.

Die doel en boodskap van Jesus. Insigte vanuit die Urantia Boek1

Deur Johan van Wyk op 1 Februarie 2015

.

Inleiding

Wat is die betekenis van Jesus se lewe as mens? Meeste Christene beskou Jesus as die redder van die mensdom, asook 'n bemiddelaar tussen God en die mens. Daar is egter verskillende sienings in die verklarings van die redding (of saligmaking) wat deur Jesus aan die mens gebied word. Party beskou dit as 'n gawe van God wat ontvang kan word deur geloof in Jesus as oorwinnaar van die dood, nadat hy die mensdom kom wys het hoe om te leef – die tipe lewe wat geleef moet word om die sondige mens met God te versoen en ewige lewe te kan ontvang. 'n Ander meer ekstreme (fundamentalistiese) siening hiervan, is dat redding ontvang word deur geloof in Jesus se bloed wat deur die kruisdood bewerkstellig is, omdat dit as 'n finale skuldoffer aan God dien as betaling vir die straf wat op die res van die mensdom sou neerkom vir hul sondes.

Baie hedendaagse gelowiges en waarheidsoekers sal sekerlik saamstem dat die laasgenoemde doktrine van 'bloedbetaling' nie ooreenstem met die leringe van Jesus oor God nie; en dat dit in effek 'n belediging is vir die oneindige liefde van die Universele Vader vir al Sy geskape seuns en dogters het. God is liefde asook ook ons Vader. Om dan te glo dat Hy ooit sal verwag dat die bloed van een van Sy onskuldige seuns (ons broer) eers vergiet moet word sodat Hy nie die res van sy kinders hoef uit te wis nie, blyk om 'n gruwelike misverstand te wees. Die algemene Christen kan egter nie maklik vir so 'n misverstand verkwalik word nie, want daar is menige Kerke en denominasies wat vandag steeds hierdie doktrine aanhang en dit in hul belydenisskrifte oordra. Dit is immers ook nie moeilik om so 'n interpretasie vanuit die Bybel te bewerkstellig nie.

Die doktrine van bloedversoening het oorsprong in die (moontlik) simboliese taalgebruik van Paulus – wie vanuit die Joodse tradisie afkomstig was waar die toepassing van verskillende sonde- (en ander) offers 'n integrale deel van kultuur en tradisie was. Paulus het vermoedelik die idee van Jesus as die "finale offer" gebruik as 'n tipe sendingwerk strategie tot die volke (Jode, Romeine, Grieke, ens.), wie almal gewoond was aan offeringsisteme, sodat sy boodskap meer sin sou maak en aanklank vind onder die nasies en kulture van daardie tyd. Daarom is daar heelwat kenners van die Nuwe Testament wie meen dat Paulus nie noodwendig die letterlike opvatting van die bloedversoenings doktrine voorgestaan het nie, maar dat hy dit slegs as metafoor gebruik het om in te pas by die verwysingsraamwerke van die samelewing van sy tyd.2

Ofskoon bloedversoening Paulus se letterlike bedoeling was of nie, die primêre doel van Jesus se lewe het waarskynlik nie eers veel te make met geloof in sy lewe en/of kruisdood as middel tot versoening nie. Wat anders kan dit dan wees?

Die beste antwoord hierop kan sekerlik verkry word deur uit te vind en te bepaal wat Jesus sélf verduidelik het (deur middel van sy leringe en optredes) oor die rede van sy lewe as deel van die mensdom. Die meeste Christene (en ander Bybellesers) ken uiteraard reeds die Jesus-verhaal soos weergegee in die Nuwe Testament en baie gelowiges is waarskynlik tevrede met die weergawe(s) van sy lewe en dood soos dit daarin beskryf word. Sommiges het weer heelwat vrae oor sy lewe (bv. oor sy geboorte, sy kinderdae, sy liefdeslewe, sy dood en manier van opstanding, ens.) wat nie deur middel van slegs die lees van die Bybel beantwoord kan word nie. Party mag selfs van tyd tot tyd worstel met hul geloof as gevolg van hierdie gebrek aan sinvolle verklarings.

Daar is sekerlik ook heelwat wie graag meer sou wou uitvind, maar nie noodwendig weet waar om anders as in die Bybel die antwoorde hierop (asook baie ander geloofskwessies) te soek nie. 'n Groot rede hiervoor is dat baie Christene grootgemaak was, en steeds is, met die oortuiging dat die Bybel God se enigste en onfeilbare Woord is en dat die lees van ander bronne geen waardevolle gesag ten opsigte van die mens se saligmaking het nie.

Dié wat egter al besef het dat 'n almagtige en oneindige God se volle Woord nie in een boek (wat millenniums gelede deur feilbare mense saamgestel is) vasgebind kan word nie, vind gelukkig ook addisionele openbaring en geloofsbegeleiding in ander bronne. Hierdie artikel is daarom gemik op daardie tipe mense wat altyd 'n honger na verdere kennisblootstelling het en wil aanhou groei in geloof.

Die inligting wat onder volg is saamgestel uit uittreksels wat vertaal is vanuit die Urantia Boek wat, soos al hoe meer mense glo, ongekende waarde se openbaring bied op die werklike doel en boodskap van Jesus se lewe op ons planeet. Die nommers van die artikels en paragrawe, soos wat dit in die Urantia Boek voorkom, word aan die begin van elke uittreksel aangedui.

Werking van die Seun

As 'n vertrekpunt tot die bepaling van die werklike doel en boodskap van Jesus, is dit nuttig om te verstaan wat die oorhoofse doel van die Ewige Seun teenoor die hele skepping is:

6:3.4: Die bediening van die ewige Seun is gewy aan die openbaring van die God van liefde tot die heelal van heelalle. Hierdie goddelike Seun is nie betrokke in die onedele taak om sy genadige Vader te probeer oorreed om sy nederige wesens lief te hê en om genade te betoon aan die oortreders van die tyd nie. Hoe verkeerd is dit tog nie om te mag dink dat die ewige Seun besig is om 'n beroep op die Universele Vader te doen om genade aan sy nederige wesens op die materiële wêrelde van die ruimte te betoon nie! Sodanige konsepte van God is ru en grotesk. Jy moet eerder besef dat al die barmhartige bedieninge van die Seuns van God 'n direkte openbaring van die Vader se hart van universele liefde en oneindige deernis is. Die Vader se liefde is die ware en ewige bron van die Seun se genade.

