Ek klim saggies uit die boks uit

Deur Johan Steyn op 1 September 2011

Liewe Vriend,

Ek moet iets vir jou sê want ek kan dit eenvoudig nie meer inhou nie. Dit is iets wat dié wat naaste aan my is al lankal weet of seer sekerlik al moes vermoed. Ek hou nie van die etiketjie nie, maar ek moet bieg, wag vir dit ... ek is 'n Ateïs. Sjoe.

Hoekom is ek so versigtig om dit te erken? Wel, die laaste twintig jaar van my lewe was gevul met 'n oordosis van godsdiens, 'n oorvretery aan Christelike preke en boeke, 'n abnormale ontsegging van die realiteite van hiérdie lewe, 'n verlange na 'n God wie ek nie kon kleinkry nie, en vriende wie nie werklik in my belangestel het nie, behalwe vir my Christelike soeke midde 'n sinnelose bestaan.

Ek wil ook hê jy moet weet dat ek werklik gelukkig is! Dit is 'n verbasende gevoel om nie meer konstant versigtig te wees nie; dit is fantasties om nie meer bang te wees vir die dood nie; dit is fenomenaal om nie meer skuldig te voel omdat ek twyfel nie; dit is ongelooflik om my intellek vrylik te kan gebruik; dit is fabuleus om nou, in hierdie oomblik, sonder 'n hoop op 'n hiernamaals, voluit te kan lewe.

Ek is soos die man wie in die veld loop en op 'n skat afkom. Toe gaan hy en verkoop alles wat hy het om daardie skat te kan bekom. En die skat wat ek ontdek het is dat die lewe mooi genoeg is, en dat ek gelukkig genoeg kan wees, en dat ek vervuld kan lewe, sonder om in God te glo.

Maar voor jy op 'n godgegewe missie spring om hierdie verlore skaap terug te bring, moet jy 'n paar dinge weet:

1.  Dit is nie omdat ek seer gekry het nie. Ek het al soveel keer gehoor dat die Here se gevonde skape praat van die verlore skape asof hulle die sleutel het tot dié afdwaling: hulle moes iewers seer gekry het. Ja, ek het al baie seer gekry, veral in die kerk. Maar give me a break, mens kom mos oor jou seer en as jy die seer los, dan los dit jou ook sommer.

2.  Dit is nie 'n fase nie. Ek hoor jou al dink, "Wie kan die weë van die Here verstaan? Sy gedagtes en weë is nie ons gedagtes en weë nie." So jy dink dat selfs my afdwaling op 'n weird manier in die grote Heer se plan is? Sorry jong, hierdie skaap het langs die pad gaan duimgooi en 'n ander bussie het my kom optel. Never to return.

3.  Ek is nie 'n dwaas nie. Toe ek nog deel van die onkundige, dopperagtige konformis-club was, het ek ook die versie gekwoteer wat jy seer sekerlik nou aan dink: "Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie. " As jy weer by my kom inloer dan moet ek jou tog my boekrak wys. Ek kan jou wed ek het en sal altyd meer lees as jy. As jy die geskiedenis van godsdiens lees, die oorsprong van die ortodokse Christenskap verstaan, en die samestelling van die Bybel ondersoek, sal jy dit onmoontlik vind om gelowig te wees. Tensy jy nie so slim is as wat jy dink nie...

4.  Ek respekteer jou geloof. As jy vrede en betekenis vind uit jou geloof, dan goed so. Al wat ek jy vra, is dat wanneer dit by godsdiens kom en ons vriendskap, dan moet ons vooraf saamstem dat ons nie oor geloof sake gaan praat nie. Daar is baie ander dinge om lekker oor te gesels. Ons maak 'n deal: tensy jy my opinie kan hanteer en respekteer, kom liewer dan en ek los jou godsdienstigheid uit, en jy los my ongeloof uit.

Nou wat presies beteken dit om 'n "Ateïs" te wees? mag jy dalk vra. Hierdie woord dra soveel slegte konnotasies – veral onder Afrikaners – dat ek nodig het om te verduidelik. Om 'n Afrikaner (of Afrikaans) te wees is so inmekaar gevleg met "Christen" wees, dat baie mense dink hierdie twee identiteite kan nie afsonderlik bestaan nie. Toe ons in Engeland gewoon het en ander hoor dat ons Afrikaans praat, het sommiges nader gestaan en amper altyd hierdie twee vrae gevra: Van waar in Suid-Afrika is julle? en In watter kerk is julle? En dan wanneer ek sê ons gaan nie kerk toe nie omdat ons nie Christene is nie, kon ek net sowel bely het dat ek Vigs het of melaats is! Hoe kan ek dan my rug draai op die volk, op my voorouers se nalatenskap? Hoe kan ek dan Afrikaans wees en nie "glo" nie?

