.

Wie is ek?

Deur Johan Swanepoel op 1 Februarie 2016

.

Dit is redelik maklik om te antwoord: "Ek is Johan Swanepoel woonagtig te Kloof in Natal en gebore op 1962-08-22." Dit is sekerlik wie ek is. Maar in die skepping van alles wie is ek? Baie sal sê dat ek of ons niks is in die totale skepping. DIT IS NIE WAAR NIE! Eerstens moet ons verstaan dat alles 'n energie met 'n vibrasie (vibrational energy) is. Dit is wetenskaplik bewys dat selfs 'n klip 'n energie vibrasie is. 'n Energie is onvernietigbaar en jy kan slegs sy vorm verander. Dit beteken dat alles op die aarde en in die buitenste ruimte energie vibrasie is.

Die Bybel sê: "Jesus en God is een en ons is een met God." As gees het God homself gevat en elkeen van ons geskape as Gees. Hierdie gees is die Gees van God wat altyd was en is en altyd sal wees. As gees besluit jy om 'n ervaring te hê in die liggaam. Jy besluit saam met jou toekomstige gidse wat jy wil ervaar en saam met wie.

Jy word gebore in 'n aardse gesin wat jy gekies het as jou ma en pa. Dit wil sê jy is nie niks wat skielik met 2 sperms een geword het, en begin ontwikkel het om dan een of ander tyd 'n gees te kry nie. Jy, as geestelike energie vibrasie is deel van die totale proses van voor geboorte af.

Wanneer ons in die wêreld is word ons so maklik vertel ons is niks en as ons nie luister nie sal God ons straf. Ons moet verstaan dat ons almal een is! Ons is wel verskillende nasies met verskillende kulture wat ons verskillende ervarings gee, maar omdat ons almal een is straf jy jouself. God sê "Doen aan 'n ander wat jy aan jouself gedoen wil hê." Dus wat jy aan die geringste doen, doen jy ook aan jouself en ook aan God of dit goed is of sleg is. Die vraag is eintlik wat ek aan 'n ander doen wil ek dit vir myself ook hê? God straf ons nie maar, daar is wette wat sê: "Wat jy saai sal jy maai. Doen aan 'n ander wat jy aan jouself gedoen wil hê."

Hierdie wette is natuurlike wette wat outomaties in werking tree. God sit nie daar en besluit wanneer jy gestraf moet word nie. Nee jy besluit self deur jou dade en jou straf is met dieselfde passie wat jy dit aan iemand anders doen. Dit is ook omgekeerd wanneer jy goed doen, doen jy goed ook aan jouself met dieselfde passie wat jy in jou hart het.

Ons kom aarde toe om te leer deur ervaring. (Wat ook nie waar is nie, ons kom eintlik om te onthou wie ons werklik is, maar om te verduidelik.) Wanneer dinge verkeerd gaan vra ons vir God om ons sondes te vergewe en dinge weer reg te maak in ons lewe. Want God het jou nou gestraf, so dink ons. Dit is nie waar nie. Die Bybel sê "soos jy glo so sal dit vir jou wees." As jy glo jy is 'n geseënde dan gaan dit goed met jou omdat jy dit glo. Maar as jy glo dit gaan swaar dan ervaar jy dit so in jou lewe.

Hoekom? Want elke woord wat jy dink en sê is energie. Elke woord wat jy spreek is besig om te skep en as jy iets genoeg sê en glo dan ervaar jy dit so in jou lewe. Dit beteken soos die Bybel sê "sit 'n wag voor jou mond en dink voor jy praat." Moet nie in woede reageer nie.

Wees bewus van wat jy dink. Dit is bewys dat meer as 80% van die dag is jou gedagtes besig met ander dinge. So jou gedagtes is besig in die toekoms of verlede en jou onderbewuste is aan die stuur. Wat nie noodwendig sleg is nie. Dit gee jou tyd om beplanning te doen en goed in jou gedagtes uit te sorteer. Die probleem is baie mense is so besig met probleme en speel die hele probleem uit in hulle gedagtes. Hulle dink wat gaan gebeur hulle voel hoe dit gaan wees en sien hulle al selfs in die probleem.

Ons moet verstaan dat ons is een met God, God is 'n Skepper en so is ons ook skeppers. Alles wat gebeur in jou lewe is wat jy self skep. ALLES is eers 'n gedagte dan 'n beeld in jou gedagte en dan realiseer dit in jou lewe. Met ander woorde: as jy fokus op iets in jou lewe skep jy dit as 'n energie positief of negatief. Hierdie energie is 'n vibrasie/frekwensie. Op die tydstip wat jy daaraan dink is jou energie en jou gedagte oor iets nie dieselfde energie frekwensie nie, anders sal dit onmiddellik deel vorm van jou lewe. Hoe meer aandag jy aan die probleem of iets wat jy wil hê in jou lewe gee en glo dit is so, so verander jou energie vibrasie/frekwensie tot dit een word met jou huidige realiteit.

