Soeke na ‘n eietydse spiritualiteit

Deur Dr. Abel Pienaar op 4 Oktober 2009

(Ook gepubliseer op Nuwe Hervormings Netwerk webblad onder titel Ewolusie van spiritualiteit.)

Ek As Voorbeeld

Vandat ek kan onthou wonder ek oor die bestaan van God. Want, indien daar nie 'n God is nie, sou ek my uitkyk op die lewe sodanig moes aanpas om nuwe sin te vind.
Hoe sou ek lewe en dood verstaan sonder 'n hemel en 'n hel?
Hoe sou ek die sin van die lewe verstaan sonder sonde en vergifnis?
Hoe sou ek getroos word sonder die woorde: "Daar is 'n God wat vir my lief is en wanneer ek doodgaan, wag daar 'n plekkie vir my in Sy koninkryk ver anderkant die wolke"?

Ek moes net weet! Bestaan God of is dit 'n menslik geskepte idee? Is daar bewyse vir Sy bestaan? Mag ek sulke vrae vra?
Die vraag oor God se egtheid het aan my gekarring soos 'n irriterende kind. Ek kon eenvoudig nie die twyfel afskud nie. Om sekerheid te kry het ek teologie gaan studeer. Maar na ses jaar en twee grade later moes ek erken die vraag was nog net so brandend soos voorheen.
As leraar van 'n bekende makro gemeente in die stad, het ek egter baie vinnig bekend geword as 'n dinamiese en charismatiese prediker. Ek moes my vrae mooi netjies wegbêre – sodat ek kon preek en "perform" soos 'n goeie Christen prediker.

Gedurende hierdie tyd het ek so nou en dan my twyfelvrae na vore laat kom, maar is sommer vinnig reggehelp met opmerkings soos "Almal twyfel nou en dan, geloof is juis om nie bewyse te hê nie!" Dan het ek my vrae weer netjies weggepak en probeer vergeet. Ek het egter oor die jare geleer dat vergifnis wel moontlik is, maar vergeet nooit! My vrae het soos goeie ou vriende gereeld kom kuier en ek moes oor die jare al harder en harder werk om hulle in hulle donker plekkie te hou. Hoekom kon ek nie vrae oor God vra nie? Hy is dan Almagtig! My paar nietige vragies kon tog niks aan God se Almag doen nie! En so het ek op 'n pad begin stap wat my van 'gewilde dominee Abel' geneem het tot 'een van daardie mal ateïste'!

Ek het uit die NG kerk as predikant en as lidmaat bedank. Hierna het 'n woestyn-tydperk aangebreek waar ek my geloof totaal verloor het. Maar tot my krediet kan ek noem dat ek nooit ophou soek het nie. My soektog was egter nie meer net vanuit die Christendom nie. Ek het Boeddhisme begin bestudeer en praktiseer. Ek het filosofie en sielkunde begin bestudeer. Ek het my doktorsgraad in die Filosofie van Godsdiens gedoen. Wat ek nie toe besef het nie, was dat ek besig was om 'n "nuwe" spiritualiteit vir myself uit te trap.

Spiritualiteit

Ken Wilber definieer spiritualiteit as: "Spirituality, according to the testimony of the world's great yogis, saints, and sages has to do with the direct experience of a living Reality, disclosed immediately and intimately in the heart and consciousness of individuals, and fostered by diligent, sincere, prolonged spiritual practice. All practice opens one to a direct experience of Spirit, and not merely beliefs or ideas about Spirit."

Onthou dat godsdiens 'n kulturele, sosio-ekonomiese en politieke konstruksie is wat gebaseer is op 'n spesifieke verstaan van die wêreld binne 'n spesifieke periode in die geskiedenis. Dus het godsdiens nie noodwendig net te doen met spiritualiteit nie. Georganiseerde godsdiens is 'n groepsaktiwiteit wat gereguleer word deur uiterlike reëls en regulasies. Hierteenoor is spiritualiteit 'n innerlike, spontane belewenis en het bittermin te make met uiterlike reëls, regulasies en dogma. En dit het ek eerstehands beleef! Ek het vir die eerste keer in my lewe vry gevoel.

Hierdie vryheid het my gehelp om meer en meer my vrae oor God te besoek. Weg van die vrees en skuldgevoelens wat godsdiens so baie keer in mens wakker maak, het my reis in 'n avontuur verander. Ek het begin voel soos Indiana Jones wat besig is om die geheime rondom een of ander mite te ondersoek. In hierdie proses het ek myself al hoe meer ontdek en kon ek nuwe vrae oor God vra en ook vra wie ek dink God is. Natuurlik het hierdie ontdekking my ingesteldheid teenoor die lewe radikaal verander. Kom ons gesels bietjie saam hieroor.

