.

Resensie – Oorlog en Vrede

Oorlog en Vrede

Oorlog en Vrede is bekende filosoof en skrywer Willie Esterhuyse se belangrike werk, wat die eeu-oue debat van, of die mens, veral mans, van nature magsugtig en gewelddadig is, weer op die tafel sit. Dié boek ondersoek die probleem vanuit 'n historiese en filosofiese perspektief.

Die skrywer aanvaar die tese oor die gewelddadige natuur van die mens. Maar ook: Wat is in die geskiedenis gedoen om dié "natuur" teen te werk? Vrede te bevorder? Hy reken dat die mens 'n morele verbeelding het wat die droom van vrede kan bevorder. Nog 'n (moontlike omstrede) punt is dat hy ook meen dat die morele verbeelding 'n funksie van die brein is wat deur sogenaamde heilige tekste en godsdienstige denke ingekleur word.

Die boek laat mens nuut dink en weer uit 'n ander hoek na sg. vaste waarhede kyk.

Boekwurm

.

Sluit by ons aan

Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

Stuur vir ons 'n brief

Ons stel belang in jou reaksie en kommentaar op enige gegewe artikel en jou denke rondom die soeke na eietydse spiritualiteit. Besoek asb. hierdie bladsy vir meer inligting.

.

Kopiéreg © spiritualiteit.co.za

.