Gevolglik wil dit voorkom of Jesus se werking ook op aarde, soos die res van die heelal, grootliks te make het met die openbaring van hierdie vaderlike liefde van God aan die mensdom. Die Urantia Boek beskryf die aard en liefde van die Vader as volg:

2:5,1-5,2: "God is liefde"; dus is sy enigste persoonlike houding teenoor die aangeleenthede van die heelal altyd 'n reaksie van goddelike liefde. Die Vader het ons lief genoeg om sy lewe teenoor ons te bemaak. "Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges." Dit is verkeerd om te dink dat God oortuig kan word tot liefde vir sy kinders as gevolg van die offering van sy seuns of van die intreding van sy ondergeskikte wesens, "want die Vader self is lief vir jou." Dit is in reaksie op hierdie vaderlike liefde wat God die wonderlike Aanpassers3 stuur om in die gedagtes van die mense te woon. God se liefde is universeel; "Wie ookal wil sal kan kom." Hy wil "hê dat alle mense gered word deur in die kennis van die waarheid te tree." Hy "is nie gewillig dat enige moet vergaan nie."

2:6.2: ...Die ou konsep dat God 'n Godheid is wat oorheers word deur koninklike moraliteit is opdateer deur Jesus tot daardie liefdevolle en roerende vlak van intieme familie moraliteit van die ouer-kind verhouding, aangesien daar niks is wat meer teer en mooi in die ervaring van 'n sterflike wese se lewe is nie.

2:6.3: Die "rykdom van die goedheid van God lei dwalende mense tot bekering." "Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van die Vader van die ligte" "God is goed; Hy is die ewige toevlug van die siele van die mense." "Die Here God is genadig en barmhartig. Hy is lankmoedig en volop in goedertierenheid en trou."

2:6.4: Die konsep van God as 'n koning-regter, hoewel dit 'n hoë morele standaard gekoester het en 'n wet-respekterende mensdom as 'n groep geskep het, het die individuele gelowige in 'n hartseer stand van onsekerheid gelaat ten opsigte van sy eie status in tyd en in ewigheid. Die later Hebreeuse profete verkondig God as 'n Vader vir Israel; Jesus het God geopenbaar as die Vader van elke mens. Die hele sterflike konsep van God is transendentaal verlig deur die lewe van Jesus. Onselfsugtigheid is inherent in ouerliefde. God is nie lief soos 'n vader nie, maar as 'n vader. Hy is die Paradys Vader van elke heelal persoonlikheid.

Hierdie Vaderlike liefde van God teenoor Sy geskapenes wat deur Jesus aan die mensdom openbaar is, impliseer die volgende:

186:5.4: Die evangelie van die goeie nuus dat die sterflike mens deur die geloof, gees-bewus kan raak dat hy 'n seun van God is, is nie afhanklik van die dood van Jesus nie. Dit is inderdaad waar dat die hele evangelie van die koninkryk geweldig verlig is deur die Meester se dood; maar selfs meer so deur sy lewe.

186:5.5: Als wat die Seun van die mens op aarde gesê of gedoen het, het grootliks die leerstellings van kindskap van God en die broederskap van mense aangehelp, maar hierdie noodsaaklike verhoudings van God en die mense is inherent in die heelal as feite van God se liefde vir sy wesens en die ingebore genade van die Goddelike Seuns. Hierdie roerende en goddelik pragtige verhoudings tussen die mens en sy Maker, het op hierdie wêreld, asook op al die ander regdeur die heelal van die heelalle, van ewigheid af bestaan; en hulle is geensins afhanklik van die sporadiese skenkings [inkarnasies] van die Skepper Seuns van God, wat sodoende die aard en vorm van hulle geskape intelligente wesens aanneem as 'n deel van die prys wat hulle moet betaal vir die finale verwerwing van onbeperkte soewereiniteit oor hul onderskeie plaaslike heelalle nie.

186:5.7: Jesus is nie ten doel om te sterf as 'n offer vir die sonde nie. Hy gaan nie opmaak vir die ingebore morele skuld van die menslike ras nie. Die mensdom het nie so 'n rasse-skuld voor God nie. Skuld is bloot 'n kwessie van persoonlike sonde en die wetende, doelbewuste verset teen die wil van die Vader en die administrasie van sy Seuns.

2:6.8: God het die sondaar lief, en haat die sonde: so 'n stelling is filosofies waar, maar God is 'n transendente persoonlikheid, en persone kan net ander persone lief hê en haat. Sonde is nie 'n persoon nie. God het die sondaar lief, want hy [die sondaar] is 'n persoonlikheid werklikheid (potensieel ewige); terwyl God geen persoonlike houding teenoor die sonde het nie, want die sonde is nie 'n geestelike werklikheid nie; dit is nie-persoonlik; dus neem net die geregtigheid van God kennis van die bestaan daarvan. Die liefde van God red die sondaar; die wet van God vernietig die sonde. Hierdie houding van die goddelike natuur sou blykbaar verander as die sondaar homself uiteindelik geheel en al geïdentifiseer het met die sonde, net soos dieselfde sterflike verstand ook ten volle self kan identifiseer met die inwonende gees Aanpasser [Vader Fragment]. So 'n sonde-geïdentifiseerde sterflike sou dan geheel ongeestelik raak in aard (en daarom persoonlik onwerklik) en sal die uiteindelike uitwissing van wese ervaar. Onwerklikheid, selfs onvolledigheid van wesens se natuur, kan nie vir ewig in 'n progressiewe werklike en toenemend geestelike heelal bestaan nie.

186:5.9: Die heil van God vir die sterflinge van Urantia [die aarde] sou net so doeltreffend en voorwaar seker gewees het as Jesus nie doodgemaak was deur die wrede hande van onkundige sterflinge nie. As die Meester gunstig deur die sterflinge van die aarde ontvang was en deur die vrywillige afstanddoening van sy lewe in die vlees van Urantia vertrek het, sou die feit van die liefde van God en die genade van die Seun – die feit van kindskap van God – in geen wyse affekteer gewees het nie. Jul sterflinge is die seuns [kinders] van God, en net een ding is nodig om so 'n waarheid feitelik te maak in jou persoonlike ervaring, en dit is jou gees-gebore geloof.

Gevolglik is dit eerder vanuit Jesus se lewe as vanuit sy dood wat ons sy doel en boodskap op aarde beter kan bepaal, en is dit veral ter wille van die mens se begeleiding tot saligmaking, belangriker om eerder te fokus op sy lewe.

Die lewe van Jesus

196:0.14: Jesus se aardse lewe was gewy aan een groot doel – die doen van die Vader se wil, om die menslike lewe godsdienstig en deur geloof te leef. Die geloof van Jesus was vol vertroue, soos dié van 'n kind, maar dit was geheel en al vry van aanname. Hy het sterk en manlik besluite gemaak, dapper veelvoudige teleurstellings in die gesig gestaar, vasberade buitengewone probleme oorkom en onkompromitterend die swaar vereistes van die reg gekonfronteer. Dit vereis 'n sterk wil en 'n onfeilbare vertroue om te glo wat Jesus geglo en soos hy geglo het.

