.

Resensie: Kalmte in die malle gejaag – Mindfulness vir besige mense

Kalmte in die malle gejaag

Skrywer:  Johannes de Villiers

Johannes het reeds twee ander boeke geskryf, Die Einde van die Wêreld (en hoe om dit te oorleef) en Agter die Somber Gordyn. Beide boeke vanuit die oog van 'n joernalis. Waar sy nuutste boek egter 'n ander rigting inslaan is dat hy nou nie van buite as joernalis en nuuskierige inkyk nie maar hierdie keer vanuit binne na buite skrywe. Die feit dat hy 'n joga-instrukteur is help ook baie. Want dit maak sy verstaan van asemhaling, postuur, aandag en dieper gaan, baie prakties. Hy sit dus sy eie binnewêreld en sy eie spiritualiteit op die tafel. Dit maak die boek baie waardevol.

Johannes skryf met baie humor en menslikheid oor dié redelik onbekende tema (hier in Suid-Afrika). En gelukkig is hy ook 'n goeie skrywer, dit bring mee dat hy gemaklik en vloeiend skryf en so word die lees van die boek 'n meditasie op sy eie.

Hy stel die tegniek van bedagtheid (mindfulness) en meditasie bekend op 'n vars en nuwe manier. En aan die hand van die stories van gewone mense wys hy hoe om bedagtheid deel van jou lewe te maak sodat jy die wonderskone in elke oomblik – ook die moeilikes – kan sien. Hy wys dat deur bedagtheid te beoefen kan jy beter met mense oor die weg kom, weer lief vir die lewe raak, ontspanne wees en jou stres beter hanteer.

Laat Kalmte in die malle gejaag vir jou help om 'n nuwe wêreld te ontdek. Ek is dankbaar vir die werk wat Johannes doen om hierdie belangrike werk in Afrikaans vir ons te doen. Ek kan hierdie boek aanbeveel, koop dit, lees dit en gaan mediteer!

Abel Pienaar

.

Sluit by ons aan

Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

Dr. Piet Muller: Die Evangelie van Thomas

Die Evangelie van Thomas - met verklarende aantekeninge

Dr. Piet Muller se groot werk, Die Evangelie van Thomas – met verklarende aantekeninge nou op SES in PDF formaat (1.3 MB) of Kindle weergawe (0.5 MB).

Stuur vir ons 'n brief

Ons stel belang in jou reaksie en kommentaar op enige gegewe artikel en jou denke rondom die soeke na eietydse spiritualiteit. Besoek asb. hierdie bladsy vir meer inligting.

.

Kopiéreg © spiritualiteit.co.za

.