.

Hoe seker is jy van jou saak?

Deur Willie Booyens op 1 Junie 2014

.

Die mensdom het 'n onversadigbare dors na verklaring van die werkinge van die kosmos en sy inhoud. Dit is nodig om die mens se diepe begeerte om sin en betekenis te verkry, te vervul.
Daarmee saam bestaan 'n aversie, selfs 'n veragting in vals en onware verklarings van realiteit wat die vorming van sy/haar wêreldbeeld mag skeeftrek.

Die algemene aanvaarde wêreldbeeld/e het dramatiese verandering ondergaan binne kwessie van 300 jaar danksy fenomenale getuienis van die wetenskappe. Die enorme invloed van moderne wetenskaplike bevindinge op die mens se soeke na sin en betekenis kan nie onderskat word nie. Steeds bly seker dié mees brandende vraag onbeantwoord: Hoekom is daar iets en nie net niks nie?
Ook hierdie artikel sal ongetwyfeld hieroor 'n antwoord verskuldig wees.
Maar die doelwit van hierdie skrywe is om aspekte aan te roer wat 'n verskil kan maak.
'n Finale volledige wêreldbeeld bly ontwykend en daarom is daar ruimte vir gesprek.
Elke mens ontwikkel, in sy soeke na sin, 'n unieke prent van die wêreld en hoe sy/hy daarin inpas. Elkeen se wêreldbeeld word evolusionêr geslyp en gevorm op 'n uiters unieke wyse soos elkeen uit verworwe kennis en -ervaring put.
Die proses van ontdekking van die natuur, bleik egter te wees soos die van ui se afskilproses – laag vir laag se afskil ontbloot net weer 'n volgende laag. En elke laag wat die wetenskap "afskil" bied 'n nuwe uitdaging aan menslike vermoë om sin te maak. Die finale laag bly egter ontwykend te wees. Dit beteken dat die fundamentele "iets," waaruit alles ontvou, nie gevind kan word met huidige tegnieke en kennis nie.

Die Jode was gemaklik en seker in hul denke van die 'n uitverkore volk of minstens die van 'n baie spesiale volk verbind aan JHWH in die tydperk pre-Babiloniese ballingskap. Dit het sin gemaak totdat die oorwinning van die Babiloniërs hul platform van sekerheid in flarde geruk het. Die gevolglike druk wat die oorwinnaars se godsdiens en filosofieë geplaas het op die van die Jode, het bepaald twyfel onder die Joodse-volk geskep.

Die oplossing van die Joodse elite vir hierdie dilemma was om teenvoeters vir die Babiloniese wêreldbeeld te skep. Talle volksverhale is kunstig op skrif gestel. Verskeie doelstellings moes bereik word.
Met Genesis Een was die doelstelling om die Joodse skeppingsverhale kunstig in 'n belydenis te omskep van Joodse denke as teenvoeter vir die sterk aansprake van die oorwinnaars-Babiloniese skeppings-mites. Hierdie poging moes o.a. die identiteit en geloof van JHWH aanhangers versterk.

In ons moderne Post Verligting-era berus die moderne filosofiese geskil nie meer oor 'n keuse tussen opponerende gode-filosofieë nie maar berus dit breedweg in keuses tussen die filosofieë van teïsme (in die breedste interpretasie) en ateïsme.

In hierdie artikel word vier temas gekies om verskille tussen die filosofieë van teïsme en ateïsme te beskou:

  1. Die bron (waaruit die kosmos/se sy ontstaan te danke het).
  2. Die bestaan van materiële "stuff" alleenlik, al dan nie.
  3. Die uniekheid, al dan nie, van die kosmos.
  4. Doelloosheid, al dan nie, van die kosmos.