Met hierdie besef in gedagte, is die werklike manier waarop ons die inkarnasie van Jesus wel as 'n 'offer' kan beskou, as volg:

196:0.10: Jesus het, as 'n man van die koninkryk, die grootste van alle aanbiedinge ['offers'] aan God gebring: die wyding en toewyding van sy eie wil tot die majestueuse diens van die doen van die goddelike wil. Jesus het godsdiens altyd en konsekwent geheel geïnterpreteer in terme van die Vader se wil. Wanneer jy die loopbaan van die Meester bestudeer, in terme van gebed of enige ander kenmerk van die godsdienstige lewe, moenie soseer kyk na wat hy geleer het as na wat hy gedoen het nie. Jesus het nooit gebid as 'n godsdienstige plig nie. Vir hom was gebed 'n opregte uitdrukking van geestelike houding, 'n verklaring van siel lojaliteit, 'n uitvoering van persoonlike toewyding, 'n uitdrukking van dankbaarheid, 'n vermyding van emosionele spanning, 'n voorkoming van konflik, 'n verhoging van intellek, 'n veredeling van begeerte, 'n regverdiging van morele besluit, 'n verryking van denke, 'n stimulering van hoër neigings, 'n toewyding van impuls, 'n verduideliking van oogpunt, 'n verklaring van geloof, 'n transendentale oorgawe van die wil, 'n verhewe stelling van vertroue, 'n openbaring van moed, die proklamasie van ontdekking, 'n belydenis van die hoogste toewyding, die validering van toewyding, 'n tegniek vir die aanpassing van probleme, en die magtige mobilisering van die gekombineerde siel magte om alle menslike geneigdheid tot selfsug, bose, en die sonde te weerstaan. Hy het net so 'n lewe van biddende toewyding aan die verrigting van sy Vader se wil geleef en die einde van sy lewe triomfantlik met net so 'n gebed geëindig. Die geheim van sy ongeëwenaarde godsdienstige lewe was hierdie bewustheid van die teenwoordigheid van God; en hy het dit bereik deur intelligente gebed en opregte aanbidding – ononderbroke gemeenskap met God – en nie deur aanvoerings, stemme, visioene, of buitengewone godsdienstige praktyke nie.

196:0.11: In die aardse lewe van Jesus, was godsdiens 'n lewende ervaring, 'n direkte en persoonlike beweging van geestelike eerbied tot praktiese geregtigheid. Die geloof van Jesus het die transendente vrugte van die goddelike gees. Sy geloof was nie onvolwasse en naïef soos dié van 'n kind nie, maar in baie maniere het dit gelyk soos die niksvermoedende vertroue van die kind gedagte. Jesus het God vertrou, baie soos wat 'n kind 'n ouer vertrou. Hy het 'n diepgaande vertroue in die heelal gehad – net soos die vertroue wat 'n kind het in sy ouers se omgewing. Jesus se heelhartige geloof in die fundamentele goedheid van die heelal het baie ooreenkoms met die van 'n kind se vertroue in die veiligheid van sy aardse omgewing. Hy het staatgemaak op die hemelse Vader soos 'n kind leun op sy aardse ouer, en sy vurige geloof het nooit vir een oomblik aan die sekerheid van die hemelse Vader se groot sorg getwyfel nie. Hy was nie ernstig deur vrese, twyfel, en skeptisisme versteur nie. Ongeloof het nie die vrye en oorspronklike uitdrukking van sy lewe inhibeer nie. Hy het die gedetermineerde en intelligente moed van 'n volwasse man met die opregte en vertroue optimisme van 'n gelowige kind gekombineer. Sy geloof het gegroei tot sulke hoogtes van vertroue dat dit sonder vrees was.

196:2.2: Jesus se lewe in die vlees beeld 'n transendente godsdienstige groei uit van die vroeë idees van primitiewe ontsag en menslike eerbied op deur die jare van persoonlike geestelike gemeenskap totdat hy uiteindelik op daardie gevorderde en verhewe status van die bewussyn van sy eenheid met die Vader aangekom het...

196:2.3: Markus, Mattheus, en Lukas behou iets van die beeld van die menslike Jesus soos hy betrokke was in die uitsonderlike stryd om die goddelike wil te bepaal en dit dan te doen. Johannes bied 'n beeld van die triomfantelike Jesus soos hy gewandel het op die aarde in die volle bewussyn van godheid. Die groot fout wat gemaak is deur diegene wat die Meester se lewe bestudeer het, is dat sommige hom geheel as mens ervaar, terwyl ander net van hom dink as goddelik. Dwarsdeur sy hele ervaring was hy werklik beide menslik en goddelik, selfs soos hy nog is.

196:2.4: Maar die grootste fout is begaan in dat, terwyl die menslike Jesus erken is as in besit van 'n godsdiens, die goddelike Jesus (Christus) byna oornag 'n godsdiens geword het. Paulus se Christenskap het seker gemaak van die aanbidding van die goddelike Christus, maar dit het byna geheel en al die sukkelende en dapper menslike Jesus van Galilea uit die oog verloor, wie deur die dapperheid van sy persoonlike godsdienstige geloof en die heldedade van sy inwonende Aanpasser [Vader Fragment], uitgestyg het uit die lae vlakke van die mensdom om een met goddelikheid te word, om sodoende die nuwe en lewende weg te word waarvolgens alle sterflinge so kan opgaan vanaf mensheid tot goddelikheid. Sterflinge in alle fases van spiritualiteit en op alle wêrelde kan in die persoonlike lewe van Jesus, dít vind wat hulle sal versterk en inspireer soos hulle vorder vanaf die laagste geesvlakke tot die hoogste goddelike waardes, van die begin tot die einde van alle persoonlike godsdienstige ervaring.

196:2.5: Teen die tyd van die skryf van die Nuwe Testament, het die skrywers nie net baie diepgaande in die goddelikheid van die opgestane Christus geglo nie, maar hulle het ook toegewyd en opreg geglo in sy onmiddellike terugkeer na die aarde om die hemelse koninkryk te volbring. Hierdie sterk geloof in die Here se spoedige terugkeer het baie te doen met die neiging om daardie verwysings wat die suiwer menslike ervarings eneienskappe van die Meester uitgebeeld het, uit die rekord uit weg te laat. Die hele Christelike beweging het weg geneig van die menslike beeld van Jesus van Nasaret, in die rigting van die verhoging van die opgestane Christus, die verheerlikte en gou-terugkerende Here Jesus Christus.

