Evolusie en Bewussyn – Deel 2

Deur Dr. Piet Odendaal op 1 November 2010

In Deel 1 van hierdie artikel is die begrip ontwikkel dat bewussyn en denke 'n wesenlike rol kan speel in die evolusieproses. Die gedagte word in hierdie tweede deel verder ondersoek.

Holisme

Die woorde 'holisme' is algemeen bekend, maar min mense weet dat dit deur Generaal Jan Smuts (1870-1950) geskep is in sy boek Holism and Evolution (1926). Smuts se konsep van Holisme vind aanklank by die besprekings in Deel 1 oor evolusie en bewussyn en word kortliks gedek.

Smuts was sekerlik een van die mees veelsydige figure van die twintigste eeu: internasionaal gerespekteerde juris, militaris, staatsman, wetenskaplike en filosoof; hy was stigter van die ou Volkerebond en het help skryf aan die grondwet van die Verenigde Nasies. Hy was President van die British Association for the Advancement of Science in dié vereniging se eeufeesjaar in 1931. Hy was dus wetenskaplik goed onderlê. Alhoewel hy groot bewondering vir Darwin gehad het, was hy van mening dat Darwin se teorie van natuurlike seleksie op sigself onvolledig is omdat dit, onder andere, lewe en denke buite rekening laat: "Both in Evolution as a whole and in Darwin's more special theory of organic Descent, life and mind are no mere shadows or unreal accompaniments of some real mechanical process; they are there in their own right as true operative factors, and play a real and unmistakable part in determining both the advance and its specific direction. From the point of view of Evolution each of them must be looked upon as essentially a real vera causa."1 'Holisme' is die term wat Smuts gebruik vir die fundamentele faktor wat gehele ('wholes') in die heelal bewerkstellig. Alles evoleer tot essensiële eenheid. Hy skryf, "Evolution has an ever-deepening inward spiritual holistic character; and the wholes of Evolution and the evolutionary process itself can only be understood in reference to this fundamental character of wholeness. This is a universe of whole-making."2

Die belangrike insig wat Smuts ontwikkel het is dat evolusie nie – soos in Darwinisme – beperk is tot biologiese evolusie nie, maar dat dit alles-omvattend is, vanaf die anorganiese tot die verstandelike en spirituele vlakke: "The whole-making, holistic tendency, or Holism, operating in and through particular wholes, is seen at all stages of existence, and is by no means confined to the biological domain to which science has hitherto restricted it. With its roots in the inorganic, this universal tendency attains clear expression in the organic biological world, and reaches its highest expressions and results on the mental and spiritual planes of existence."3

In die laaste paragraaf van sy boek eggo Smuts die woorde in Romeine 8:22, "Ons weet dat die hele skepping tot nou toe sug in die pyne van verwagting." Smuts sê: "The groaning and travailing of the universe is never aimless or resultless. Its profound labours mean new creation, the slow, painful birth of wholes, of new and higher wholes, and the slow but steady realisation of the Good which all the wholes of the universe in their various grades dimly yearn and strive for. It is the nature of the universe to strive for and slowly, but in ever-increasing measure, to attain wholeness, fullness, blessedness."4 Tennyson verwoord dieselfde visie in die laaste strofe van sy lang gedig, In Memoriam:

"One God, one law, one element,
And one far-off divine event,
To which the whole creation moves."

Arhur Koestler (1905-1983) en Ken Wilber het ook filosofiese aspekte verwant aan Holisme ontwikkel soos vervat in die 'holon' begrip. Wikipedia definieer 'n holon as volg: "A holon (Greek: holos, "whole") is something that is simultaneously a whole and a part. The word was coined by Arthur Koestler in his book The Ghost in the Machine (1967, p. 48). A holon is a system (or phenomenon) that is a whole in itself as well as a part of a larger system. It can be conceived as systems nested within each other." Die grootsheid van Smuts se omvattende evolusionêre visie ontbreek egter.

Konvergensie van mistieke denke en wetenskaplike insig

Dit is nodig om aan die begin van hierdie afdeling kortliks te verduidelik wat met die woord 'mistisisme' bedoel word, aangesien die woord allerlei vreemde konnotasies verkry het a.g.v. die bisarre optrede en aansprake van sommige self-verklaarde mistici – in die hede en in die verlede. Waardevolle kommentaar in dié verband kom van William Ralph Inge (1860-1954), Deken van die St. Paulus Katedraal in Londen (1911-1934):
"There are some who connect the word mysticism with what the older Catholic writers call mystical phenomena or supernatural favours, mysterious sights, sounds and smells, 'boisterous' fits of weeping, cataleptic trances, stigmata, apparitions and the like. These results of unrestrained emotionalism belong rather to psychology and psychopathy than to religion."5