Die filosofie van fisikalisme, wat nou saamhang met naturalisme (studie van die natuur), spreek die oortuiging uit dat alles wat daar is, is fisies van aard. Daarom is daar geen plek vir "stuff" wat nie-fisies / buitenatuurlik van aard is nie. Dit is 'n baie sterk standpunt wat geen kompromie duld nie. Gewoonlik word hierdie interpretasie soos 'n swaard gebruik om alternatiewe beskouings kop af te kap.
Daaromheen word filosofiese beginsels gebou waar ateïsme, volgens navorsing, die grootste aanhang onder wetenskaplikes geniet.

Tog is daar 'n sagter standpunt en word dit as volg verwoord:
"Physics does not claim that 'nonphysical' things cannot exist. Physics claims that 'nonphysical' things are not part of the model of the universe that we use." En hierin lê die belangrike aspek van kompromie om sinvolle realiteit te probeer beskryf.

Aanhangers van teïsme word hoofsaak gelei deur oortuiging verkry vanuit interpretasie van sg. heilige geskrifte en persoonlike ervaring. Teïste is oortuig van 'n model van die heelal wat fisiese en non-fisiese "stuff" insluit.
Dus word twee modelle vergelyk-een met net appels en een met appels en pere. Is kompromie moontlik? Waar lê die waarheid?

1.  Die bron van alles

Die oorgrote meerderheid wetenskaplikes is oortuig daarvan dat die bekende kosmos, ook genoem die tyd-ruimte bestel, 'n begin gehad het sowat 14 duisend miljoen jaar gelede in/met 'n proses genoem die Oerknal. Die idée van "'n begin" was toendertyd vir ateïstiese aanhangers uiters teleurstellend en negatief terwyl die pous sy ingenomendheid laat bleik het daarmee toe die teorie van die oerknal gepostuleer is.
Met moderne insigte begin stemme opgaan wat argumenteer dat dit redelik is dat ons tyd-ruimte bestel tog vanuit 'n (tydlose) "moeder" bestel ontvou het.
Die oerknal was streng gesproke dus nie die "begin" nie, maar het "kort op die hakke" gevolg van 'n misterieuse proses wat vanuit 'n misterieuse bestel die proses genaamd die oerknal, ingelui het. Die misterie is groot want die algemene wetenskaplike "tools", soos veral die van wiskundige beskrywing, is onbruikbaar om hierdie moontlike misterieuse "moederbestel" te beskryf.

Die pre-oerknal-bestel toon eienskappe wat aanduidend is dat dit nie-fisies van aard mag wees. (Soos bv. ook alle energie wat in golfvorm voorkom en kleiner/korter golflengte as wat genoem word die Planck-lengte het.)

Enige spekulasie oor hierdie "moederbestel" is en bly presies dit – spekulasie met huidige kennis as grondslag. En dit kortwiek die mensdom se vermoë om op die tradisionele wetenskaplike manier die volle prent van realiteit te skets die sg. finale teorie van alles. Die finale teorie moet voldoen aan streng vereistes en behoort te verklaar waarom is daar iets en nie net niks nie.

'n Finale teorie is 'n teorie wat insluit 'n voldonge feit, 'n "is net", die finale bron, die oorsprong van alles, die finale skil van die ui. ('n Voldonge feit / "brute fact" beteken 'n onverklaarbaarheid vir dit wat net aanvaar moet word d.w.s. dit "IS NET." Sonder 'n voldonge feit/bron eindig die soektog na 'n verklaring van alles nooit nie.)