196:2.6: Jesus het die godsdiens van persoonlike ervaring in die doen van die wil van God en die bediening van die menslike broederskap gestig; Paulus het 'n godsdiens waarin die verheerlikte Jesus die voorwerp van aanbidding geword het gestig, waarvan die broederskap bestaan het uit medegelowiges in die goddelike Christus. In die skenking [inkarnasie] van Jesus was hierdie twee konsepte potensieel in sy Goddelike-menslike lewe, en dit is inderdaad 'n jammerte dat sy volgelinge nie kon regkry om 'n verenigde godsdiens te stig wat behoorlike erkenning sou gegee het aan beide die menslike en die goddelike natuur van die Meester nie, soos wat hulle onlosmaaklik verbind was in sy aardse lewe en so verhewe uiteengesit was in die oorspronklike evangelie van die koninkryk.

196:2.9: Jesus het mense gelei om tuis te voel in die wêreld; hy het hulle verlos vanuit die slawerny van taboe en hulle geleer dat die wêreld nie fundamenteel boos is nie. Hy het nie gesoek om te ontsnap uit sy aardse lewe nie; hy het 'n tegniek bemeester van aanvaarbaar die wil van die Vader doen, terwyl in die vlees. Hy het 'n idealistiese godsdienstige lewe behaal in die midde van 'n realistiese wêreld. Jesus het nie Paulus se pessimistiese siening van die mensdom gedeel nie. Die Meester het mense beskou as kinders van God en 'n pragtige en ewige toekoms voorsien vir diegene wat oorlewing kies. Hy was nie 'n morele skeptisis nie; hy het die mens positief beskou, nie negatief nie. Hy het die meeste mense as swak eerder as boos, en meer verwar as verdorwe beskou. Maar, maak nie saak wat hul status was nie, hulle was almal God se kinders en sy broers [en susters].

196:2.10: Hy het mense geleer om 'n hoë waarde op hulself in die tyd en in die ewigheid te plaas. As gevolg van hierdie hoë agting wat Jesus op die mense geplaas het, was hy bereid om homself in die aanhoudende diens van die mensdom te bring. En dit was hierdie oneindige waarde van die beperkte wat die goue reël 'n belangrike faktor in sy godsdiens gemaak het. Watter sterflike sal kan misluk om opgehef te word deur die buitengewone geloof wat Jesus het in hom het?

Bo en behalwe die bestudering van die uitsonderlike optrede van Jesus, kan die betekenis van sy lewe ook geleer word vanuit die leringe wat hy aan die mensdom gebring het.

Die Boodskap van Jesus

141:4.1: Jesus het baie tyd met die apostels spandeer om hulle te leer oor die nuwe konsep van God; keer op keer het hy teenoor hul duidelik gemaak dat God 'n Vader is, en nie 'n groot en hoë boekhouer wat hoofsaaklik betrokke is in die maak van skadelike inskrywings teen sy dwalende kinders op aarde, of opnames van die sonde en kwaad wat teen hulle gebruik word wanneer hy daarna sit in oordeel oor hulle as die regverdige Regter van die hele skepping nie. Die Jode het vir lank 'n siening van God gehad as 'n koning oor alles, selfs as 'n vader van die nasie, maar nog nooit tevore het 'n groot aantal van sterflike mense die idee gehad van God as 'n liefdevolle Vader van die individu nie.

141:4.2: In antwoord op Thomas se vraag, "Wie is hierdie God van die koninkryk?" het Jesus geantwoord: "God is jou Vader, en godsdiens – my evangelie – is niks meer en niks minder as die gelowige erkenning van die waarheid dat jy sy seun is. En ek is hier onder julle in die vlees om beide van hierdie idees in my lewe en leringe duidelik te maak."

169:4.1: Jesus het altyd moeite gehad om die apostels te probeer verduidelik dat, terwyl hulle die vestiging van die koninkryk van God verkondig, die Vader in die hemel nie 'n koning is nie. Teen die tyd toe Jesus op die aarde in die vlees geleef en geleer het, het die mense van Urantia [aarde] meestal verstaan van konings en keisers in die regerings van die nasies, en die Jode het lank reeds die koms van die koninkryk van God bedink. Vir hierdie en ander redes, het die Meester dit goedgedink om die geestelike broederskap van die mens as die koninkryk van die hemele en die gees hoof van hierdie broederskap as die Vader in die hemel te verduidelik. Nooit het Jesus na sy Vader as 'n koning verwys nie. In sy intieme gesprekke met die apostels het hy altyd na homself verwys as die Seun van die mens en as hul ouer broer. Hy het al sy volgelinge as dienaars van die mensdom en die boodskappers van die evangelie van die koninkryk uitgebeeld.

169:4.2: Jesus het nooit sy apostels 'n sistematiese les oor die persoonlikheid en eienskappe van die Vader in die hemel gegee nie. Hy het nooit die mense gevra om te glo in sy Vader nie; Hy het dit as vanselfsprekend aanvaar dat hulle gedoen het. Jesus het nooit homself verkleineer deur die aanbied van argumente as 'n bewys van die realiteit van die Vader nie. Sy onderrig aangaande die Vader was als gefokus op die verklaring dat hy en die Vader een is; dat hy wat die Seun gesien het die Vader gesien het; dat die Vader, net soos die Seun, alle dinge weet; dat slegs die Seun regtig die Vader ken, asook hy aan wie die Seun Hom openbaar; dat hy wat die Seun ken, ook die Vader ken; en dat die Vader hom in die wêreld gestuur het om hul gesamentlike natuur te openbaar en om hul gesamentlik werk aan te toon. Hy het nooit ander uitsprake oor sy vader gehad nie behalwe vir die vrou van Samaria by die put van Jakob, toe hy verklaar het: "God is gees."

169:4.3: Jy leer oor God vanaf Jesus deur die waarneming van die goddelikheid van sy lewe, nie deur afhanklikheid van sy leerstellings nie. Van die lewe van die Meester kan jul elkeen daardie konsep van God assimileer wat die mate van julle vermoë verteenwoordig om geestelike en goddelike realiteite te kan waarneem, asook werklike en ewige waarhede. Die eindige kan nooit hoop om die Oneindige te verstaan nie, behalwe wanneer die Oneindige fokaliseer word in die tyd-ruimte persoonlikheid van die eindige ervaring van die menslike lewe van Jesus van Nasaret.

169:4.4: Jesus het goed geweet dat God slegs deur die realiteite van ervaring geken kan word; nooit kan hy verstaan word deur die blote leer van die denke nie. Jesus het sy apostels geleer dat terwyl hulle nog nooit ten volle God kon verstaan het nie, kon hulle hom beslis ken, net soos hulle die Seun van die mens geken het. Jy kan God ken, nie deur te verstaan wat Jesus gesê het nie, maar deur te weet wat Jesus was. Jesus was 'n openbaring van God.