So wat ís mistisisme? Funk & Wagnall's Standard Dictionary of the English Language gee die volgende definisie: "The doctrine that knowledge of reality, God, truth, etc., is attainable by direct revelation, intuition or spiritual insight, without the medium of the senses or reason." Die definisie impliseer dat daar nie-materiële dimensies bestaan wat toeganklik is vir mense met spesiale mistiese of intuïtiewe vermoëns. Happold skryf, "the greatest discoveries in every field of knowledge have had their origin in the intuitions of men of genius. Through intuition they see, sometimes in a flash, things not seen by other men."6 Verskeie voorbeelde hiervan kan gelys word, nie net in die veld van die wetenskap nie, maar ook in die veld van kuns – veral musiek – wat kollektief sterk bewys lewer dat bewussyn op nie-materiële vlakke moontlik is. Dit gebeur nog steeds net in uitsonderlike gevalle, maar daar is tog tekens van evolusionêre groei in die mensdom as geheel, om bewustelik te soek na kennis en ervaring van die mistieke.

Meeste denkende mense aanvaar vandag nie meer die antropomorfiese God volgens die Ou Testamentiese model nie, en denke skuif al hoe meer in die mistieke (of te wel spirituele) rigting van 'n basiese Realiteit of Energie wat op hierdie stadium buite bereik van rede en die sintuie val. In hierdie verband is die volgende bevinding van die Gallup International Millennium Survey betekenisvol: "Believers do not have a homogeneous image of their God. Forty-five percent of respondents say they think of God as a person as against 30 percent who think of him as a 'force' or 'spirit.' On the other hand, 14 percent has no clue about this, eight percent simply do not believe God exists and three percent do not answer."7 Dat reeds 30 persent van respondente die goddelike konseptualiseer as 'krag' (energie) of 'gees', dui op 'n ontluikende konvergensie tussen misties-spirituele denke en wetenskaplike insigte, aangesien die wetenskap dekades gelede reeds tot die gevolgtrekking gekom het: 'Alles is energie'. Einstein se beroemde formule, E = Mc2 (E=Energie; M=Massa; c=spoed van lig), het onteenseglik bewys dat materie omsetbaar is tot energie, en energie tot materie. Materie is eenvoudig gekondenseerde energie.

Dat 'n mistieke energie-begrip van godheid reeds so wyd ervaar word, dui op evolusionêre verruiming van die mensdom se kollektiewe bewussyn oor die laaste paar duisend jaar. Dit impliseer dat dit nou nie net uitsonderlike individue is wat intuïtief 'n nie-materiële dimensie aanvoel nie. Verder, met wetenskaplike ontwikkelings en meegaande insigte van die kwantum fisika, begin wetenskap en godsdiens al hoe nader aan mekaar beweeg. In The Tao of Physics, skryf die bekende fisikus Fritjof Capra: "The argument of this book is that modern physics leads us to a view of the world which is very similar to the views held by the mystics of all ages and traditions. Mystical traditions are present in all religions, and mystical elements can be found in many schools of Western philosophy."8 Let wel dat Capra verwys na godsdiens met 'n misties-spirituele inslag, en hoegenaamd nie na die ortodokse, dogmatiese Christelike godsdiens nie. Die ortodokse Christendom berus op 'n geloofsbelydenis wat basies ontleen is aan die belydenis wat in die jaar 325, onder leiding van Keiser Konstantyn, tydens die konsilie van Nicaea geformuleer en daarna met geweld afgedwing is. Dit is ook hierdie belydenis wat gelei het tot die antropomorfisering van die godsbegrip. Dit is ironies – inderwaarheid, tragies – dat bepaalde uitsprake in die Nuwe Testament deur die ortodoksie heeltemal misgekyk en/of geïgnoreer is: "God is liefde", "God is gees" en "God is lig"; asook Jesus se stelling dat die tyd sal kom dat God in gees aanbid sal word. Hierdie uitsprake val almal in die konteks van 'n energie-begrip van godheid – 'n begrip wat, soos hierbo aangedui, toenemend deur mense aanvaar word en aanklank vind by die moderne wetenskap.

Die toenemende uitreiking na 'n mistieke werklikheid buite die bestek van sintuie en rede, is verwoord deur Einstein, een van die grootste denkers en wetenskaplikes van alle tye: "The most beautiful and profound emotion we can experience is the sensation of the mystical. It is the sower of all true science. He to whom this emotion is a stranger, who can no longer wonder and stand wrapped in awe, is as good as dead." Toe Einstein gevra is of hy aan God glo, het hy geantwoord, "I believe in Spinoza's God, who reveals himself in the orderly harmony of what exists."

Die oorhoofse gevolgtrekking uit voorgaande paragrawe is dat evolusie besig is om tot die bewussyn van 'n nie-materiële domein te beweeg – 'n domein waarvoor Darwinisme, wat slegs op natuurlike seleksie berus, nie voorsiening maak nie.