Ek beskou myself as agnosties. Thomas H. Huxley (1825-95), 'n Britse bioloog het die eerste keer hierdie term gebruik. "Agnosties" is 'n woord wat gebaseer is op die Latynse agnosco, wat beteken "Ek weet nie".
Die Duitse filosoof Immanuel Kant (1724-1804), ook 'n agnostikus, omskrywe dit as volg: "We could neither prove nor disprove God's existence, because we had no reliable means of verification."

Hiermee saam is my uitgangspunt dat daar heel waarskynlik 'n goddelike is, maar ek is oop vir oortuiging indien 'bewyse anders wys'. My definisie van ateïsme, dat hul uitgangspunt is dat daar heel waarskynlik nie 'n God is nie, maar hulle is oop indien 'bewyse anders wys'.
Alhoewel dit 'n fyn onderskeid is, het dit wel groot implikasies vir die reis.

Ek het byvoorbeeld geen probleem om van die mistieke (gnostiese) tradisies, Boeddhisme, wetenskap, filosofie en sielkunde as voertuie gebruik te maak in my soektog nie. Ek hou van die integrale benadering waarvan Ken Wilber so baie skryf. Ateïste sal heel waarskynlik glad nie enige waarde aan hierdie benadering heg nie.

Die Onheilige Drie-Eenheid

Op hierdie punt wil ek wel die waarde van moderne ateïste soos Richard Dawkins, Sam Harris en Christoper Hitchens (die onheilige drie-eenheid!) uitwys op die soeke na God. Hulle vee 'n klomp tafels skoon en hulle is ongelooflik waardevol in die dekonstruksie van sogenaamde godsdiens waarheid!

"A close study of our holy books reveals that the God of Abraham is a ridiculous fellow – capricious, petulant, and cruel – and one with whom a covenant is little guarantee of health or happiness. If these are the characteristics of God, then the worst among us have been created far more in his image than we ever could have hoped." – Sam Harris

"The God of the Old Testament is arguably the most unpleasant character of all fiction: jealous and proud of it; a petty, unjust, unforgiving, control-freak; a vindictive, bloodthirsty, ethnic cleanser; a misogynistic, homophobic, racist, sado-masochistic ... bully." – Richard Dawkins

Hulle kritiek en eerlike, soms kras, manier van omgaan met heilige koeie is vir my van onskatbare waarde. Maar, hulle aanval is primêr gerig op die teïstiese Godsbegrip.

Hierby sluit Karen Armstrong aan in haar nuutste boek The Case for God:
"Historically atheism has rarely been a blanket denial of the sacred per se, but has nearly always rejected a particular conception of the divine. At an early stage of their history, Christians and Muslims were both called 'atheists' by their pagan contemporaries ..."

Net soos Biskop John Selby Spong, kan ek ook eerlik sê dat die teïstiese siening van God vir my dood is. Hy sê: "I dismiss the supernatural, external God of theism!"

Dit help my met die dekonstruksie van hierdie siening, maar wat van al die ander sienings van wie die goddelike is? Byvoorbeeld die siening wat die Chinese Taoïste (spreek dit uit Daoïste) al eeue terug gehad het: "The ultimate was not a personalised god, therefore, but a transcendent mystery that could never be plumbed" of Boeddha wat geen tyd aan abstrakte formulerings rondom 'n persoonlike God toegelaat het nie.

Om hierdie punt af te sluit gee ek die res van John Selby Spong se aanhaling: "Theism and God are not the same. Theism is but one human definition of God."

Wat van Panteïsme of Panenteïsme?
Wat van bewussyn en die invloed op ons waarneming en verstaan van die wêreld en realiteit?
Wat van kyk na die 'waarheid' oor God: Logos (empiries) en mythos (simbolies)?
Wat van kyk na die evolusie van nie-materiële prosesse, wat net soos in die materiële wêreld 'n dinamiese proses is?
Wat van die kyk na sinskepping in 'n postmoderne wêreld?
Wat van die verstaan van die kwantumfisika en die implikasies op die verstaan van die goddelike?
Ons het nog net begin raak aan hierdie dinge.

Paradigmas Verander

Evolusie is orals teenwoordig, nie net in die materiële wêreld nie! Daarom kan ons ook evolusie van idees, waarheid en geloof verstaan. Soos Thomas Kuhn ons help met die verstaan van paradigmas en dat paradigmas oor tyd verander: "Scientific theories undergo wholesale revision with each generation and therefore do not converge on the truth."
Evolusie van spiritualiteit sou dus 'n eietydse spiritualiteit impliseer!

