.

Resensie – The Blue Zones of Happiness: A Blueprint for
a Better Life

The Blue Zones of Happiness

Dan Buettner, die New York Times se topverkoper skrywer, onthul die verrassende geheime van die gelukkigste plekke op aarde – en wys hoe ons almal die lesse van ware geluk in ons lewens kan toepas.

Blou gebiede is plekke waar mense langer, gelukkiger en gesonder lewens leef. Hierdie plekke maak dit makliker vir individue om te floreer deur ontwerp-elemente en -programme in te sluit wat help om vriendskap-netwerke te bou, gesond te eet, te wandel en fiets te ry. Byvoorbeeld, gemeenskappe wat slordige uitbreiding beperk en oop ruimtes met loop- en fietspaaie bewaar, bevorder 'n meer aktiewe leefstyl. Wye sypaadjies moedig mense aan om saam te stap en te gesels. Sommige gemeenskappe hef belasting op versoete drank om vetsug te beperk.

Die bestaande ekonomie word georganiseer om BBP-groei te maksimeer. Hierdie boek vra of die regering nie eerder geluk as die grootste doel van die samelewing moet prioritiseer nie. President Thomas Jefferson se Verklaring van Onafhanklikheid het die strewe na geluk as 'n belangrike verantwoordelikheid van die regering ingesluit. Later het hy gesê: "Die geluk en voorspoed van ons burgers ... is die enigste regmatige doel van die regering."

Dus, hoe lyk die strewe na geluk op 'n plaaslike vlak? Sekerlik sal dit 'n uitstekende onderwysstelsel insluit wat die jeug voorberei vir vervullende, gesonde lewens. Dit sal gratis gesondheidsorg bied, want geluk is moeilik sonder gesondheid. Buettner stel voor dat 'n gereelde nasionale evaluasie van geluk beskikbaar moet wees vir politici en die publiek, as 'n maatstaf van regering-sukses.

Buettner bied gereedskap vir die inrig van jou lewe, om op jou gelukkigste te wees. Vind uit hoe die drie dele van geluk – vreugde, doel en tevredenheid – op verskillende maniere saamwerk om Denemarke, Costa Rica en Singapoer van die gelukkigste plekke op aarde te maak.

'n Goeie lees-ervaring.

Boekwurm

.

Sluit by ons aan

Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

Dr. Piet Muller: Die Evangelie van Thomas

Die Evangelie van Thomas - met verklarende aantekeninge

Dr. Piet Muller se groot werk, Die Evangelie van Thomas – met verklarende aantekeninge nou op SES in PDF formaat (1.3 MB) of Kindle weergawe (0.5 MB).

Stuur vir ons 'n brief

Ons stel belang in jou reaksie en kommentaar op enige gegewe artikel en jou denke rondom die soeke na eietydse spiritualiteit. Besoek asb. hierdie bladsy vir meer inligting.

.

Kopiéreg © spiritualiteit.co.za

.