169:4.5: Behalwe wanneer hy aangehaal het vanuit die Hebreeuse Geskrifte het Jesus deur slegs twee name na die Godheid verwys: God en Vader. En wanneer die Meester verwys het na sy Vader as God, het hy gewoonlik gebruik gemaak van die Hebreeuse woord wat dui op die meervoud God (die Drie-eenheid) en nie die woord Yahweh, wat vir die progressiewe begrip van die stam God van die Jode gestaan het nie.

169:4.6: Jesus het nooit die Vader 'n koning genoem nie en hy was baie spyt dat die Joodse hoop vir 'n herstelde koninkryk en Johannes se proklamasie van 'n komende koninkryk, dit vir hom nodig gemaak het om sy voorgestelde geestelike broederskap as die koninkryk van die hemele te beskryf. Met die een uitsondering – die verklaring dat "God is gees" – het Jesus nooit na Godheid in enige ander manier verwys as in terme beskrywend van sy eie persoonlike verhouding met die Eerste Bron en Sentrum van die Paradys nie.

169:4.7: Jesus het die woord God gebruik om die idee van die Godheid aan te dui en die woord Vader om die ervaring van die ken van God aan te dui. Wanneer die woord Vader gebruik is om God aan te dui, moet dit in sy grootste moontlike betekenis verstaan word. Die woord God kan nie gedefinieer word nie en staan dus vir die oneindige konsep van die Vader, terwyl die term Vader, wat in staat is van gedeeltelike definisie, gebruik kan word om die menslike konsep van die goddelike Vader te verteenwoordig soos hy in verhouding is met die mens in die verloop van sterflike bestaan.

169:4.8: Vir die Jode, was Elohim die God van gode, terwyl Yahweh die God van Israel was. Jesus het die konsep van Elohim aanvaar en het hierdie hoogste groep wesens [die Drie-eenheid] God genoem. In die plek van die konsep van Yahweh, die volk godheid, het hy die idee van die Vaderskap van God en die wêreld-wye broederskap van die mens ingebring. Hy verhef die Yahweh konsep van 'n heilige volk-Vader tot die idee van 'n Vader van al die kinders van die mensdom, 'n heilige Vader van die individuele gelowige. En Hy het verder geleer dat hierdie God van heelalle en hierdie Vader van alle mense een en dieselfde Paradys Godheid is.

169:4.12: ... nooit het Jesus gesê, "Wie het my gehoor het, het God gehoor nie." Maar hy het gesê, "Hy wat My gesien het, het die Vader gesien." Om Jesus se onderrig te hoor is nie gelyk aan die ken van God nie, maar om Jesus te sien is 'n ervaring wat op sigself 'n openbaring is van die Vader aan die siel. Die God van heelalle regeer die wydverspreide skepping, maar dit is die Vader in die hemel wat sy gees uitstuur om in jou gedagtes te woon.

169:4.13: Jesus is die geestelike lens in menslike gestalte wat die Onsienlike aan die materiële wesens sigbaar maak. Hy is jou ouer broer wie, in die vlees, 'n Wese van oneindige eienskappe, wat die hemelse leërskare nie eens kan aanmatig om ten volle te verstaan nie, aan jou bekend maak. Maar al hierdie dinge moet bestaan in die persoonlike ervaring van die individuele gelowige. God wat gees is, kan slegs geken word as 'n geestelike ervaring. God kan geopenbaar word aan die eindige seuns van die materiële wêrelde, deur die goddelike Seun van die geestelike ryke, slegs as 'n vader. Jy kan die Ewige as 'n Vader ken; jy kan hom aanbid as die God van heelalle, die oneindige Skepper van alle bestaan.

170:2.17: ... die Meester het onderskeidelik 'n nuwe konsep van die dubbele aard van die koninkryk geleer deurdat hy die volgende twee fases uitgebeeld het:

170:2.18: "Eerste. Die koninkryk van God in hierdie wêreld, die hoogste begeerte om die wil van God doen, die onselfsugtige liefde van die mens wat die goeie vrugte lewer van verbeterde etiese en morele gedrag.

170:2.19: "Tweede. Die koninkryk van God in die hemel, die doel van die sterflike gelowiges, die boedel waar die liefde vir God vervolmaak word en waar die wil van God op 'n meer heilige wyse gedoen word."

170:2.20: Jesus het geleer dat, deur die geloof, die gelowige die koninkryk nou binnegaan. Onder die verskillende diskoerse wat hy geleer het, was twee dinge noodsaaklik vir die geloof-ingang in die koninkryk:

170:2.21: 1. Geloof, opregtheid. Om te kom soos 'n klein kindjie, om die skenking van kindskap as 'n geskenk te ontvang; die doen van die Vader se wil te dien sonder bevraagtekening en in die volle vertroue en opregte vertrouenswaardigheid van die Vader se wysheid; in die koninkryk vry van vooroordeel en voorveronderstelling in te kom; om 'n oop gemoed te hê en leerbaar soos 'n onbedorwe kind te wees.

170.2.22: 2. Waarheid honger. Die dors na die geregtigheid, 'n verandering van denke, die verwerwing van die motief om soos God te wees en God te vind.

170:2.23: Jesus het geleer dat sonde nie die gevolg is van 'n gebrekkige aard nie, maar eerder die nakomeling van bewuste denke wat oorheers word deur 'n weerspannige wil. Ten opsigte van die sonde, het hy geleer dat God vergewe het; dat ons so vergifnis persoonlik beskikbaar maak deur die daad van vergifnis aan ons medemens. Wanneer jy jou broer vergewe in die vlees, skep jy daardeur die kapasiteit in jou eie siel vir die ontvangs van die werklikheid van God se vergifnis van jou eie wandade.

170:3.1: Jesus was altyd besig om sy apostels en dissipels te probeer op die hart druk dat hulle deur geloof, 'n geregtigheid moet aanleer wat die geregtigheid oortref van die slaafse werke wat sommige van die skrifgeleerdes en Fariseërs so skynheilig voor die wêreld paradeer het.

170:3.2: Hoewel Jesus geleer het dat geloof, eenvoudige kinderlike geloof, die sleutel is tot die deur van die koninkryk, het hy ook geleer dat, wanneer die deur eers ingegaan is, daar die progressiewe stappe van geregtigheid is wat elke gelowige kind moet klim om te groei tot die volle gestalte van die robuuste seuns [kinders] van God.