In die filosofie van fisikalisme en naturalisme alleen bestaan 'n landskap van voorstelle wat betref die oorsprong van alles. 'n Voorstel wat redelik populêr is, is dat die van die "Niks" van ruimte die vakuum (dit wat oorbly nadat alles moontlik uit bv. 'n geslote houer verwyder is) die energie verskaf om fisikaliteit voort te bring. Die afleiding wat mens kan maak is dat die "niks" van ruimte as 'n voldonge feit voorgehou word.
Eenvoudig gestel, die natuur, sonder enige bemiddeling, vanuit sy aard en potensiaal, vanuit die niks van die vakuum, die bron, per uiters spesiale omstandighede, verskaf die energie om kosmosse skep. Dit impliseer, dat binne die vakuum, die potensiaal opgesluit is waaruit 'n "oneindige" aantal kosmosse geskep kan word, elk dalk met eiesoortige wetmatighede, selfs dalk die een waarin elke leser 'n replika van hom/haarself kan vind.
Daarenteen is die teïs oortuig dat die bron van alles 'n entiteit wat as IS NET bestempel word, wat hy/sy God noem, (wat egter die bron van die "niks" van ruimte is), wat bewussyn en besluitneming besit.

In beginsel, volgens hierdie benadering, verskil die teïs en die ateïs slegs daarin dat elk oortuig van 'n entiteit, 'n IS NET, waarin enorme potensiaal opgesluit is, OF bewustelik met besluitneming (teïsties) OF natuurlik sonder 'n bewussyn (naturalisme), die energie skenk om kosmos/se tot stand te bring.

2.  Is realiteit net beskryfbaar met materiële "stuff"?

Ateïste vereenselwig gemaklik met die standpunt dat realiteit net bestaan uit materiële "stuff"/ fisikalisme en dat buiten die waarneembare fisiese, niks geag te bestaan nie (naturalisme/fisikalisme).
Ondersteuning vir hierdie standpunt word verkry deur waarneming van die natuur, toetsing en evaluering van resultate, die sg. wetenskaplike metode.

Daarteenoor neem teïste standpunt in van realiteit bestaande uit fisikaliteit EN non-fisikaliteit. Anders gestel, die aanvaarding van bo/buite-natuurlikes. Die aanvaarding van die bestaan van onwaarneembares en ontoetsbaarheid daarvan is 'n standpunt genaamd geloof. Teïste vind ondersteuning in hul oortuiging deur uiters persoonlike unieke ervaring/s en die unieke ervarings van ander persone soos verwoord in antieke sg. heilige geskrifte.
Tog vind teïste ook ondersteuning vanuit die wetenskap.

Die wetenskaplike metode het ongelooflike resultate opgelewer. Die resultate het ook sy kwota misteries opgelewer waarvan die mees onlangse die van die postulering van eksotiese energie en -materie wat, so word gepostuleer, sowat 95% van die kosmos se energie uitmaak. (Die term eksoties beteken eintlik dat ons min tot niks van die "stuff" weet nie.)
Vir sommige hardnekkige naturaliste is die postulering van die bestaan van onwaarneembare onidentifiseerbare eksotiese "stuff" bv. "donker energie" moeilik aanvaarbaar. Vir hardnekkige naturaliste smaak dit te veel na geloof/scientisme. Opsommend, die bekende wêreld word gebou op kennis van sowat 5% van die natuur se energie. Selfs erger, die energie inhoud van die "niks" van ruimte lewer volgens teoretiese berekening 'n onhoudbare oneindigende syfer energie op. 'n Yslike dilemma vir die verstaan van realiteit.

Van die ouer misteries is die waarneming van "non locality." Meer as 60 jaar al 'spook' wetenskaplikes om die verstaanbare (sic), waarneembare "local" wêreld te versoen met voodoo-agtige realiteit wat as "non-local" bestempel word.
Non-lokaliteit, in kort, is aktiwiteite op mikro/kwantumvlak wat NIE die tipiese effekte wat afstand teweeg bring, volg nie. Sommige kwantum partikels reageer asof afstand glad nie bestaan nie. Stel jou voor dat jou bestel soomloos saam bestaan met 'n bestel waar hier of daar of die einde van die verste sonnestelsel geen verskil maak nie. So asof afstand/verwydering nie bestaan nie. En dit "boggles the mind" aldus Brian Greene (Kosmoloog-fisikus)