In een van die beste boeke wat ek die laaste jare gelees het, The Book of Atheist Spirituality deur die Franse filosoof Andre Comte-Sponville, heg die skrywer aan by hiérdie onderwerp: "The very word 'atheist' would conjure up dark images of something sinister, evil, and threatening. Belief in God and obedience to his will was constitutive of our conception of goodness, and therefore any belief that rejected God was by definition opposed to the good. Atheists could only belong to the dark side ... If you have a deep-rooted image of atheists as miserable, pessimistic amoralists, then rational arguments to the contrary may encounter deep psychological resistance."

En elders in die boek: "However, many people think that atheists believe there is no God and no morality; or no God and no meaning to life; or again no God and no human goodness. As we shall see ... there is nothing to stop atheists believing in morality, a meaning for life, or human goodness. Atheism is only intrinsically negative when it comes to belief about God. It is as capable of a positive view of other aspects of life as any other belief. Atheists can be indifferent rather than hostile to religious belief. They can be more sensitive to aesthetic experience, more moral, or more attuned to natural beauty than many theists. There is no more reason for them to be pessimistic or depressive than there is for the religious to be so."

Hierdie boek van Comte-Sponville het my gehelp besef dat ek nie die baba saam die badwater hoef uit te gooi omdat ek nie gelowig is nie. Ek kan nog steeds die skoonheid, die liturgie, die aanbidding, die liedere en die argitektuur van plekke van aanbidding waardeer. En ek kan met 'n skoon gewete waarlik bly wees dat sommige van my vriende soveel betekenis en vreugde uit hul geloof put.

"For me, this world is enough; I'm an atheist and happy to be one. Other people, most likely the majority, are equally happy to be believers. It may be that they need a God to console and reassure themselves, to escape from absurdity or despair ... or simply to give their lives some sort of coherence; it may be that religion is what they see as the highest part of their lives, either affectively or spiritually – their sensitivity, their education, their history, their thought, their joy, their love ... All these reasons are worthy of respect."

Johan Steyn het na sy Teologiese studies in Informasie Tegnologie begin werk, beide in Suid-Afrika en die buiteland. Hy was ook vir 'n seisoen predikant by 'n bekende kerk in Johannesburg en was verantwoordelik vir die Jong Volwassene bediening. Sy belangstellings sluit in teologie, spiritualiteit en geskiedenis. Hy skryf graag oor aktuele sake en pen graag poësie.
E-pos:

Sluit by ons aan

Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

Die Dans met God

Die Dans met God

Boek:  Die Dans met God (2015) deur Dr. Abel Pienaar. Die eens onaantasbare dogmas wat aan ons as die absolute waarheid voorgehou was, word nou al hoe meer bevraagteken. Dit beteken egter nie dat wanneer iemand nuut dink oor God en geloof, so 'n persoon nie ook spiritueel is nie. Die teendeel is eerder waar. Die boek is beskikbaar in boekwinkels (R189) en kan ook bestel word by Naledi Uitgewers.

DVD: Saam op soek na God

Saam op soek na God

Gewone mense en bekendes word gevra om oor hulle oortuigings en geloof te praat. Vrae soos: Wie is God vir jou?
Het jy enige bewyse van God se bestaan? Ons het gelowiges tot ateïste, new agers tot wikka hekse gaan vra. Die DVD kos R130 maar vir Sentrum (SES) lede net R110.

Boek: Hier staan ek...

Duisende Afrikaanse mense voel verwyderd van fundamentalistiese sienings van Christenskap en verlaat die tradisionele kerke in hul hordes. Hulle voel dikwels skuldig en alleen en is onder die indruk dat daar iets met hulle fout is. Hulle soek nuwe Afrikaanse gespreksgenote en gemeenskappe waarin hulle hul nuwe spiritualiteit kan uitdruk. Hierdie boek is die resultaat van sodanige gesprekke. Beskikbaar by Griffel of bestel direk by Boekblik.

Jesus van Nasaret

Jesus van Nasaret

Boek:  Jesus van Nasaret (2009) deur Prof. Sakkie Spangenberg. "In Jesus van Nasaret is Spangenberg op sy beste. Hy skryf oor die feilbaarheid van die Skrif en verduidelik uit 'n suiwer historiese oogpunt hoe Israel ontstaan en wie Jesus was." Beskikbaar by Kalahari, Exclusive Books, Protea Boekwinkel, of by die skrywer.

Stuur vir ons 'n brief

Ons stel belang in jou reaksie en kommentaar op enige gegewe artikel en jou denke rondom die soeke na eietydse spiritualiteit. Besoek asb. hierdie bladsy vir meer inligting.

Kopiéreg © spiritualiteit.co.za