.

Resensie: Eternal Life: A New Vision: Beyond Religion, Beyond Theism, Beyond Heaven and Hell

Eternal Life: A New Vision

Skrywer: John Shelby Spong
Uitgewers: HarperOne, 2010

Die Charlotte Observer som hierdie boek van Biskop John Shelby Spong goed op: "Spong doesn't want to address either fundamentalists or atheists: he wants to find the disaffected Christian in the middle, the person searching for a faith that embraces the discoveries of Galileo, Newton, Darwin and Einstein ... He asks his readers and audiences the same question he has asked himself all of his life – 'Is there another option?' Spong has faith there is."

Want dit is presies wat die leser in hierdie boek vind. 'n Vars en eerlike kyk na die skrywer se eie twyfels en tydelike antwoorde aangaande lewe en lewe na die dood. Spong het geen heilige koeie nie. Hy kyk onder elke klip en bevraagteken al die ou antwoorde aangaande hemel en hel.

Op een stadium vra hy selfs of godsdiens enigsins nodig is om 'n sinvolle lewe en 'n menslike dood te kan sterf.

"Can we then learn to live without religion? I think we can. Even more important, I think we must. When all religions based on an external being die, only then will the mystical union with all that is finally be perceptible." (p. 164)

Hy ondersoek verskillende aspekte van die dood aan die hand van die Evangelie van Johannes. Hy doen dit egter op 'n kreatiewe manier. Hier is 'n voorbeeld van hoe hy dit doen: "Even the story of the crucifixion, as told by John, is the story of the transforming gift that comes when one lives in the face of rejection and gives life to those who think they are taking it away. The ability to give oneself away is the mark of having touched the transcendent..." (p. 170)

Hierdie boek het my met baie vrae gelos maar daarmee saam ook my gehelp om op 'n nuwe manier na 'n sensitiewe saak te kyk.

Hierdie is 'n belangrike boek.

Boekwurm

.

Sluit by ons aan

Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

Stuur vir ons 'n brief

Ons stel belang in jou reaksie en kommentaar op enige gegewe artikel en jou denke rondom die soeke na eietydse spiritualiteit. Besoek asb. hierdie bladsy vir meer inligting.

.

Kopiéreg © spiritualiteit.co.za

.