.

Resensie: Dit kom van ver af: Mitologiese voetspore deur die Bybel

Dit kom van ver af

Dit kom van ver af: Mitologiese voetspore deur die Bybel
Dr. Ben Barnard
(Self gepubliseer)

Bestel by Ben Barnard,

Mites is per definisie verhale wat vertel is om te verduidelik hoe die wêreld werk en hoe belangrike historiese gebeure verstaan moet word. Bo-aardse wesens of gode is gewoonlik ingespan om by die verklarings uit te kom. Uit die aard van die saak is geskiedenis, geheue en verbeelding vrylik na smaak in die mengsel saamgevoeg om 'n genoeglike, aanvaarbare storie tot stand te bring.

Hoe geloofwaardig is hierdie verhale? Kom ons sê sommer uit die staanspoor vir mekaar 'n paar dinge oor mites: Mitologie is stories en moet dus nie letterlik gelees word nie. Weliswaar is dit verhale met 'n betekenisvolle boodskap, maar waar boodskap en verpakking verwar word, kan die resultaat die leser lelik laat kleitrap. Ons het te doen met verhale wat uit die staanspoor nooit bedoel was om letterlike verklarings vir die werklikheid aan te bied nie, maar eerder om die verteller(s) se verwondering oor 'n wêreld wat buite hulle bereik lê, te verwoord en om die een of ander vorm van kontak met hierdie misterie te bewerkstellig.

Mitologie is dus 'n manier om oor ander-wêreldse konsepte te praat in terme van hierdie-wêreldse begrippe. Freud het 'n mite gedefinieer as 'n verhaal wat die waarheid in simboliese vorm vertel. Dit druk eksistensiële of godsdienstige waarhede uit wat dikwels nie verifieerbaar is nie, maar dit doen nie afbreek aan die waarheidskarakter daarvan nie.

Derdens is mites nie staties nie, maar deurloop 'n ontwikkelingsgang. Soos mites van geslag na geslag en selfs van een volk na 'n ander oorgedra is, het hulle gedurig verander om by nuwe omstandighede aan te pas.

'n Besonderse boek, wat op die spoor van mitologie terug loop. 'n Moet lees.

.

Sluit by ons aan

Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

Dr. Piet Muller: Die Evangelie van Thomas

Die Evangelie van Thomas - met verklarende aantekeninge

Dr. Piet Muller se groot werk, Die Evangelie van Thomas – met verklarende aantekeninge nou op SES in PDF formaat (1.3 MB) of Kindle weergawe (0.5 MB).

Stuur vir ons 'n brief

Ons stel belang in jou reaksie en kommentaar op enige gegewe artikel en jou denke rondom die soeke na eietydse spiritualiteit. Besoek asb. hierdie bladsy vir meer inligting.

.

Kopiéreg © spiritualiteit.co.za

.