.

Standbeelde en ons vrees

Deur Dr. Abel Pienaar op 1 Mei 2015

.

"Rhodes Must Fall!"

Dit was die oorlogskreet van ontstoke studente aan die Universiteit van Kaapstad. Hulle het vir weke betoog dat die standbeeld van Cecil John Rhodes, op die universiteit se boonste kampus verwyder moet word.

En dan op Donderdagaand 9 April 2015 is die besluit deur die Universiteit deurgevoer, en die standbeeld is verwyder. Die rede volgens die studente wat betoog het, was dat die standbeeld 'n simbool was van transformasie wat nie plaasvind nie.

Hierdie beweging het toe 'n tipe 'beelde storm' reg oor die land tot gevolg gehad. Onder andere, die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein in Pretoria en die een in Krugersdorp wat met groen verf beskadig is.

Daarna ander beelde soos dié van Mohandas Gandhi op die plein in Johannesburg en die teoloog en skrywer Andrew Murray se beeld voor die NG kerk in Wellington.

Duidelik uiteenlopende simbole. Wat nie net wys op 'n gebrek aan kennis en insig van ons land en sekere rolspelers se geskiedenis nie, maar ook dat daar iets anders agter die saak lê.

Want sien, standbeelde is simbole. Dit verteenwoordig sekere ideale, idees, ideologieë en tydsgees. En daarom is dit wel verstaanbaar as mense wat te na gekom voel, onderdrukking beleef of gemarginaliseer voel, uiting gee teenoor simbole wat dit verteenwoordig. Maar dit gesê, is simbole tog nooit enkelvlakkig in hulle betekenis nie. Simbole dra in hulself vele betekenisse saam.

Presies wat my kunstenaar vriende Angus en sy vrou Rina Taylor altyd vir my sê, naamlik, kunswerke het 'n lewe van hul eie. Met ander woorde, dat 'n kunstenaar se beoogde betekenis meestal getransformeer word deur die interpreteerders van die kunswerk.

Dit beteken dat kunswerke soos o.a. standbeelde, se simbole en metafore in 'n dinamiese interaksie met die waarnemer se innerlike simboliese wêreld gaan. Kom ek gee 'n voorbeeld. Die Paul Kruger standbeeld verteenwoordig vir my 'n positiewe sowel as negatiewe betekenis. Aan die een kant hou ek glad nie van Paul Kruger nie. Want hy het as 'n oortuigde Calvinis geglo sy volk is, soos Israel, die uitverkore Verbondsvolk.

En sodoende vermeng hy godsdiens en politiek, en verkondig dat die Afrikaner se saak is regverdig voor God. Dit het natuurlik groot skade aangerig in die psige van die Afrikaner, wat selfs tot vandag diep wonde veroorsaak.

Maar aan die ander kant, was Paul Kruger ook 'n eerbare mens. Hy het goeie verhoudings met alle bevolkingsgroepe voorgestaan. Onder andere was dit hy wat met die Opperhoof van die Mokgatla (van die Bafokeng) gemeenskap onderhandel het sodat hulle hulle grond kon koop, voordat die wetgewing teen swart grondbesit van krag kon gaan.

Kruger was 'n man van integriteit – alhoewel 'n man van sy tyd, en daarom beperk tot die insigte, oortuigings en wêreldbeeld van sy tyd.

En juis hierin spreek die standbeeld my aan. Dat Paul Kruger, nes die res van ons, 'n gewone mens was. Iemand met sterk en swak punte. Iemand met suksesse en mislukkings. En dit herinner ons aan ons eie beperktheid en tydelike insigte. En dat ons versigtig moet wees om te maklik te oordeel of altyd geldende waarhede te wil verkondig.

My interpretasie en belewenis van 'n kunswerk, soos in die geval die standbeeld van Paul Kruger, sê dus meer van my, as van die standbeeld.

Nou die vraag, wat sê die aggressie en verdediging, en ja selfs woede teenoor beelde vir ons? Dit sê dat onder die oppervlak van die woede, haat en aggressie, lê die interpreteerders se vrees.

Ons probeer nou al lank in Suid-Afrika hierdie vrees wat in mense se harte leef, wegsteek. Ons doen dit deur dit met die kleure van 'n reënboog te verf of deur laer te trek. Maar dit gaan nie weg nie.

Dalk is die wonde van die verlede nog, in baie, nie genees nie. Dit is baie duidelik sigbaar in die feit dat ons na amper 20 jaar nog nie daarin kon slaag om rassisme te oorkom nie.

En hierdie aggressie teenoor standbeelde, of sal ek eerder sê reaksie op simbole, dwing ons om weer na ons eie harte te kyk. Om weer vir onsself te vra, "Is ons ook nog bang?" Wat gaan in ons binne-wêreld aan? Ek vermoed dat o.a. rassisme meer is as net 'n fenomeen wat gaan oor ras of velkleur. Ek dink nader aan die waarheid is die intense vrees.