Die dilemmas is aanduidend van gebrek aan kennis en gebrekkige vermoë om die groter prent van realiteit volledig aan te dui. Meer nog, moderne teorieë en data-interpretasie neem die natuurwetenskap na moontlike onbekende fisika. Met die bekendstelling van die interpretasie van die data van Planck-satelliet se waarnemings in Maart 2013 is die "anomalieë" in die huidige verstaan van die kosmiese prent uitgewys. Geen verklaring kan huidig vir die anomalie gegee word nie. Die situasie is opgesom deur Prof. Efstathiou 'n lid van die Planck-span "... dit is opwindend want dit open die moontlikheid van die konstruksie van 'n nuwe model en moontlik 'n nuwe tipe van fisika."
Asof profeties word Efstathiou se opmerking gesteun met die ontdekking van die Amplituhedron laat 2013. Nuwe horisonne vir die verstaan van realiteit word in die vooruitsig gestel met hierdie wiskundige "gereedskapstuk". Pilare waarop die huidige wetenskaplike model gebou is wankel as die aansprake wat die amplituhedron te weeg bring die waarheid is. Selfs die fundamentele aard van tyd-ruimte mag wyk vir iets meer fundamenteel en daarmee saam die drie-dimensionele aard en aspek van lokaliteit (Sien lokaliteit en non-lokaliteit) wat daarmee saamgaan. Dit beteken dat dimensionele aspek van die beskrywing van realiteit dalk net die mens se illusie beskryf a.g.v. sy beperkte waarnemingsvermoë.

'n Moontlikheid van 'n "nuwe" aspek van fisika op die horison?
Tyd sal leer.

3.  Uniekheid van die kosmos

Ons persepsie dui aan dat ons binne 'n enkele kosmos bestaan. Tog bestaan onsekerheid daaroor want geen grens of einde van die kosmos kon nog waargeneem word nie en daarom ook geen ander kosmos nie. Kan ons uniekheid opeis?

Wetenskaplikes kan sommer ongemak aanvoel met 'n standpunt van 'n enkele UNIEKE kosmos of enkele unieke kosmosse.
'n Standpunt van unieke kosmos se onstaan/bestaan laat die vraag: Hoekom net een of selfs 'n beperkte aantal kosmosse? Hoekom nie alle moontlike kosmosse nie?
Wat is die meganisme wat selekteer, indien seleksie deel van die beskrywing van realiteit is.
Spekulasie van multi-kosmosse/ die Meer Wêreld Interpretasie/MWI/"multiverse" is aanloklik, indien nie noodsaaklik, ten spyte van onwaarneembaarheid, in 'n ateïstiese filosofiese onderbou. Die MWI / "multiverse" postuleer dat alle moontlike kosmosse wat kan ontstaan sal ontstaan op grond voorspelling gemaak vanuit die relatiwiteitsteorie van Einstein.

Uniekheid is egter belangrik in 'n teïstiese wêreldbeeld. Vir die teïs is die siening die van 'n entiteit wat o.a. as selekteerder optree, eenvoudig en aanloklik en geloofwaardig hoewel so 'n siening huidig bestempel kan word as wetenskaplik-gesproke ongegronde 'geloof'. En so 'n geloof verskil in beginsel, huidig, nie wesentlik van 'n oortuiging/geloof dat alle moontlike kosmosse/ "multi verse" bestaan nie.
Die ateïs vereenselwig gemaklik met die oortuiging van 'n fundamentele bron waaruit alle kosmosse natuurlik tot stand kom.
Die teïs identifiseer 'n entiteit, genaamd God, as 'Die Bron van Alles.' Ook word aanvaar dat God die voldonge feit/"brutal fact" van die bron van energie is vir 'n geselekteerde ontstaan van unieke kosmos/se is.

