.

Resensie – Meditation Is Not What You Think: Mindfulness and Why It Is So Important

Meditation Is Not What You Think: Mindfulness and Why It Is So Important

In 2005, het Jon Kabat-Zinn sy grootste werk, Coming to Our Senses, gepubliseer. 'n Werk van 650 bladsye, wat hom jare geneem het om te voltooi. Hierdeur het hy sy akademiese en navorsingswerk oor bewustheid, aandag en bewussyn op die tafel gesit. Kabat-Zinn is dan ook die stigter van die Mindfulness Based Stress Reduction beweging.

"Mindfulness is not a mental trick, an adjunct to regular life. It's a basic human inheritance that is essential to life. We need to be optimally aware of who we are, where we are, how we are, if we are to survive individually and as communities, and even as a species."

Meditation Is Not What You Think: Mindfulness and Why It Is So Important, is slegs 'n gedeelte van bg. 650-bladsye werk. Dit word apart gepubliseer en sodoende ook word die res van die werk opgedeel, boek twee is: Falling Awake: How to Practice Mindfulness in Everyday Life en later sal boeke drie en vier volg.

Wat hierdie eerste boek vir my so goed maak is dat dit mens inlei in die hele Mindfulness beweging en dit prakties deel maak van elke dag lewe.

Dit is letterlik 'n "come to our senses," belewenis. Die boek is vol praktiese voorbeelde, wetenskaplike verwysings, gedigte, kuns, filosofiese denke. Eintlik is hierdie boek te vol, dit kan nie vinnig gelees word nie, dan mis jy te veel. Nee, dis veel eerder soos 'n boks goeie sjokolade, dit moet een vir een oor tyd geëet word om werklik waardeer te word.

Boekwurm

.

Sluit by ons aan

Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

Stuur vir ons 'n brief

Ons stel belang in jou reaksie en kommentaar op enige gegewe artikel en jou denke rondom die soeke na eietydse spiritualiteit. Besoek asb. hierdie bladsy vir meer inligting.

.

Kopiéreg © spiritualiteit.co.za

.