.

Resensie – In Love with the World: A Monk’s Journey Through the Bardos of Living and Dying

In Love with the World

Skrywer:  Yongey Mingyur Rinpoche

'n Seldsame, intieme verhaal van 'n wêreldbekende Boeddhistiese monnik se byna-dood ervaring en die lewensveranderende wysheid wat hy daaruit verkry het.

Op ses-en-dertig jaar oud was Yongey Mingyur Rinpoche 'n opkomende ster in sy generasie Tibetaanse meesters en die gerespekteerde abt van drie kloosters. Toe een aand, sonder om enigeen in te lig, het hy uit sy klooster in Indië weggeglip met die bedoeling om die volgende vier jaar aan 'n dwalende retraite te spandeer, volgens die ou gebruik van heilige bedelmonnike. Sy doel was om sy titels en rolle af te werp ten einde die diepste aspekte van sy wese te verken.

Hy het onmiddellik ontdek dat 'n leeftyd van Boeddhistiese opleiding en praktyk hom nie voorberei het om met vuil medereisigers of die geskree van 'n spoorwegwa se wiele, om te gaan nie. Hy het gevind dat hy te veel geheg was aan sy identiteit as 'n monnik om sy ampsklere dadelik te vervang of om op die Varanasi-stasievloer te slaap, en in plaas daarvan betaal hy vir 'n bed in 'n goedkoop hotel. Maar toe hy nie meer geld gehad het nie, het hy sy lewe as 'n rondreisende bedelaar in alle erns begin. Kort voor lank het hy dodelik siek geword van voedselvergiftiging – en sy reis het 'n verrassende wending gemaak. Sy meditasiepraktyk het hom voorberei op die dood, en nou het hy die geleentheid gehad om die krag van sy opleiding te toets.

In hierdie kragtige en ongewoon openhartige verhaal van die innerlike lewe van 'n Boeddhistiese meester, bied Yongey Mingyur Rinpoche ons die onskatbare lesse aan wat hy geleer het uit sy byna-dood ervaring. Deur die meditasiepraktyke wat hom onderhou, met lesers te deel, wys hy hoe ons die vrees om te sterf in 'n vreugdevolle lewe kan omskep.

Boekwurm

.

Sluit by ons aan

Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

Dr. Piet Muller: Die Evangelie van Thomas

Die Evangelie van Thomas - met verklarende aantekeninge

Dr. Piet Muller se groot werk, Die Evangelie van Thomas – met verklarende aantekeninge nou op SES in PDF formaat (1.3 MB) of Kindle weergawe (0.5 MB).

Stuur vir ons 'n brief

Ons stel belang in jou reaksie en kommentaar op enige gegewe artikel en jou denke rondom die soeke na eietydse spiritualiteit. Besoek asb. hierdie bladsy vir meer inligting.

.

Kopiéreg © spiritualiteit.co.za

.