.

Is godsdiens vandag nog relevant?

Deur Prof. Neels Moolman op 1 Oktober 2012

Het ons nog godsdiens nodig of het dit sy doel gedien? My persoonlike antwoord op hierdie vraag is 'n besliste NEE. Ek dink nie godsdiens is meer nodig nie. Dit het sy doel gedien gedurende 'n tyd toe daar geen ander verklarings was, of nodig was vir oorlewing nie. Kom ons dink hieroor. Stel jouself 'n wêreld sonder wetenskap voor, sonder enige kennis van Sielkunde. Biologie en Astronomie om maar 'n paar te noem. 'n Wêreld waar daar geen kennis bestaan het oor siektes, kieme, medisyne en mediese prosedure nie. 'n Wêreld waarin jy kon sterf van 'n gewone verkoue; 'n wêreld waar natuurlike gebeure vreesaanjaend en onverklaarbaar was vir 'n spesie wat wou verstaan. 'n Wêreld sonder kennis van aardbewings, weerpatrone, vulkane, orkane, tornados, aardbewings en vloede ens. 'n Wêreld van onkunde. Stel jou voor die vrees wat jy moes beleef as die aarde oopskeur voor jou voete, of 'n massa water wat deur die stad spoel sonder genade. Miskien ondervind jy dit nie eerstehands nie maar die storie loop en word oor en oor vertel en gedramatiseer met die waarskuwing dat dit ook met jou kan gebeur. Neem jou seun of dogter met wie jy 'n spesiale band het en vir wie jy baie lief is en vir wie jy geen steen onaangeroerd sal laat om hulle te beskerm nie. Dink aan die vrees in hul oë en die greep van hul hande as hulle vreesagtig aan jou vasklou, na jou opkyk vir leiding maar jy is nie in staat om dit vir hulle te gee nie. Hoe sal ons hierdie gebeure aan hulle verduidelik sonder enige vermoë tot ondersoek? Hoe sal ons die betekenis hiervan ontsyfer?

Mense glo blykbaar soms dat die stigters van gelowe goed geskoolde mense was. Sterk verligte mense wat 'n vreemde nabye ondervinding met 'n bo-normale wese gehad het met geen geslote agenda van hulle eie nie. As so iets vandag sou voorkom sou ons sê die persoon is "getik" of het 'n fout begaan. Dink net aan die kultusse wat vandag bestaan en die indrukwekkende persone wat hulle in hierdie lokvalle laat vang. Hulle koop dit heelhartiglik en sal hulle lewens gee om dit te verdedig en al hulle geld om dit te bevorder. Ons praat nie hier van antieke stamme of onopgevoede gemeenskappe nie. Hierdie is 20ste eeuse denkers wat deeglik bewus is van hul omgewing en die oorsake van natuurlike gebeure. Desnieteenstaande alles wat ons vandag weet is daar steeds mense wat vou en buig voor enige persoon wat aanspraak maak op die besit van heilige outoriteit. Hoeveel te meer sou dit nie gebeur het in die wêreld soos beskryf in die vorige paragraaf nie. Dis te maklik en het heeltemal te ver gegaan om dit aan God toe te skryf sonder enige bewyse. Hierdie is die werk van 'n wese wat nie baie gelukkig met ons is nie.

Deur die eeue het elke beskawing verkondig dat God(e) werklikheid is. Die Sumeriërs is die eerste beskawing en daar bestaan geen twyfel waar die drie Abrahamitiese gelowe die meeste van hul stories vandaan kry nie. Tot en met Judaïsme was Politeïsme baie populêr. Meer as een god het gewoonlik 'n enkele natuurverskynsel gedomineer. Byvoorbeeld An was 'n god van die lug, Uta was 'n god van die son. Nanna was 'n god van die maan. Hulle het werklik geglo dat hulle aan die genade van hierdie gode oorgelewer was afhangende van watter katastrofe plaasvind, dis die god wat jy kwaad gemaak het. Dit is hoe ons begin het om die natuur te verklaar en dis waar godsdiens sy oorsprong het, maar toe kom die nuwe Ou Testament te voorskyn. Die Ou Testament was die promoveerder van monoteïsme. Dink daaroor as 'n magstryd, jy het reeds al hierdie gode wat mense aanbid tesame met hierdie figure wat aanspraak maak op direkte konneksies soos priesters, shamans ens. Onthou dat op daardie stadium was die idee van gode 'n realiteit soos enigiets anders, sonder wetenskap was daar geen alternatiewe verklarings nie. Hoe kry jy dit reg dat mens jou en jou alleen vereer? Hier is 'n gedagte. In plaas van een god per misterie, kom ons sê daar is net een god wat alles verklaar. Hier is die slenter. Neem al die stories wat oorgedra is, verander die rolspelers, gooi 'n klompie staaltjies in van jou god, domineer almal wat dit opponeer, plant jou god in die harte van die oningeligtes en bewys jy besit Moses se hele veldtog. Hy het sy nuut gevonde god gebruik om sy weermag te inspireer om die Medianiete te verwoes (Numeri 31:7-18) en voer oorlog teen almal wat nie in SY god glo nie, nogal 'n wrede storie. 'n Mens behoort daaraan te dink waarom God homself nie net aan almal geopenbaar het nie en sodoende 'n bloedbad afgeweer het. Vandag sou ons dit 'n kultus noem, maar in daardie tyd toe die wêreld nog 'n onverklaarbare vreesagtige plek was, was dit heeltemal aanvaarbaar want god was werklik en skrikwekkend.