170:3.3: Dit is in die oorweging van die tegniek van die ontvangs van God se vergifnis, wat die bereiking van die geregtigheid van die koninkryk geopenbaar word. Geloof is die prys wat jy betaal vir toegang tot die familie van God; maar vergifnis is die daad van God wat jou geloof as die prys van toelating aanvaar. En die ontvangs van die vergifnis van God deur 'n koninkryk gelowige behels 'n definitiewe en werklike ervaring; en bestaan in die volgende vier stappe, die koninkryk stappe van innerlike geregtigheid:

170:3.4: 1. God se vergifnis is eintlik beskikbaar gestel en is persoonlik ervaar deur die mens net so ver soos hy sy medemens vergewe.

170:3.5: 2. Die mens sal nie werklik sy medemens vergewe nie, tensy hy lief is vir hulle soos homself.

170:3.6: 3. Om dus jou naaste lief te hê soos jouself, is die hoogste etiek.

170:3.7: 4. Morele gedrag, ware geregtigheid, word dan die natuurlike gevolg van sodanige liefde.

170:3.8: Dit is dus duidelik dat die ware en innerlike godsdiens van die koninkryk onfeilbaar en toenemend geneig is om homself te manifesteer in praktiese geleenthede van sosiale diens. Jesus het 'n lewende geloof geleer wat sy gelowiges aanspoor om betrokke te raak by die doen van liefdevolle diens. Maar Jesus het nie etiek in die plek van godsdiens geplaas nie. Hy het godsdiens geleer as 'n oorsaak en etiek as 'n resultaat.

170:3.9: Die geregtigheid van enige handeling moet gemeet word deur die motief; die hoogste vorme van goedheid is dus onbewustelik. Jesus was nooit gemoeid met sedes of etiek as sodanig nie. Hy was geheel en al gemoeid met die innerlike en geestelike gemeenskap met God die Vader wat so beslis en direk manifesteer word as uiterlike en liefdevolle diens vir die mens. Hy het geleer dat die godsdiens van die koninkryk 'n ware persoonlike ervaring is wat niemand in homself kan binnehou nie; dat die bewussyn van 'n lid van die familie van gelowiges noodwendig lei tot die beoefening van die handelwyse van familie gedrag, die diens van 'n mens se broers en susters in die poging om die broederskap te verbeter en te vergroot.

170:3.10: Die godsdiens van die koninkryk is persoonlik, individueel; die vrugte, die resultate, is familiaal, sosiaal. Jesus het nooit nagelaat om die heiligheid van die individu te verhef as kontrasterend met die gemeenskap nie. Maar hy het ook erken dat die mens sy karakter ontwikkel deur onbaatsugtige diens; dat hy sy morele natuur ontvou deur liefdevolle verhoudings met sy medemens.

170:3.11: Deur te leer dat die koninkryk binne is, deur die individu te verhef, het Jesus die doodskoot aan die ou samelewing gegee deurdat hy die nuwe bedeling van die ware sosiale geregtigheid ingelui het. Hierdie nuwe orde van die samelewing word nog min deur die wêreld geken, omdat dit geweier het om die beginsels van die evangelie van die koninkryk van die hemel uit te oefen. En wanneer hierdie koninkryk van geestelike voorrang wel op die aarde begin, sal dit nie manifesteer word in blote verbeterde sosiale en materiële omstandighede nie, maar eerder in die glorie van daardie verbeterde en verrykte geestelike waardes wat kenmerkend is van die naderende tydperk van verbeterde menslike verhoudings en die bevordering van geestelike bekwaamhede.

Betekenis vir die mens

Die lewe en leringe van Jesus op aarde hou (onder andere) die volgende betekenisse vir die mens in:

194:2.8: Jesus het 'n lewe geleef van 'n openbaring van die mens onderdanig aan die Vader se wil, nie 'n voorbeeld vir enige mens om letterlik te probeer om te volg nie. Hierdie lewe in die vlees, tesame met sy dood aan die kruis en die daaropvolgende opstanding, het vinnig 'n nuwe evangelie geword van die losprys wat dus betaal was om die mens terug te koop vanuit die greep van die bose een – vanuit die veroordeling van 'n beledigde God. Tog, selfs al het die evangelie grootliks verdraai geword, bly dit 'n feit dat hierdie nuwe boodskap oor Jesus baie van die fundamentele waarhede en leerstellings van sy vroeëre evangelie van die koninkryk, daarmee saamgedra het. En, vroeër of later, sal hierdie versteekte waarhede van die Vaderskap van God en die broederskap van mense na vore kom om effektief die beskawing van die hele mensdom te transformeer.

196:0.13: Jesus vereis nie sy dissipels om in hom te glo nie, maar eerder om met hom te glo, te glo in die werklikheid van die liefde van God en in volle vertroue die veiligheid van die versekering van kindskap met die hemelse Vader te aanvaar. Die Meester wil hê dat al sy volgelinge ten volle sy transendente geloof moet deel. Jesus het baie roerend sy volgelinge uitgedaag om nie net te glo wat hy geglo het nie, maar ook om te glo soos hy geglo het. Dit is die volle betekenis van sy een hoogste vereiste, "Volg my."

196:1.5 Dit moet nie die doel van koninkryk gelowiges wees om letterlik die uiterlike lewe van Jesus na te boots in die vlees nie, maar eerder om sy geloof te deel; om God te vertrou soos hy God vertrou het en in die mens te glo soos hy in die mens geglo het...

196:1.3: Om "Jesus te volg" beteken om persoonlik sy godsdienstige geloof te deel en in die gees van die Meester se lewe van onbaatsugtige diens vir die mens te tree. Een van die belangrikste dinge in die mens se lewe is om uit te vind wat Jesus geglo het, sy ideale te ontdek, en om te streef na die bereiking van sy verhewe lewensdoel. Van alle menslike kennis, is dit wat die grootste waarde het, om die godsdienstige lewe van Jesus te ken en te weet hoe hy dit geleef het.

194:3.1: ... Die Skepper-Seun, in die vlees, het God aan die mens openbaar; die Gees van die Waarheid, in die hart, onthul die Skepper-Seun aan die mense. Wanneer die mens die "vrugte van die Gees" lewer in sy lewe, is hy eenvoudig besig om die eienskappe te wys wat die Meester gemanifesteer het in sy eie aardse lewe. Toe Jesus op die aarde was, het hy het sy lewe as een persoonlikheid geleef – Jesus van Nasaret. As die inwonende gees van die "nuwe raadsman," was die Meester sedert Pinkster in staat om sy lewe opnuut in die ervaring van elke waarheid-geleerde gelowige te leef.

