.

Resensie: Die beoefening van vrede in tye van geweld

Die beoefening van vrede

Die beoefening van vrede in tye van geweld
Pema Chödrön
Naledi Uitgewers, 2007. R49.

In hierdie klein maar waardevolle boek, verduidelik Pema Chödrön, skrywer van talle topverkopers, in gewone taal hoe ek en jy elke dag die saad van vrede kan saai in alles wat ons doen. Alle aggressie ontstaan uit verwarring en angs. Die boek leer ons presies hoe om helderheid en vrede binne onsself te ontdek, en hoe om die vrede uit te straal na mense wat naby ons is en, uiteindelik ook na die hele wêreld. Hierdie klein boekie is meer as enige tyd tevore nodig in ons geweldadige tye, veral met die wêreldwye politieke en ekonomiese onrus. Die beginsels in die boek kan ons help om anders na die onseker tye te kyk. Daar is ook wonderlike rigtingwysers van hoe om 'n geweldlose lewe te leef. Hierdie is 'n kosbare boekie vir ons tyd.

Pema is natuurlik in 'n goeie posisie om hierdie tema aan te raak. Sy is 'n Tibetaanse Boeddhis wat in Kanada woon en praktiseer.

Antony Osler

.

Sluit by ons aan

Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

Stuur vir ons 'n brief

Ons stel belang in jou reaksie en kommentaar op enige gegewe artikel en jou denke rondom die soeke na eietydse spiritualiteit. Besoek asb. hierdie bladsy vir meer inligting.

.

Kopiéreg © spiritualiteit.co.za

.