.

Resensie: 10% Happier: How I Tamed the Voice in My Head

10% Happier

Skrywer: Dan Harris

Elkeen van ons word daagliks deur ons innerlike dialoog, begeertes, drange en vrese gerig en beheer. Hierdie innerlike wêreld se strominge manifesteer meestal as 'n stem in ons kop. In sy boek, 10% Happier, skryf Dan Harris: "Most of us are so entranced by the non-stop conversation we're having with ourselves that we aren't even aware we have a voice in our head. To be clear, I'm not talking about "hearing voices," I'm talking about the internal narrator, the most intimate part of our lives. The voice comes braying in as soon as we open our eyes in the morning, and then heckles us all day long with an air horn. It's a fever swamp of urges, desires, and judgments. It's fixated on the past and the future, to the detriment of the here and now."

Ek kon nie hierdie boek van Harris neersit nie. Hy skryf eerlik en met humor oor hierdie stem in ons koppe. Die einste stem wat ons oortuig om iets te ete uit die yskas te haal, alhoewel ons nie honger is nie. Dieselfde stem wat ons folter met destruktiewe kommentaar oor ons voorkoms, dieselfde stem wat ons aanpor om ons humeur te verloor terwyl ons weet dit is nie tot ons voordeel nie. Die stem, wat Harris so raak beskryf.

In die boek vertel Harris die leser van sy spirituele reis, 'n reis wat begin het toe hy een dag, voor miljoene TV kykers (Good Morning America) 'n angsaanval gekry het. Hy verwoord dan hoe sy soeke na sin en innerlike harmonie sy reis gerig het. Hy neem die leser saam met hom na verskillende onderhoude, met mense soos Eckhart Tolle, die Dalai Lama, Sam Harris, Deepak Chopra (wie hy beskrywe as 'n oppervlakkige, selfbehepte opportunis) ens. Hy skryf eerlik en oop oor wat hy beleef en leer. Hy skryf ook oor sy aanvanklike skeptiese kennismaking met meditasie en "mindfulness". Maar kom dan vinnig tot die konklusie dat die enigste werklik effektiewe manier om die stem in ons koppe stil te maak, meditasie is. Hierdie is 'n moet lees.

Winner of the 2014 Living Now Book Award for Inspirational Memoir.
Nightline anchor Dan Harris embarks on an unexpected, hilarious, and deeply skeptical odyssey through the strange worlds of spirituality and self-help, and discovers a way to get happier that is truly achievable. 10% Happier takes readers on a ride from the outer reaches of neuroscience to the inner sanctum of network news to the bizarre fringes of America's spiritual scene, and leaves them with a takeaway that could actually change their lives.

Boekwurm

.

Sluit by ons aan

Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

Die Dans met God

Die Dans met God

Boek:  Die Dans met God (2015) deur Dr. Abel Pienaar. Die eens onaantasbare dogmas wat aan ons as die absolute waarheid voorgehou was, word nou al hoe meer bevraagteken. Dit beteken egter nie dat wanneer iemand nuut dink oor God en geloof, so 'n persoon nie ook spiritueel is nie. Die teendeel is eerder waar. Die boek is beskikbaar in boekwinkels (R189) en kan ook bestel word by Naledi Uitgewers.

Stuur vir ons 'n brief

Ons stel belang in jou reaksie en kommentaar op enige gegewe artikel en jou denke rondom die soeke na eietydse spiritualiteit. Besoek asb. hierdie bladsy vir meer inligting.

.

Kopiéreg © spiritualiteit.co.za

.