194:3.2: Baie dinge wat in die loop van 'n mens se lewe gebeur is moeilik om te verstaan, moeilik om te versoen met die idee dat hierdie 'n heelal is waarin waarheid heers en waar geregtigheid seëvier. Dit blyk so dikwels dat laster, leuens, oneerlikheid, en onreg – die sonde – die oorhand kry. Triomfeer geloof aan die einde oor die bose, sonde en ongeregtigheid? Dit doen. En die lewe en dood van Jesus is die ewige bewys dat die waarheid van goedheid en die geloof van die gees-geleide wesens altyd geregverdig sal word. Hulle het Jesus uitgetart aan die kruis en gesê: "Kom ons kyk of God sal kom en hom red." Dit het donker gelyk op daardie dag van die kruisiging, maar dit was glansryk helder op die oggend van opstanding; dit was selfs helderder en meer vreugdevol op die dag van Pinkster. Die godsdienste van pessimistiese wanhoop soek om vrylating uit die laste van die lewe te verkry; hulle koester uitwissing in eindelose sluimer en rus. Hierdie is die godsdienste van primitiewe vrees en angs. Die godsdiens van Jesus is 'n nuwe evangelie van geloof wat aan die sukkelende mensdom verkondig word. Hierdie nuwe godsdiens is gegrond op geloof, hoop en liefde.

194:3.3: Teenoor Jesus, het die sterflike lewe sy hardste, wreedste en bitterste houe uitgedeel; en hierdie man het sulke bedieninge van wanhoop ontmoet met geloof, moed, en die onwrikbare vasberadenheid om sy Vader se wil te doen. Jesus het die lewe ervaar in al sy verskriklike werklikheid en dit bemeester – selfs in die dood. Hy het nie godsdiens gebruik as 'n vrylating uit die lewe nie. Die godsdiens van Jesus probeer nie om hierdie lewe te ontsnap, ten einde die wagtende saligheid van 'n ander bestaan te geniet nie. Die godsdiens van Jesus bied die vreugde en vrede van 'n ander en geestelike bestaan, om die lewe wat die mense nou in die vlees het te verbeter en veredel.

194:3.4: As godsdiens 'n opiaat aan die mense is, is dit nie die godsdiens van Jesus nie. Aan die kruis het hy geweier om die verstikkende dwelm te drink, en sy gees, uitgestort op alle vlees, is 'n magtige invloed in die wêreld wat die mens opwaarts lei en hom vorentoe aanspoor. Die geestelike voorwaartse drang is die mees kragtige dryfkrag teenwoordig in hierdie wêreld; die waarheid-lerende gelowige is die een progressiewe en vasberade siel op aarde.

196:2.1: Eendag mag 'n hervorming in die Christelike kerk diep genoeg tref om terug te keer na die suiwer godsdienstige leringe van Jesus, die leidsman en voleinder van ons geloof. Jy mag 'n godsdiens oor Jesus preek, maar noodsaaklikerwys, moet jy die godsdiens van Jesus leef. In die entoesiasme van Pinkster, het Petrus onbedoeld 'n nuwe godsdiens ingehuldig, die godsdiens van die opgestane en verheerlikte Christus. Die apostel Paulus het later hierdie nuwe evangelie in Christenskap omskep, 'n godsdiens beliggaam met sy eie teologiese sienings en die uitbeelding van sy eie persoonlike ervaring met die Jesus van die Damaskus pad.

Die evangelie van die koninkryk is gegrond op die persoonlike godsdienstige ervaring van die Jesus van Galilea; Christenskap is byna uitsluitlik op die persoonlike godsdienstige ervaring van die apostel Paulus gestig. Byna die hele Nuwe Testament word gewy, nie aan die uitbeelding van die beduidende en inspirerende godsdienstige lewe van Jesus nie, maar aan 'n bespreking van Paulus se godsdienstige ervaring en 'n uitbeelding van sy persoonlike godsdienstige oortuigings. Die enigste uitsonderings op hierdie stelling, behalwe van sekere dele van Matteus, Markus en Lukas, is die boek van Hebreërs en die brief van Jakobus. Selfs Petrus, in sy skryfwerk, het net een keer teruggekeer na die persoonlike godsdienstige lewe van sy Meester. Die Nuwe Testament is 'n uitstekende Christelike dokument, maar dit is slegs karig Jesusoniaans.

Die Toekoms

Vir die pad vorentoe, word die volgende oorwegings in die Urantia Boek aangedui:

195:10.1: Christenskap het inderdaad 'n groot diens vir hierdie wêreld gedoen, maar wat nou die meeste nodig is, is Jesus. Die wêreld het nodig om Jesus weer te sien leef op aarde in die ervaring van die gees-gebore sterflinge wat effektief die Meester aan alle mense openbaar. Dit is nutteloos om te praat oor 'n herlewing van die primitiewe Christendom; jy moet vorentoe gaan van waar jy jouself bevind. Moderne kultuur moet geestelik gedoop raak met 'n nuwe openbaring van Jesus se lewe en verlig word met 'n nuwe begrip van sy evangelie van die ewige lewe. En wanneer Jesus dus so opgehef word, sal hy alle mense na homself trek. Jesus se dissipels moet meer as oorwinnaars wees, en selfs oorlopende bronne van inspirasie en verbeterde lewe aan alle mense wees. Geloof is slegs 'n verhewe humanisme, totdat dit goddelik gemaak word deur die ontdekking van die realiteit van die teenwoordigheid van God in 'n persoonlike ervaring.

195:10.2: Die skoonheid en verhewenheid, die menslikheid en goddelikheid, die eenvoud en uniekheid van Jesus se lewe op aarde bied so 'n treffende en aantreklike prentjie van die mens-redding en God-onthulling, dat die teoloë en filosowe van alle tye effektiewelik weerhou moet wees om te durf om belydenisskrifte te vorm of om teologiese stelsels van geestelike slawerny te skep, vanuit so 'n transendentale skenking van God in die vorm van 'n mens. In Jesus, het die heelal 'n sterflike man produseer in wie die gees van die liefde oor die materieel gestremdhede van tyd geseëvier en die feit van fisiese oorsprong oorwin het.

195:10.8: ... die Christelike gemeentes van die twintigste eeu staan as groot, maar geheel en al onbewuste, struikelblokke tot die onmiddellike opmars van die werklike evangelie – die leringe van Jesus van Nasaret.

195:10.9: Baie ernstige persone wat graag lojaliteit sou oplewer aan die Christus van die evangelie, vind dit baie moeilik om entoesiasties 'n kerk te ondersteun wat so min van die gees van sy lewe en leringe uitstal, en wat so verkeerdelik verkondig dat dit deur hom gestig is. Jesus het nie die sogenaamde Christelike kerk gestig nie, maar hy het in elke wyse in ooreenstemming met sy natuur, dit gekoester as die beste bestaande verteenwoordiger van sy lewenswerke op die aarde.

