.

Resensie: Wanneer God in my pyn verdwyn

Wanneer God in my pyn verdwyn

Dit is die verhaal wat hierdie boek vertel: van 'n God wat afsterf in die oomblik van krisis. Coenie Nolte (die skrywer) vertel hier op eerlike en brawe wyse van sy intense persoonlike pyn met die afsterwe van sy dogter na haar selfdood.

Hierdie boek bied 'n eerlike en rou kyk op die trauma van twyfel en afsterf van 'n ou verstaan van die sin van die lewe – of dit nou deur selfmoord, dood, egskeiding of watter pynlike ervaring ook al gebeur – dit bly traumaties en pynlik. 'n Pad wat niemand namens jou kan stap nie. Die verwerking van verlies, die van sowel 'n geliefde as die van 'n God. Ek beveel hierdie eerlike boek aan vir enigiemand wat vrae het rondom lyding en godsdiens se hantering daarvan.

Die boek kan bestel word by
www.denovowebs.co.za/boekeblad/

Boekwurm

.

Sluit by ons aan

Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

Stuur vir ons 'n brief

Ons stel belang in jou reaksie en kommentaar op enige gegewe artikel en jou denke rondom die soeke na eietydse spiritualiteit. Besoek asb. hierdie bladsy vir meer inligting.

.

Kopiéreg © spiritualiteit.co.za

.