is beautiful and affirming inside us and around us, every day."

Boekwurm

.

Sluit by ons aan

Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

Dr. Piet Muller: Die Evangelie van Thomas

Die Evangelie van Thomas - met verklarende aantekeninge

Dr. Piet Muller se groot werk, Die Evangelie van Thomas – met verklarende aantekeninge nou op SES in PDF formaat (1.3 MB) of Kindle weergawe (0.5 MB).

DVD: Saam op soek na God

Saam op soek na God

Gewone mense en bekendes word gevra om oor hulle oortuigings en geloof te praat. Vrae soos: Wie is God vir jou?
Het jy enige bewyse van God se bestaan? Ons het gelowiges tot ateïste, new agers tot wikka hekse gaan vra. Die DVD kos R130 maar vir Sentrum (SES) lede net R110.

Stuur vir ons 'n brief

Ons stel belang in jou reaksie en kommentaar op enige gegewe artikel en jou denke rondom die soeke na eietydse spiritualiteit. Besoek asb. hierdie bladsy vir meer inligting.

.

Kopiéreg © spiritualiteit.co.za

.