Misterie (Deel 6), ‘n Filosofie vir lewe

Deur Willie Oosterhuis (skuilnaam) op 1 Oktober 2011

Die mensdom, of minstens 'n groot gedeelte daarvan, is soekend na 'n "world view makeover".
In die soeke na sin en 'n sinvolle filosofie, word gebruik gemaak van vele bronne, synde moderne wetenskaplike kennis tot oerverhale in oergeskrifte, om 'n filosofiese onderbou aan 'n wêreldbeeld te gee.
'n Onverkwiklike stryd bestaan tussen aanhangers rakende die/'n filosofie van 'n wêreldbeeld.
Die verskille kan in drie kategorieë verdeel word:

  1. 'n Naturalistiese filosofie soos in vele wetenskappe. Niks het bestaan voor die oerknal nie en die ontstaan van die kosmos is doelloos. "Survival of the fittest."
  2. 'n Humanistiese-idealistiese siening soos in vele filosofieë. Die mens word hoog aangeslaan, meer as net dierlik en het selfs goddelike potensiaal.
  3. Religieuse filosofie soos in vele gelowe.
  4. 'n Spirituele filosofie van lewe wat rekening hou met 'n besluit-magtige God/gode.

"Die uitdaging van hierdie tyd vir vooruitdenkendes is om 'n filosofie te formuleer wat die moderne mens aantrek. Hierdie filosofie sal moderne konsepte verwoord, vergrote kosmiese waarhede verkondig, universele mooi- en goedheid beklemtoon." – Anoniem

Sam Harris merk op dat: "The failure of science to address questions of meaning, morality, and values has become the primary justification for religious faith. In doubting our ability to address questions of meaning and morality through rational argument and scientific inquiry, we offer a mandate to religious dogmatism, superstition, and sectarian conflict."

In die soeke na sin is dit na my mening presies die leemtes wat gevul moet word tesame met sinvolle filosofie rakende die kosmos se ontstaan en bestaan.

Daarom lei hierdie reeks artikels tot 'n gedeeltelike formulering van 'n "Filosofie van Lewe." Geen aanspraak word gemaak tot 'n volledige bloudruk nie. Om die waarheid te stel, die soeke na sin en die religieuse keuse is 'n uiters individuele pad. Geen credo is genoegsaam of bevredigend nie. Groei van die individu se waardes en ervaring van betekenisse is van kardinale belang.

Die argumente in hierdie artkel gaan gevoer word met erkenning van die bestaan van 'n besluitmagtige God. (Sien Deel 1 tot 5 rondom die argumente van die redelikheid rondom die bestaan van God.)
Kennis moet geneem word van die feit dat sodra die konsep "God" in die filosofie opgeneem word, 'n gebrek aan insig deel van die filosofie word. Maar dit is egter nie vreemd in religie nie (ook nie in die natuurwetenskappe nie) en is seker die grootste stu-krag tot vernuwing a.g.v. verkryging van meerderde insigte wat evolusioner, geslag na geslag, ontwikkel.

Die Filosofie van Lewe sal uiteraard die meestersverhaal/le uitdaag wat op sy beurt spanning binne die geledere van ALLE gelowe veroorsaak.

Die aanname is dat lesers van hierdie reeks artikels in die dampkring van 'n Hebreeuse Jahwistiese Christelike omgewing hul wortels ingeplant het. Meestal kan die naelstring nie geknip word nie veral weens die invloed van die leringe van Jesus van Nasaret. Daarom sal hierdie artikel en opvolg artikels beperk word binne bogenoemde tradisie. Tog sal die leser opmerk dat in vele aspekte sal daar net sowel tot ander tradisies gespreek word want die argumente mag universeel geld.

Die invloede waarmee ons rekening moet hou

Dit is goed om eers bestek op te neem sodat die rigting wat gevolg word verstaan kan word.
Die Jahwistiese-christelike geloofs-filosofie stam uit invloede wat terug strek en as oer-invloede bestempel kan word. Maar die skrywer verkies om by die periode beginnend sowat vier duisend jaar gelede, aan te sluit.

1. Die invloed van Melgisedek
Melgisedek het by 'n gehuggie Salem (later Jerusalem) van die Jebusiete, begin predik rondom die konsep van 'n enkel god, El Elyon – die Allerhoogste. Kort voor lank het hy 'n kweekskool gestig. Vanuit hierdie kweekskool is sendelinge uitgestuur waarvan een die pad gekruis het met ene Abram van Ur in huidige Irak. Die leringe was so oortuigend dat Abram besluit het om alles te laat en die dampkring eerstehands te ervaar. Abram was nie terleurgestel nie. Abram, as eventuele "clan"-leiersfiguur, het gemotiveerd die lering van 'n/die enkel God help vestig deur ondersteuning op veral materiële gebied. So het die tradisie van die "tiende" ontstaan.