"Evolution proceeds by differentiation and integration, or just as well, by transcendence and inclusion. Each stage includes its predecessors, then adds its own defining and emergent qualities: it transcends and includes." – Ken Wilber

'n Nuwe model van dink, oopwees, integrasie van ou verstaan en nuwe verstaan, raaksien van verskeie vlakke van bewussyn. 'n Integrale model van kyk na die holistiese raakpunte en waar verskillende mense se sogenaamde waarhede mekaar beïnvloed (die "Theory Of Everything").
'n Eietydse Spiritualiteit,'n veilige ruimte waar ons nie probeer oortuig nie, maar waar ons saam soek. Skep van 'n ruimte waarbinne ons kan ontmoet – wetenskap (fisika, neurologie, biologie, kosmologie ens) en filosofie, sielkunde, teologie, Oosterse en Westerse spiritualiteit en die mistici. DUS 'n eietydse spiritualiteit op grond van:

'n Ruimte waar mense ontmoet en met waarheid omgaan op 'n eerlike en oop wyse. Waar ons saam na die goddelike kan soek, logos (rede, wetenskap) en mythos (simbole, mites, kuns, musiek), hier en nou! En waar die "tools" wetenskaplike waarheid onderskrywe, sowel as verstaan van mythos – soos Joseph Campbell dit beskrywe:

"The life of a mythology derives from the vitality of its symbols as metaphors delivering, not simply the idea, but a sense of actual participation in such a realization of transcendence, infinity, and abundance. Indeed, the first and most essential service of a mythology is this one, of opening the mind and heart to the utter wonder of all being. And the second service, then, is cosmological: of representing the universe and whole spectacle of nature, both as known to the mind and as beheld by the eye, as an epiphany of such kind that when lightning flashes, or a setting sun ignites the sky, or a deer is seen standing alert, the exclamation 'AH!' may be uttered as a recognition of divinity."

Ek pleit dus dat ons wel ooreen moet kom oor hoe ons "waarheid" gaan benader. Dit is een van ons spelreëls. Weet dat mites, musiek, kuns en filosofie ook waarheid het. Hulle waarheid lê in hulle simbole en metafore. Amper iets soos: 'die vinger wat na die maan wys, is nie die maan nie, dit wys net na die maan'.

Hiermee saam moet ons verseker ook eerlik wees oor wat ons glo i.v.m. God en die wêreld en of dit 'n realistiese weergawe is van wat om ons aangaan, en of dit 'n illusie is. Illusies is gevaarlik!
As iemand dinge glo en doen op grond van irrasionele 'bygelowe' oor hoe die wêreld is, kan dit net op 'n tragedie uitloop.

New Age het energie nou die Teïstiese God gemaak. Geloofsoortuiging hier is iets soos "jou intensies kan materie beïnvloed." Daarom staar mense vir ure na foto's van duur huise en droom dit gaan waar word. In die dokumentêr What the Bleep do we know word daar gesê as jy regtig wil, kan jy 'n olifant in jou sitkamer laat manifesteer. Hierdie geloof wat so goed verpak is in The Secret laat mense onrealisties omgaan met die alledaagse lewe. Dit laat mense onverantwoordelik omgaan met byvoorbeeld siektetoestande. Scio masjiene word ingespan om enigiets van kanker tot vigs te genees. Alhoewel daar waarde is in hierdie alternatiewe behandelings, word onbewysbare en onkontroleerbare aansprake gemaak wat niemand regtig help nie.
Prof. Victor J. Stenger se Quantum Gods vat baie van die verkeerde opvattings weg en wys wat Kwantumfisika werklik impliseer.

"The faith that I am calling into question is precisely the gesture that theologian Paul Tillich himself decried as 'an act of knowledge that has a low degree of evidence'... the truth is that religious faith is simply unjustified belief in matters of ultimate concern." – Sam Harris

Mense handhaaf "waarheid" in godsdiens wat hulle op geen ander area van hulle lewens sal handhaaf nie. Mense leef dubbele lewens. Hulle vereis wetenskaplike (empiriese) waarheid in een deel van hulle lewe en in hulle godsdiens deel, werk hulle met 'n ander stel reëls. 'n Mediese doktor wat elke dag met die realiteit van die wetenskap werk sal Sondae gemaklik sit en luister na stories van mense wat op water loop en mense wat uit die dood opstaan.