4.  Doel/Doelloosheid van die Natuur

Ateïste vereenselwig gemaklik met die siening dat die natuur doelloos is. Moraliteitsontwikkeling word beskou as deel van die natuurlike evolusionêre ontwikkeling van die mensdom.
Daarenteen is teïste oortuig van doelstellings soos verwoord in sg. heilige geskrifte.
Uiteindelik neem elkeen 'n standpunt in wat vir hom/haar aanvaarbaar is en "... the conclusion is in the mind of the beholder, and it is outside of the realm of scientific theory and prediction" (Lawrence M. Krause – Does the Universe have a Purpose?)

Vir Christene spesifiek, behoort die ontvouing van "die Koninkryk van God in die hart van die mensdom" seker die belangrikste en omvattendste doelstelling van die se geloof te word. By implikasie roep dit die enkeling op tot 'n moraliteit-gedrewe leefstyl met invloed op die mensdom, die geheel.
Moraliteit van die geheel, die mensdom, in pas met strewes van die Koninkryk van God, waarborg by wyse van spreke, hemel op aarde.

Bronne

1.  Why Are We in a Multiverse deur Mike Thicks, philocosmology.com/2014/03/17/where-are-we-in-the-multiverse/
2.  Does the Universe need God deur Sean Carroll, preposterousuniverse.com/writings/dtung/

Willie Booyens – 'n soeker wat streef na kosmologiese 'aficionado-skap.'
E-pos:

.

Sluit by ons aan

Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

Dr. Piet Muller: Die Evangelie van Thomas

Die Evangelie van Thomas - met verklarende aantekeninge

Dr. Piet Muller se groot werk, Die Evangelie van Thomas – met verklarende aantekeninge nou op SES in PDF formaat (1.3 MB) of Kindle weergawe (0.5 MB).

Die Dans met God

Die Dans met God

Boek:  Die Dans met God (2015) deur Dr. Abel Pienaar. Die eens onaantasbare dogmas wat aan ons as die absolute waarheid voorgehou was, word nou al hoe meer bevraagteken. Dit beteken egter nie dat wanneer iemand nuut dink oor God en geloof, so 'n persoon nie ook spiritueel is nie. Die teendeel is eerder waar. Die boek is beskikbaar in boekwinkels (R189) en kan ook bestel word by Naledi Uitgewers.

DVD: Saam op soek na God

Saam op soek na God

Gewone mense en bekendes word gevra om oor hulle oortuigings en geloof te praat. Vrae soos: Wie is God vir jou?
Het jy enige bewyse van God se bestaan? Ons het gelowiges tot ateïste, new agers tot wikka hekse gaan vra. Die DVD kos R130 maar vir Sentrum (SES) lede net R110.

Boek: Hier staan ek...

Duisende Afrikaanse mense voel verwyderd van fundamentalistiese sienings van Christenskap en verlaat die tradisionele kerke in hul hordes. Hulle voel dikwels skuldig en alleen en is onder die indruk dat daar iets met hulle fout is. Hulle soek nuwe Afrikaanse gespreksgenote en gemeenskappe waarin hulle hul nuwe spiritualiteit kan uitdruk. Hierdie boek is die resultaat van sodanige gesprekke. Beskikbaar by Griffel of bestel direk by Boekblik.

Jesus van Nasaret

Jesus van Nasaret

Boek:  Jesus van Nasaret (2009) deur Prof. Sakkie Spangenberg. "In Jesus van Nasaret is Spangenberg op sy beste. Hy skryf oor die feilbaarheid van die Skrif en verduidelik uit 'n suiwer historiese oogpunt hoe Israel ontstaan en wie Jesus was." Beskikbaar by Kalahari, Exclusive Books, Protea Boekwinkel, of by die skrywer.

Stuur vir ons 'n brief

Ons stel belang in jou reaksie en kommentaar op enige gegewe artikel en jou denke rondom die soeke na eietydse spiritualiteit. Besoek asb. hierdie bladsy vir meer inligting.

.

Kopiéreg © spiritualiteit.co.za

.