2. Die Hebreeuse leringe van moraliteit, etiek, teologie en die geloof in die supreme Yahweh waar Moses 'n uitsonderlike rol gespeel het.

3. Zoroastrisme wat die konsep van kosmiese goed en kwaad/boosheid ook in Hebreeuse konsepte laat posvat het.

4. Mitraïsme en ander kultusse. Mitras wat volgens oorlewering as verlosser wonderbaarlik gebore is.

5. Die leringe van Jesus van Nasaret.

6. Die persoonlike interpretasies van volgelinge van Jesus. Paulus van Tarsus, Philo van Aleksandrië en Petrus die apostel, moet uitgelig word weens die geweldige invloed van hul nalatenskap.

7. Filosofie van die Grieke en later die Romeine.

Al hierdie invloede het evolusionêr sy merk gemaak en is ons vandag nie ongeskonde nie. Ook moderne kennis is besig om invloed uit te oefen op die vorming van 'n wêreldbeeld.
Meer nog, die finale meesterverhaal gaan nog geskryf word want ons insigte skiet sleg te kort.

Die Filosofie van Lewe hou rekening met:

  1. Die bestaan van God.
  2. 'n Lewenswyse(denke en dade) binne 'n wispelturige en veranderende aarde binne 'n wispelturige kosmos.

Deur na die lering van Jesus van Nasaret te kyk soos verwoord en geïnterpreteer deur Sy aanhangers kan mens veel leer van die Jesus se denke en dade. Maar om krities na Sy aanhangers se interpretasies en menings te kyk en wyer na te vors kom mens tot verbasende insigte, insigte wat 'n nuwe dinamiek verskaf in die soeke na sinvolheid.

God – die een aspek

Veel kan van God gesê word maar helaas ook te min. Die misterie van God, net soos die misterie rondom die ontstaan van, en aard van, die kosmos, die natuur-konstantes en die misterie van materie wat lewe, noop 'n mens om nederig in opinie te wees en te bly.

Daar is altyd 'n evolusionêre neiging in gelowe om veelheid van gode te reduseer tot 'n hoofgod wat 'n enkelstap weg is na monoteïsme. Die meestal onbekende Akenaton, Egiptiese farao, het die enkel-god konsep ingeklee in die simbool van Aton ('n sonsimbool). Paulus het in die omgewing van veelgodedom en -gelowe, aanpassings gemaak EN geslaag om nuwe konsepte te vestig en het so feitlik man alleen die Christendom sy fondament gegee met 'n nuwe aangepaste "Aton", gebaseer op die persoon Jesus van Nasaret. Daarenteen het Akenaton se aanpassing nie die oorgang bewerkstellig nie. Die veelgodedom het deur die invloed van die Egiptiese priesters weer die oorhand gekry. Maar Akenaton het wonderlike geskrifte agtergelaat wat sy insigte weerspieël. Ek glo Akenaton het die invloed van die Melgisedek se leringe ervaar.

Jesus van Nasaret self, het die potensieel vrugbare grond van die bestaande monoteïstiese Jahwidiese aanhangers benut om vergrote insigte te verkondig.

Deur na die leringe van Jesus van Nasaret te kyk kom mens agter dat Jesus die konsep van 'n bloeddorstige, strafgerigte, veeleisende, nasionalistiese Jahweh wou verander (Moses se "Aton"). Die "Aton" van Jesus word geklee o.a. in die kleed van 'n vader van die tipiese aardse huisgesin.

Universaliteit was ook onder andere deel van hierdie "Aton" se waardes. Die gedagte dat God ook God is van ALLE mense kon destyds nie maklik aanvaar word deur die eng Jode nie. Dat God universeel God is vir alle wesens buiten die op aarde is vandag ook moeilik aanvaarbaar. Sodanige konsep van universaliteit plaas druk op die konsep van versoenende plaasvervangende dood/atonement vir aardlinge.

Die vraag bestaan dus na die redelikheid van die doktrine van versoenende dood, in beginsel, vir elke planeet met intelligente lewe, aan die een kant, en die versoenbaarheid met die konsep van 'n vader-God aan die ander kant.
Dit is tyd om dié "Aton" vanuit 'n ander hoek te betrag.

Denke en dade – die ander aspek

Religie is denke en dade wat rekening hou met God/godheid.
Met evolusionêre verandering, met nuwere insigte vanuit die wetenskappe, met gekortwiekte insig oor God is dit net natuurlik dat verandering en aanpassings gemaak moet word waar en wanneer nodig. Tog kan vanuit die weergawes van Jesus se aanhangers 'n redelike prent verkry word van die religie van Jesus. Dit is belangrik om te onderskei tussen die religie VAN Jesus en die religie OOR Jesus soos veral verwoord deur Paulus van Tarsus.

