.

Resensie: 12 Rules for Life: An Antidote to Chaos

12 Rules for Life

12 Rules for Life: An Antidote to Chaos – deur Prof. Jordan Peterson.
Uitgewer: Penguin Random House, Penguin Allen Lane (U.K.)

Wat 'n vars briesie! Prof. Peterson praat reguit en eenvoudig. Soms bietjie kras maar sy filosofie is sonder tierlantyntjies. Die leser kom baie duidelik agter hoekom hy so 'n gewilde dosent is. Hy het sy idees geslyp voor kritiese studente.

Die boek is opgedeel in 12 reëls vir die lewe, elkeen 'n hoofstuk op sy eie. Peterson werk sy basiese idee uit van "suffering is built into the structure of being." Hy vertel dat alhoewel dit lyding bring, mense die keuse het om te onttrek van die lewe, wat hy noem 'n "suicidal gesture," óf 'n mens kan kies om dit in die oë te kyk en dit te transformeer tot iets sinvols.

Sy vertrekpunt is dat ons in 'n chaotiese wêreld lewe. Chaoties maar tog is daar ook orde. En die soeke na betekenis en sin is die doel van die menslike bestaan. Peterson wys dat "it's all very well to think the meaning of life is happiness, but what happens when you're unhappy? Happiness is a great side effect. When it comes, accept it gratefully. But it's fleeting and unpredictable. It's not something to aim at – because it's not an aim. And if happiness is the purpose of life, what happens when you're unhappy? Then you're a failure."

Hy gaan dan verder en sê: "Happiness is a pointless goal. Don't compare yourself with other people, compare yourself with who you were yesterday. No one gets away with anything, ever, so take responsibility for your own life. You conjure your own world, not only metaphorically but also literally and neurologically. These lessons are what the great stories and myths have been telling us since civilisation began."

Hierdie boek sal 'n paar keer jou verras, selfs kwaad maak en ja, ook iets nuuts leer. Ek kan nie die boek genoeg aanbeveel nie! Lees hom en word oorrompel deur Peterson se eerlikheid, charisma en wysheid.

Boekwurm

.

Sluit by ons aan

Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

Dr. Piet Muller: Die Evangelie van Thomas

Die Evangelie van Thomas - met verklarende aantekeninge

Dr. Piet Muller se groot werk, Die Evangelie van Thomas – met verklarende aantekeninge nou op SES in PDF formaat (1.3 MB) of Kindle weergawe (0.5 MB).

Stuur vir ons 'n brief

Ons stel belang in jou reaksie en kommentaar op enige gegewe artikel en jou denke rondom die soeke na eietydse spiritualiteit. Besoek asb. hierdie bladsy vir meer inligting.

.

Kopiéreg © spiritualiteit.co.za

.