Omdat ons vanuit hierdie vrees na mekaar en die wêreld kyk, tree ons dan ook vanuit hierdie vrees op. En wat bring vrees na vore? Aggressie, woede, haat en pyn. Dit is daarom seker verstaanbaar dat ons so sukkel.

"Holding on to anger is like grasping a hot coal with the intent of throwing it at someone else; you are the one who gets burned." Sê Boeddha.

Ons weet tog dat negatiewe en afbrekende emosies wat vanuit vrees gebore is, soos woede en haat, ons vergiftig en siek maak.

Vrees skep meer vrees. Is dit nie wat ons tans sien nie? Ons skep meer donker, meer vrees, meer haat, meer pyn.

Weereens staan ons as mensdom voor die dieper vraag; leef ons vanuit 'n kern van liefde of vrees? "Darkness cannot drive out darkness; only light can do that. Hate cannot drive out hate; only love can do that." verwoord Martin Luther King jr. dit.

Net liefde kan hierdie siklus breek. En liefde begin altyd by jouself, met introspeksie. Thich Nath Hanh stel dit so: "We can look deeply into our hatred and gain many insights. One of the first insights may be that the seed of anger and hatred in us has grown too big, and is the main cause of our misery. As we begin to see this reality, we realize that the other person, whom our anger is directed at, is only a secondary cause. The other person is not the real cause of our anger."

Jesus was reg toe hy gesê het dat alles begin by vergifnis. Om onsself te vergewe, en ander, is een van die enigste maniere om liefde 'n werklikheid te maak. En hy praat nie hier van romantiese tra-la-la liefde nie, hy praat van liefde wat opoffering vra.

Presies waarna Mahatma Gandhi ook verwys met: "A coward is incapable of exhibiting love; it is the prerogative of the brave." Want slegs dan sal ons die donker van vrees met die lig van vergifnis en liefde kan vervang.

Abel is die direkteur van SES en 'n spirituele leier van Renaissance Gemeente.
E-pos:

.

Sluit by ons aan

Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

Dr. Piet Muller: Die Evangelie van Thomas

Die Evangelie van Thomas - met verklarende aantekeninge

Dr. Piet Muller se groot werk, Die Evangelie van Thomas – met verklarende aantekeninge nou op SES in PDF formaat (1.3 MB) of Kindle weergawe (0.5 MB).

Die Dans met God

Die Dans met God

Boek:  Die Dans met God (2015) deur Dr. Abel Pienaar. Die eens onaantasbare dogmas wat aan ons as die absolute waarheid voorgehou was, word nou al hoe meer bevraagteken. Dit beteken egter nie dat wanneer iemand nuut dink oor God en geloof, so 'n persoon nie ook spiritueel is nie. Die teendeel is eerder waar. Die boek is beskikbaar in boekwinkels (R189) en kan ook bestel word by Naledi Uitgewers.

DVD: Saam op soek na God

Saam op soek na God

Gewone mense en bekendes word gevra om oor hulle oortuigings en geloof te praat. Vrae soos: Wie is God vir jou?
Het jy enige bewyse van God se bestaan? Ons het gelowiges tot ateïste, new agers tot wikka hekse gaan vra. Die DVD kos R130 maar vir Sentrum (SES) lede net R110.

Boek: Hier staan ek...

Duisende Afrikaanse mense voel verwyderd van fundamentalistiese sienings van Christenskap en verlaat die tradisionele kerke in hul hordes. Hulle voel dikwels skuldig en alleen en is onder die indruk dat daar iets met hulle fout is. Hulle soek nuwe Afrikaanse gespreksgenote en gemeenskappe waarin hulle hul nuwe spiritualiteit kan uitdruk. Hierdie boek is die resultaat van sodanige gesprekke. Beskikbaar by Griffel of bestel direk by Boekblik.

Jesus van Nasaret

Jesus van Nasaret

Boek:  Jesus van Nasaret (2009) deur Prof. Sakkie Spangenberg. "In Jesus van Nasaret is Spangenberg op sy beste. Hy skryf oor die feilbaarheid van die Skrif en verduidelik uit 'n suiwer historiese oogpunt hoe Israel ontstaan en wie Jesus was." Beskikbaar by Kalahari, Exclusive Books, Protea Boekwinkel, of by die skrywer.

Stuur vir ons 'n brief

Ons stel belang in jou reaksie en kommentaar op enige gegewe artikel en jou denke rondom die soeke na eietydse spiritualiteit. Besoek asb. hierdie bladsy vir meer inligting.

.

Kopiéreg © spiritualiteit.co.za

.