.

Resensie: Waking Up: A Guide to Spirituality Without Religion

Waking Up

Skrywer: Sam Harris

In die bekende Amerikaanse neurowetenskaplike en ateïs, Sam Harris, se nuutste boek, verwoord hy presies hoe baie mense vandag oor godsdiens, spiritualiteit en God voel.

Hierdie boek wys duidelik die ontnugtering uit wat die moderne mens beleef met tradisionele godsdienste se onvermoë om hulle regtig te help om dieper, sinvoller en gelukkiger lewens te lei.

Want alhoewel, wêreldwyd, baie mense besig is om weg te beweeg van 'n tradisionele verstaan van geloof, wys Harris wel uit dat dit beteken nie dat mense nie nog steeds behoefte het aan 'n eietydse spiritualiteit nie.

Hy wys dat spiritualiteit nie noodwendig na 'n belewenis verwys wat gekoppel is aan die bonatuurlike nie. Nee, spiritualiteit word volgens hom (al meer) 'n beskrywing van mense se verstaan, dat sin en waarde in die alledaagse gevind kan word.

En as 'n erkende ateïs en baie uitgesproke in sy kritiek op tradisionele godsdienstige verstaan van spiritualiteit, wys hy dan wat hy met spiritualiteit bedoel en hoe hy dink daar sonder 'n teïstiese God of meegaande bonatuurlike belewenis, iets diepers beleef word.

Sy verstaan van spiritualiteit is in der waarheid "God-loos" en gebaseer op logika en 'n sekulêre verstaan. Hierdie is werklik 'n sinvolle en nodige boek.

Hier is Sam Harris se eie woorde oor hoekom hy die boek geskrywe het:

'I have been waiting for more than a decade to write Waking Up. Long before I saw any reason to criticize religion (The End of Faith, Letter to a Christian Nation), or to connect moral and scientific truths (The Moral Landscape, Free Will, Lying), I was interested in the nature of human consciousness and the possibility of "spiritual" experience. In Waking Up, I do my best show that a certain form of spirituality is integral to understanding the nature of our minds. There is no discrete self or ego living like a minotaur in the labyrinth of the brain. And the feeling that there is – the sense of being perched somewhere behind your eyes, looking out at a world that is separate from yourself – can be altered or entirely extinguished. Although such experiences of "self-transcendence" are generally thought about in religious terms, there is nothing, in principle, irrational about them. From both a scientific and a philosophical point of view, they represent a clearer understanding of the way things are. My hope is that Waking Up will help readers see the nature of their own minds in a new light. A rational approach to spirituality seems to be what is missing from secularism and from the lives of most of the people I meet. The purpose of this book is to offer readers a clear view of the problem, along with some tools to help them solve it for themselves.'

Boekwurm

.

Sluit by ons aan

Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

Die Dans met God

Die Dans met God

Boek:  Die Dans met God (2015) deur Dr. Abel Pienaar. Die eens onaantasbare dogmas wat aan ons as die absolute waarheid voorgehou was, word nou al hoe meer bevraagteken. Dit beteken egter nie dat wanneer iemand nuut dink oor God en geloof, so 'n persoon nie ook spiritueel is nie. Die teendeel is eerder waar. Die boek is beskikbaar in boekwinkels (R189) en kan ook bestel word by Naledi Uitgewers.

Stuur vir ons 'n brief

Ons stel belang in jou reaksie en kommentaar op enige gegewe artikel en jou denke rondom die soeke na eietydse spiritualiteit. Besoek asb. hierdie bladsy vir meer inligting.

.

Kopiéreg © spiritualiteit.co.za

.