Slotgedagtes

Daar is Darwiniste wat vra hoekom daar so baie mense is wat – ten spyte van wat die wetenskap sê – nog steeds glo dat evolusie net 'n teorie is en nie 'n bewese werklikheid nie. 'n Grondliggende rede hiervoor is die oordrewe aansprake wat deur biologiese evolusie se 'spin doctors' gemaak is en steeds word. As bloot die feit dat biologiese evolusie plaasvind en oor miljoene jare strek, as afsonderlike 'pakket' versprei was, sou meeste mense dit waarskynlik aanvaar het. Dit is inderdaad 'n verrykende konsep. Ongelukkig is daar doelbewus of per ongeluk 'n "golden bullet" etiket by die biologiese evolusieleer aangehang, asof dit alle bestaansvrae kan opklaar.

Hierdie aanslag van oordrywing word gedemonstreer in die mening van Ernst Mayr, die Duitsgebore Amerikaanse evolusionêre bioloog, soos deur Claassen aangehaal in 'n lesing by die Universiteit van Pretoria:9 "Evolusie is die belangrikste konsep in biologie. Daar is nie 'n enkele Hoekom?-vraag in biologie wat ordentlik beantwoord kan word sonder om evolusie te oorweeg nie. Maar die belangrikheid van hierdie konsep strek veel verder as biologie. Die denke van moderne mense, of ons dit nou wil erken of nie, word radikaal beïnvloed – 'n mens word byna in die versoeking gestel om te sê, bepaal – deur evolusionêre denke". Die feit is egter dat evolusie geen antwoord bied op die Finale Vraag nie: "Hoekom is daar iets in die plek van niks?" Stephen Hawking beaam die magteloosheid van die wetenskap om dié vraag te beantwoord: "The usual approach of science of constructing a mathematical model cannot answer the questions of why there should be a universe for the model to describe. Why does the universe go to all the bother of existing?"10

Claassen sluit sy voorgemelde lesing dramaties af met die woorde: "Wat ook al die verklaring vir die mens se religiositeit is, roep die klippe dit steeds uit dat evolusie 'n feit is wat nie vermy kan word nie." Dit is so, maar as ons mooi luister, roep die klippe ook uit, "Waar kom óns vandaan?"

Verwysings

  1. Smuts, J. C. (1926). Holism and Evolution, Chapter I
  2. Ibid, Chapter V
  3. Ibid.
  4. Ibid, Chapter XII.
  5. Inge, W. R. (1948). Mysticism in Religion, Chapter I.
  6. Happold, F. C. (1963). Mysticism – A Study and an Anthology. Chapter 4.
  7. Carballo, Marita: Religion in the World at the End of the Millennium.
  8. Capra, Fritjof (1987). The Tao of Physics.
  9. Claassen, George (2010). Skepping en Evolusie. Die klippe roep dit uit. Lesing gelewer by die Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria, 2 Februarie 2010.
  10. Hawking, Stephen (1988). A brief History of Time. Chapter 11.

Dr. Piet Odendaal kan gekontak word by

Sluit by ons aan

Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

Die Dans met God

Die Dans met God

Boek:  Die Dans met God (2015) deur Dr. Abel Pienaar. Die eens onaantasbare dogmas wat aan ons as die absolute waarheid voorgehou was, word nou al hoe meer bevraagteken. Dit beteken egter nie dat wanneer iemand nuut dink oor God en geloof, so 'n persoon nie ook spiritueel is nie. Die teendeel is eerder waar. Die boek is beskikbaar in boekwinkels (R189) en kan ook bestel word by Naledi Uitgewers.

DVD: Saam op soek na God

Saam op soek na God

Gewone mense en bekendes word gevra om oor hulle oortuigings en geloof te praat. Vrae soos: Wie is God vir jou?
Het jy enige bewyse van God se bestaan? Ons het gelowiges tot ateïste, new agers tot wikka hekse gaan vra. Die DVD kos R130 maar vir Sentrum (SES) lede net R110.

Boek: Hier staan ek...

Duisende Afrikaanse mense voel verwyderd van fundamentalistiese sienings van Christenskap en verlaat die tradisionele kerke in hul hordes. Hulle voel dikwels skuldig en alleen en is onder die indruk dat daar iets met hulle fout is. Hulle soek nuwe Afrikaanse gespreksgenote en gemeenskappe waarin hulle hul nuwe spiritualiteit kan uitdruk. Hierdie boek is die resultaat van sodanige gesprekke. Beskikbaar by Griffel of bestel direk by Boekblik.

Jesus van Nasaret

Jesus van Nasaret

Boek:  Jesus van Nasaret (2009) deur Prof. Sakkie Spangenberg. "In Jesus van Nasaret is Spangenberg op sy beste. Hy skryf oor die feilbaarheid van die Skrif en verduidelik uit 'n suiwer historiese oogpunt hoe Israel ontstaan en wie Jesus was." Beskikbaar by Kalahari, Exclusive Books, Protea Boekwinkel, of by die skrywer.

Stuur vir ons 'n brief

Ons stel belang in jou reaksie en kommentaar op enige gegewe artikel en jou denke rondom die soeke na eietydse spiritualiteit. Besoek asb. hierdie bladsy vir meer inligting.

Kopiéreg © spiritualiteit.co.za