195:10.10: As die Christelike kerk net sal waag om die Meester se program aan te neem, sal duisende skynbaar ongeërgde jeugdiges na vore haas om aan te sluit in so 'n geestelike onderneming, en hulle sal nie skroom om al die pad aan te gaan met hierdie groot avontuur nie.

195:10.11: Christenskap word ernstig gekonfronteer met die verdoemenis wat in een van sy eie slagspreuke bevat word: "'n Huis wat teen homself verdeeld is, kan nie bly staan nie." Die nie-Christelike wêreld sal nie sommer wil kapituleer tot 'n sekte-verdeelde Christendom nie. Die lewende Jesus is die enigste hoop op 'n moontlike eenwording van die Christendom. Die ware kerk – die Jesus broederskap – is onsigbaar, geestelik, en word gekenmerk deur eenheid, nie noodwendig deur eenvormigheid nie. Eenvormigheid is die oormerk van die fisiese wêreld van meganistiese aard. Geestelike eenheid is die vrug van die geloof vereniging met die lewende Jesus. Die sigbare kerk moet weier om langer die vordering van die onsigbare en geestelike broederskap van die koninkryk van God te vertraag. En hierdie broederskap is bestem om 'n lewende organisme te word in teenstelling met 'n geïnstitusionaliseerde sosiale organisasie. Dit mag ook gebruik maak van sulke maatskaplike organisasies, maar dit moet nie deur hulle verdring word nie.

195:10.12: Maar die Christelike geloof van selfs die twintigste eeu moet nie verag word nie. Dit is die produk van die gekombineerde morele genie van die God-bewuste mense van baie volke oor baie eeue, en dit was waarlik een van die grootste magte vir die goeie op aarde, en daarom moet niemand dit lig ag nie, ondanks sy inherente en aangeleerde defekte. Christenskap poog steeds om die gedagtes van die reflektiewe mens met magtige morele emosies te raak.

195:10.16: Die groot hoop van Urantia lê in die moontlikheid van 'n nuwe openbaring van Jesus met 'n nuwe en vergrote voorstelling van sy reddende boodskap, wat geestelik sal verenig in liefdevolle diens van die talle families van sy hedendaagse belydende volgelinge.

Die uittreksels van hierdie artikel verteenwoordig slegs 'n baie klein persentasie van die waardevolle openbaring en kennis oor Jesus se lewe en leringe (insluitend sy kinderdae, toere en preke), asook ander inligting oor God, die engele en ander wesens, die heelal en die administrasie daarvan, die geskiedenis van die aarde, evolusie van die mens insluitend die koms van Adam en Eva, die rebellie in die 'hemel', ens. wat in die Urantia Boek aangebied word. Die Urantia Boek kan gratis gelees of afgelaai word van die Internet by hierdie skakel.

Voetnotas

1. Die Urantia Boek, die eerste keer gepubliseer deur Urantia Stigting in 1955, beweer om aangebied te wees deur hemelse wesens as 'n openbaring aan ons planeet, Urantia. Die artikels in Die Urantia Boek verskaf inligting oor die ontstaan, geskiedenis en die lot van die mensdom, asook oor ons verhouding met God die Vader. Hul bied ook 'n unieke en gebiedende uitbeelding van die lewe en leringe van Jesus. Hul open nuwe verklarings oor tyd en ewigheid tot die menslike gees, en bied nuwe besonderhede van ons opwaarts-stygende avontuur in 'n vriendelike en sorgvuldig geadministreerde heelal. Die Urantia Boek bied 'n duidelike en bondige integrasie van die wetenskap, filosofie en godsdiens. Diegene wat dit lees en bestudeer glo dat die Urantia Boek die vermoë het om 'n betekenisvolle bydrae tot die godsdienstige en filosofiese denke van mensdom wêreldwyd te maak. Meer hier.
2. Rev. Dr. Meredith J. Sprunger. An Introduction to The Urantia Book for Conservative Christians. Sien hierdie skakel.
3. Gedagte Aanpassers – is fragmente van die Vader wat in die mens se denke kom woon om die mens te inspireer tot heiligheid. Die mens is dus letterlik 'n 'tempel van God.'

Johan van Wyk
E-pos:

.

Sluit by ons aan

Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

Dr. Piet Muller: Die Evangelie van Thomas

Die Evangelie van Thomas - met verklarende aantekeninge

Dr. Piet Muller se groot werk, Die Evangelie van Thomas – met verklarende aantekeninge nou op SES in PDF formaat (1.3 MB) of Kindle weergawe (0.5 MB).

Die Dans met God

Die Dans met God

Boek:  Die Dans met God (2015) deur Dr. Abel Pienaar. Die eens onaantasbare dogmas wat aan ons as die absolute waarheid voorgehou was, word nou al hoe meer bevraagteken. Dit beteken egter nie dat wanneer iemand nuut dink oor God en geloof, so 'n persoon nie ook spiritueel is nie. Die teendeel is eerder waar. Die boek is beskikbaar in boekwinkels (R189) en kan ook bestel word by Naledi Uitgewers.

DVD: Saam op soek na God

Saam op soek na God

Gewone mense en bekendes word gevra om oor hulle oortuigings en geloof te praat. Vrae soos: Wie is God vir jou?
Het jy enige bewyse van God se bestaan? Ons het gelowiges tot ateïste, new agers tot wikka hekse gaan vra. Die DVD kos R130 maar vir Sentrum (SES) lede net R110.

Boek: Hier staan ek...

Duisende Afrikaanse mense voel verwyderd van fundamentalistiese sienings van Christenskap en verlaat die tradisionele kerke in hul hordes. Hulle voel dikwels skuldig en alleen en is onder die indruk dat daar iets met hulle fout is. Hulle soek nuwe Afrikaanse gespreksgenote en gemeenskappe waarin hulle hul nuwe spiritualiteit kan uitdruk. Hierdie boek is die resultaat van sodanige gesprekke. Beskikbaar by Griffel of bestel direk by Boekblik.

Jesus van Nasaret

Jesus van Nasaret

Boek:  Jesus van Nasaret (2009) deur Prof. Sakkie Spangenberg. "In Jesus van Nasaret is Spangenberg op sy beste. Hy skryf oor die feilbaarheid van die Skrif en verduidelik uit 'n suiwer historiese oogpunt hoe Israel ontstaan en wie Jesus was." Beskikbaar by Kalahari, Exclusive Books, Protea Boekwinkel, of by die skrywer.

Stuur vir ons 'n brief

Ons stel belang in jou reaksie en kommentaar op enige gegewe artikel en jou denke rondom die soeke na eietydse spiritualiteit. Besoek asb. hierdie bladsy vir meer inligting.

.

Kopiéreg © spiritualiteit.co.za

.