.

Resensie: Integrity

Integrity

Stephen L. Carter (Skrywer).

"Integriteit beteken om eerder volgens die reëls te speel as om te wil wen. Dis die bereidheid om die reëls te volg ook as ander dit nié doen nie, al bring dit mee dat ons nie sukses behaal, nie slaag, nie die vrug geniet van ons strewes nie. Dit beteken om volgens die reëls te speel al speel ons alleen so, ook wanneer niemand ons sien of daarvan weet nie, deur moeilike dae en lange nagte – en al vind dié wat dit agterkom ons dwaas."

Só begin die regsprofessor van Yale, Stephen L. Carter, sy boek Integrity. Integriteit, sê hy, is korrupsie se teendeel en enigste antwoord. Wat help teen korrupte leiers, is leiers met integriteit. Wat kulture van korrupsie kan omkeer – in die politiek, die ekonomie, die alledaagse lewe, tot by ons intieme locker room-praatjies – is integriteit. Oor sulke kulture het hy al voorheen nagedink, in The Culture of Disbelief, oor gemeenskappe waar niemand enigeen vertrou nie omdat hulle weet hulle kan self nie vertrou word nie. Integriteit, sê hy, vra drie dinge: Dat ons kan onderskei tussen reg en verkeerd (en sommige korruptes kan nie), dat ons dan doen wat reg is (en sommige korruptes wil nie), en dat ons bereid is om openlik te sê waarin ons glo en waarom ons so lewe (wat sommige korruptes nie sal nie).

Hierdie is 'n tydige boek.

Boekwurm

.

Sluit by ons aan

Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

Stuur vir ons 'n brief

Ons stel belang in jou reaksie en kommentaar op enige gegewe artikel en jou denke rondom die soeke na eietydse spiritualiteit. Besoek asb. hierdie bladsy vir meer inligting.

.

Kopiéreg © spiritualiteit.co.za

.