Byvoorbeeld, as ek sê dat Elvis leef, sou die gemeenskap empiriese bewyse vereis! Foto's, Elvis in lewende lywe – DNS toetse!
Wat nie gaan tel nie is, "ek weet dit hier binne my!", "Ek is in 'n persoonlike verhouding met hom, hy's nou hier by my, ons praat gereeld in my drome" of "Dis iets wat jy net moet glo!" Dit is seker waarom gesê word "as een mens iets glo wat nie realisties is nie, sê ons hy is mal. Maar as 'n klomp mense dit glo, noem ons dit 'n godsdiens!"

"The concessions we have made to religious faith – to the idea that belief can be sanctified by something other than evidence – have rendered us unable to name, much less address, one of the most pervasive causes of conflict in our world." – Sam Harris

Ons moet onthou dit is 'n tweesnydende swaard. Volgens aanduidings gaan Islam binne die volgende twintig jaar die Christendom vervang as grootste wêreldgodsdiens. En hoe kan 'n Christen sê dit wat 'n Moslem glo is nie waarheid nie? Hoe lank kon die Christendom sê hulle waarheid het geen bewyse nodig nie? Wel, dan kan die Islam dieselfde aanspraak maak!

"What can be asserted without evidence can also be dismissed without evidence." – Christopher Hitchen

Dus, hierdie eietydse spiritualiteit waarvoor ek pleit moet leer uit die foute van die verlede.
Ons kan nie met waarheid omgaan sonder om werklik te kyk na hoe ons waarheid definieer nie.
Ons moet in ag neem dat logos (wetenskaplike waarheid) en mythos (simboliese waarheid) albei 'n rol speel.
Ons moet nie die twee vermeng asof dit dieselfde is nie. Mythos praat met poëtiese en oordrewe taal. Logos praat met wiskundige taal-teorieë, hipoteses ens. Om dit nie in ag te neem nie, is om iets belaglik te sê soos dat die Bybel 'n histories korrekte boek is! Ons moet ook eerlik omgaan met ons eie voorveronderstellings en kondisionerings.

"Each of us tends to think we see things as they are, that we are objective. But this is not the case. We see the world, not as it is, but as we are – or, as we are conditioned to see it." – Steven Covey

En ook Foucault se "A word's meaning is determined by it's context" in ag neem. ('n Springbok eet gras en 'n Springbok vang die bal).
Hiermee saam die geboorte van Postmodernisme! Wat sê dat waarheid relatief is. Konteks bepaal of iets waar is. Indien die konteks verander, kan iets wat gister waar was, nou vals wees.

Ons moet bereid wees om eerlik te kyk na hoe idees waarhede word. En hoe waarhede gelowe word.
As metafoor – kyk hoe 'n houtblad 'n tafel word sodra dit vier pote kry. Dieselfde geld vir 'n idee, vier "bewyse" is nodig vir "waarheid". Slaan die spykers in en jy het 'n geloof. Die bewyse of redes hoef natuurlik nie korrek of op realiteit gegrond wees nie. Die meeste van die sterkste gelowe is op misverstande, globale bygelowe, aannames en leuens gebou.

Die vier bewyse (of vier pote, vir sogenaamde "waarheid") noem ek:

Byvoorbeeld: As ons oor bewussyn praat – in ag neem dat daar reeds wonderlike werk op sielkundige, moraliteit, lewensin, lewensgeluk en spiritualiteit gedoen is – moet ons besef dat ons sowel mythos as logos moet inspan. Dink maar aan Einstein wat sy deurbrake gemaak het toe hy sy verbeelding ingespan het om sy relatiwiteitsteorie te probeer bewys het. Ook Freud en Jung het wetenskaplik omgegaan met die studie van die psige van die mens, maar het baie swaar gesteun op mites en mitologieë.

Dit is verseker nodig om oor 'n klip te praat in terme van fossiele, grond, suurstof, water en minerale. Maar dit is net so geldig om te sê die klip het met my "gepraat" oor standvastigheid en geduld. (Simbolies en metafories beteken 'n rots tog dit). Ek besef om 'n klip se waarheid te bepaal is dalk bietjie anders as om van God te praat, maar kom ons probeer!!

KOM ONS TREE IN GESPREK!!!!

Volgens die veertiende Dalai Lama is iets van hierdie gesprek verteenwoordig in 'n mens. Hoor wat sê hy oor Boeddhisme: "If science proofed that the Buddhist understanding of consciousness is incorrect, I would gladly adjust my understanding."