Die religie van Jesus het, bo en behalwe morele en etiese waarde, verkondig die konsep van DIE KONINKRYK VAN GOD/DIE HEMEL. Ook hierdie konsep moes meeding met die Hebreeuse siening van 'n nasionalistiese aardse koninkryk onder die heerskappy van 'n messias op die troon van Dawid. Daar was destyds, en selfs vandag nog, 'n mengsel van verwagtings daaromheen. Daar was o.a. bonatuurlike verwagtinge, selfs die verwagting van 'n glorieryke Joodse heerskappy/oorheersing oor alle mense.

Jesus het gepoog om hierdie en verwante konsepte te vervang met die konsep van die Koninkryk van God/Hemel. Dit is die realisasie en erkenning van God se heerskappy in die harte van mense, alle mense.

En verklaar Jesus, die belangrike aspek is dat die geloofswaarheid van die gewillige onderdaan word vervang met die transformerende geloofswaarheid van kindskap. Meer nog, hierdie evangelie/geloofs-ontdekking wat Jesus kom proklameer het, neem die ontdekker tot hoër insigte. As bevoorregte kind in die Koninkryk van God is die kind nie meer 'n wetsgehoorsame burger nie maar die nuwe sienswyse lig die nastrewer na die verhoogde posisie en status van 'n vrygemaakte/"liberated" burger – vry van tradisies, credos, konsillies, oergeskrifte, belydenisse, hekkies, jukke.

"Verily, verily, I say to you, when the Father's will is your l.a.w., you are hardly in the kingdom. But when the Father's will becomes truly your will, then are you in very truth in the kingdom because the kingdom has thereby become an established experience in you. When God's will is your law, you are noble slave subjects; but when you believe in this new gospel of divine sonship, my Father's will becomes your will, and you are elevated to the high position of the free children of God, liberated sons of the kingdom."

Die soeke na die wil van die Vader-god in die stamperige, wispelturige verloop van elke individu se lewe, vir sy denke en dade, neem daardie individu op 'n nuwe en beter koers.

Dit is waar 'n nuwe spiritualiteit begin, die soektog na die beter weg, volgens die inhoud en voorbeeld van die lewe van Jesus van Nasaret. Daardie waardes, betekenisse, mag die individu dalk net inspireer tot 'n vlak van goddelikheid hier of hiernamaals.

Willie Oosterhuis (skuilnaam)

Sluit by ons aan

Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

Die Dans met God

Die Dans met God

Boek:  Die Dans met God (2015) deur Dr. Abel Pienaar. Die eens onaantasbare dogmas wat aan ons as die absolute waarheid voorgehou was, word nou al hoe meer bevraagteken. Dit beteken egter nie dat wanneer iemand nuut dink oor God en geloof, so 'n persoon nie ook spiritueel is nie. Die teendeel is eerder waar. Die boek is beskikbaar in boekwinkels (R189) en kan ook bestel word by Naledi Uitgewers.

DVD: Saam op soek na God

Saam op soek na God

Gewone mense en bekendes word gevra om oor hulle oortuigings en geloof te praat. Vrae soos: Wie is God vir jou?
Het jy enige bewyse van God se bestaan? Ons het gelowiges tot ateïste, new agers tot wikka hekse gaan vra. Die DVD kos R130 maar vir Sentrum (SES) lede net R110.

Boek: Hier staan ek...

Duisende Afrikaanse mense voel verwyderd van fundamentalistiese sienings van Christenskap en verlaat die tradisionele kerke in hul hordes. Hulle voel dikwels skuldig en alleen en is onder die indruk dat daar iets met hulle fout is. Hulle soek nuwe Afrikaanse gespreksgenote en gemeenskappe waarin hulle hul nuwe spiritualiteit kan uitdruk. Hierdie boek is die resultaat van sodanige gesprekke. Beskikbaar by Griffel of bestel direk by Boekblik.

Jesus van Nasaret

Jesus van Nasaret

Boek:  Jesus van Nasaret (2009) deur Prof. Sakkie Spangenberg. "In Jesus van Nasaret is Spangenberg op sy beste. Hy skryf oor die feilbaarheid van die Skrif en verduidelik uit 'n suiwer historiese oogpunt hoe Israel ontstaan en wie Jesus was." Beskikbaar by Kalahari, Exclusive Books, Protea Boekwinkel, of by die skrywer.

Stuur vir ons 'n brief

Ons stel belang in jou reaksie en kommentaar op enige gegewe artikel en jou denke rondom die soeke na eietydse spiritualiteit. Besoek asb. hierdie bladsy vir meer inligting.

Kopiéreg © spiritualiteit.co.za