Godsdiens floreer op vrees. Die feit dat niemand die hemel akkuraat kan beskryf nie, maar dat almal die hel met sekerheid kan beskryf, bewys dat vrees 'n noodsaaklikheid is vir die vooruitgang van godsdiens terwyl die rede godsdiens se grootste vyand is. Niemand mag dink nie, net aanvaar. Ons het reeds afstand gedoen van baie godsdienste want ons maak nie meer ongelowiges dood nie en offer ook nie meer diere nie. Dit word vandag deur enige opgevoede persoon as 'n misdaad beskou. Ons weet vandag wat veroorsaak natuurrampe en in sommige gevalle kan ons dit voorspel en voorberei daarop. Alchemie is vervang met chemie en astrologie met kosmologie. Ons het baie meer geleer as ons voorouers. Die feit dat jy nooit sal hoor van 'n astrologie klas op skool en intelligente ontwerp wat aangebied word as 'n teorie afsonderlik van evolusie nie, bewys dat daar geen ruimte bestaan vir mistieke magiese onlogika in die rationale denke nie.

Waarvandaan het ons die kennis gekry? Waar het ons geleer dat die moord op ongelowiges en die offer van diere nie aanvaarbaar is nie? Dis beslis nie geloof nie, en dit kan bewys word. Ons finale vrees is die dood. Die een ding wat ons nie met sekerheid kan beskryf nie, is wat gebeur na die dood? Daar bestaan geen predikant, rabbi, priester of biskop wat hierop met sekerheid kan antwoord nie. Hulle maak daarop aanspraak dat hulle weet en kan soos in antieke tye massas mense beheer met vrees. Niemand het nog ooit gesterf en weer teruggekom nie. As iemand beweer dat die Bybel die wederopstanding van nie net Jesus nie, maar van al die dooies verkondig, dan is my vraag net waarom het iemand nog nie in detail probeer verduidelik wat hulle gesien of gehoor het terwyl hulle dood was nie?

Prof. Neels Moolman
Department of Criminology & Criminal Justice
University of Limpopo

.

Sluit by ons aan

Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

Dr. Piet Muller: Die Evangelie van Thomas

Die Evangelie van Thomas - met verklarende aantekeninge

Dr. Piet Muller se groot werk, Die Evangelie van Thomas – met verklarende aantekeninge nou op SES in PDF formaat (1.3 MB) of Kindle weergawe (0.5 MB).

Die Dans met God

Die Dans met God

Boek:  Die Dans met God (2015) deur Dr. Abel Pienaar. Die eens onaantasbare dogmas wat aan ons as die absolute waarheid voorgehou was, word nou al hoe meer bevraagteken. Dit beteken egter nie dat wanneer iemand nuut dink oor God en geloof, so 'n persoon nie ook spiritueel is nie. Die teendeel is eerder waar. Die boek is beskikbaar in boekwinkels (R189) en kan ook bestel word by Naledi Uitgewers.

DVD: Saam op soek na God

Saam op soek na God

Gewone mense en bekendes word gevra om oor hulle oortuigings en geloof te praat. Vrae soos: Wie is God vir jou?
Het jy enige bewyse van God se bestaan? Ons het gelowiges tot ateïste, new agers tot wikka hekse gaan vra. Die DVD kos R130 maar vir Sentrum (SES) lede net R110.

Stuur vir ons 'n brief

Ons stel belang in jou reaksie en kommentaar op enige gegewe artikel en jou denke rondom die soeke na eietydse spiritualiteit. Besoek asb. hierdie bladsy vir meer inligting.

.

Kopiéreg © spiritualiteit.co.za

.