Die voorvereiste vir hierdie eietydse spiritualiteit (Verhouding van oop, nie veroordelende, eerlike soeke met die transendente) is:

  1. Ons begin binne, dan werk ons na buite in plaas van buite eerste! Die lokus van kontrole is binne-in ons, nie buite nie. Ons daag eers ons eie "tafels" uit – EERLIKHEID!
  2. Ons ruimte van groei is ONSEKERHEID in plaas van sekerheid (anders verdedig ons heeltyd en probeer ander oortuig)
  3. Ons werk met logos EN mythos (en ons verstaan die verskille!)
  4. Ons verstaan dat evolusie beteken "verby beweeg" en "integreer" – ons is reisigers, ONTDEKKERS! Ons besef dat ons heel waarskynlik nie gaan arriveer nie ...
  5. Ons leef bewustelik en teenwoordig in hierdie lewe ... en dalk kan ons met die koms van die dood, sonder vrees glimlag en weet dat ons geleef het – elke tree eerlik en oop! En dan kan ons dalk verstaan wat Anthony De Mello bedoel het toe hy gesê het: "Spirituality means waking up. Most people, even though they don't know it, are asleep. They're born asleep, they live asleep, they marry in their sleep, they breed children in their sleep, they die in their sleep without ever waking up. They never understand the loveliness and the beauty of this thing that we call human existence."

Ek wil afsluit met 'n verhaal wat Karen Armstrong vertel. Dit beskryf vir my iemand wat logos en mythos geïntegreer het en daardeur 'n eietydse spiritualiteit geleef het! Let wel geleef het, nie net gepraat, geargumenteer of probeer oortuig het nie ... geleef! En daarin lê die goddelike vir my – iets van wat die teoloog Paul Tillich (1886-1965) genoem het "The ground of all being" of wat die filosoof Martin Heidegger 'Sein' (Being) "Being as the supreme reality" genoem het.

"One day a Brahmin priest came across the Buddha sitting in contemplation under a tree and was astonished by his serenity, stillness and self-discipline. The impression of immense strength channelled creatively into an extraordinary peace reminded him of a great tusker elephant.
'Are you a god, sir?' the priest asked. 'Are you an Angel ... or a spirit?'
No, the Buddha replied. He explained that he had simply revealed a new potential in human nature. It was possible to live in this world of conflict and pain in harmony with one's fellow creatures. There was no point in merely believing it; you would only discover its truth if you practised his method, systematically cutting off egotism at the root. You would then live at the peak of your capacity, activate parts of the psyche that normally lie dormant, and become fully enlightened human beings.
'Remember me', the Buddha told the curious priest, 'as one who is awake'."

Dr Abel Pienaar

4 Oktober 2009 ("If you quote me – date me!")

Sluit by ons aan

Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

Die Dans met God

Die Dans met God

Boek:  Die Dans met God (2015) deur Dr. Abel Pienaar. Die eens onaantasbare dogmas wat aan ons as die absolute waarheid voorgehou was, word nou al hoe meer bevraagteken. Dit beteken egter nie dat wanneer iemand nuut dink oor God en geloof, so 'n persoon nie ook spiritueel is nie. Die teendeel is eerder waar. Die boek is beskikbaar in boekwinkels (R189) en kan ook bestel word by Naledi Uitgewers.

DVD: Saam op soek na God

Saam op soek na God

Gewone mense en bekendes word gevra om oor hulle oortuigings en geloof te praat. Vrae soos: Wie is God vir jou?
Het jy enige bewyse van God se bestaan? Ons het gelowiges tot ateïste, new agers tot wikka hekse gaan vra. Die DVD kos R130 maar vir Sentrum (SES) lede net R110.

Boek: Hier staan ek...

Duisende Afrikaanse mense voel verwyderd van fundamentalistiese sienings van Christenskap en verlaat die tradisionele kerke in hul hordes. Hulle voel dikwels skuldig en alleen en is onder die indruk dat daar iets met hulle fout is. Hulle soek nuwe Afrikaanse gespreksgenote en gemeenskappe waarin hulle hul nuwe spiritualiteit kan uitdruk. Hierdie boek is die resultaat van sodanige gesprekke. Beskikbaar by Griffel of bestel direk by Boekblik.

Jesus van Nasaret

Jesus van Nasaret

Boek:  Jesus van Nasaret (2009) deur Prof. Sakkie Spangenberg. "In Jesus van Nasaret is Spangenberg op sy beste. Hy skryf oor die feilbaarheid van die Skrif en verduidelik uit 'n suiwer historiese oogpunt hoe Israel ontstaan en wie Jesus was." Beskikbaar by Kalahari, Exclusive Books, Protea Boekwinkel, of by die skrywer.

Kopiéreg © spiritualiteit.co.za