Dit beteken jy skep elke dag jou dag deur jou eie gedagtes wat jy glo, en daarom is dit so belangrik om te dink waaraan dink jy.

Dit beteken dat jy elke dag in die nou oomblik moet lewe.

Wees bewus van wat aangaan in jou gedagtes, sien die mooi van die natuur, geniet die mooi van die lewe. Al is dinge moeilik in jou lewe moenie die hele tyd daaraan dink nie, fokus op die oplossing en nie die probleem nie. Staan in dankbaarheid vir wat jy het en vir wat jy vra en vir wat jy kry.

As jy dink ek wil 'n oplossing hê is dit wat jy sal ervaar dat jy die hele tyd 'n oplossing soek. As jy glo daar is 'n oplossing is dit wat jy sal ervaar 'n oplossing.

Die woorde wat jy spreek het soveel krag maar ons sit nie 'n wag voor ons monde nie. As ek sê: "Ek wil hê" sal jy altyd ervaar dat jy wil hê. As jy sê: "Ek het, ek is" ... sal jy altyd ervaar dat jy het of is. Wat jy spreek so is dit vir jou.

Dink wat jy sê en hoe jy dit sê. As jy iets verkeerd sê, sê: "Nee dit is nie so nie ek vat dit terug."

Die tyd het gekom dat ons nie net moet luister na wat ander sê nie maar gaan ondersoek die dinge vir jouself. Voel jy, jy kan jou vereenselwig met iets wat gesê word? Moet nie alles net afskiet omdat 'n ander sê dit is nie waar of onwaar. "Ondersoek alles en behou die goeie!"

Onthou weer wie jy is ... JY is die Gees van God wat hier is om jou Gees, 'n menslike ervaring te gee. Geen ervaring is reg of verkeerd nie, dit bly 'n ervaring. As jy nie van die ervaring hou nie, verander dit bewustelik. Jou lewe en ervaring is in jou hande in niemand anders se hande nie. Dink waaraan jy dink en wees versigtig vir wat jy wens ... dit kan dalk net waar word ... so maak seker dit is wat jy wil hê vir jou lewe.

Dankie

Johan Swanepoel

.

Sluit by ons aan

Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

Dr. Piet Muller: Die Evangelie van Thomas

Die Evangelie van Thomas - met verklarende aantekeninge

Dr. Piet Muller se groot werk, Die Evangelie van Thomas – met verklarende aantekeninge nou op SES in PDF formaat (1.3 MB) of Kindle weergawe (0.5 MB).

Die Dans met God

Die Dans met God

Boek:  Die Dans met God (2015) deur Dr. Abel Pienaar. Die eens onaantasbare dogmas wat aan ons as die absolute waarheid voorgehou was, word nou al hoe meer bevraagteken. Dit beteken egter nie dat wanneer iemand nuut dink oor God en geloof, so 'n persoon nie ook spiritueel is nie. Die teendeel is eerder waar. Die boek is beskikbaar in boekwinkels (R189) en kan ook bestel word by Naledi Uitgewers.

DVD: Saam op soek na God

Saam op soek na God

Gewone mense en bekendes word gevra om oor hulle oortuigings en geloof te praat. Vrae soos: Wie is God vir jou?
Het jy enige bewyse van God se bestaan? Ons het gelowiges tot ateïste, new agers tot wikka hekse gaan vra. Die DVD kos R130 maar vir Sentrum (SES) lede net R110.

Boek: Hier staan ek...

Duisende Afrikaanse mense voel verwyderd van fundamentalistiese sienings van Christenskap en verlaat die tradisionele kerke in hul hordes. Hulle voel dikwels skuldig en alleen en is onder die indruk dat daar iets met hulle fout is. Hulle soek nuwe Afrikaanse gespreksgenote en gemeenskappe waarin hulle hul nuwe spiritualiteit kan uitdruk. Hierdie boek is die resultaat van sodanige gesprekke. Beskikbaar by Griffel of bestel direk by Boekblik.

Stuur vir ons 'n brief

Ons stel belang in jou reaksie en kommentaar op enige gegewe artikel en jou denke rondom die soeke na eietydse spiritualiteit. Besoek asb. hierdie bladsy vir meer inligting.

.

Kopiéreg © spiritualiteit.co.za

.