.

Die beweginglose dans

Deur Dr. Abel Pienaar op 1 Maart 2015

.

Een van my gunsteling gedigte (of 'n gedeelte daarvan) kom van die Amerikaans gebore skrywer en digter, T.S. Eliot (1888-1965).

Die spesifieke gedig waarvan ek praat, The Four Quartets, is Eliot se laaste groot werk. Hy het dit geskryf teen die agtergrond van die Tweede Wêreldoorlog. 'n Tyd waarin daar nie net baie vrees en woede was nie, maar ook 'n diep ontnugtering en selfs depressie in die gemoedere van meeste mense.

Dit verduidelik dan ook Eliot se woorde in die begin gedeelte van sy gedig.

"Here is a place of disaffection
Time before and Time after
In a dim light...
...Only a flicker"

Die woorde "Only a flicker" verwoord dan juis sy gevoelens oor die weerloosheid en tydelikheid van menslike lewe. Want is dit nie so nie, dat veral in oorlog, krisis en tragedie word 'n mens meer bewus van jou sterflikheid en tydelikheid? Die besef dat die lewe in 'n oogwink verby kan wees.

Meer egter as die bewuswording van die tydelike aard van die mens, is ook vir Eliot die besef, dat die sogenaamde eksterne dinge waarop die mense so geredelik vertrou, eintlik maar net so verganklik en 'flikkerend' is. Niks is permanent nie. Niks is vir altyd nie. Presies waarna Masashi Kishimoto verwys met: "All things that have form eventually decay." Die enigste onveranderde, is dus 'alles verander,' heeltyd.

En dit is dan hierdie werklikheid wat Eliot direk konfronteer. En eerder as om in moedeloosheid en hopeloosheid weg te sink, beleef Eliot 'n innerlike ontwaking.

En hy besef dat ten spyte van die lewe se ewige veranderende en tydelike verloop, is daar tog iets dieper. Iets wat mense woorde sukkel om aan te raak.

'n Innerlike vrede en beweginglose stilte. Iets tydloos. Eliot noem dit die 'stil punt.' Met stil verwys hy na meer as net stilte, hy impliseer ook die stop van beweging; om bewegingloos te kan rus in dit wat is.

En dan skryf Eliot, seker die bekendste gedeelte van sy gedig, wat hy noem 'die stil of beweginglose punt':

"At the still point of the turning world.
Neither flesh nor fleshless;
neither from nor towards;
at the still-point, there the dance is,
but neither arrest nor movement,
and do not call it fixity,
where past and future are gathered.

Eliot gebruik hier bewustelik Oosterse spiritualiteit se beelde en metafore. Hy teken dan ook aan dat hy vrylik gebruik gemaak het van die Hindoe geskrif, die Bhagavad-Gita (vanuit die Mahabharata).

Neither movement from nor towards,
neither ascent nor decline.
Except for the point,
the still point,
there would be no dance, and there is only the dance.
I can only say, there we have been:
but I cannot say where.
And I cannot say,
how long,
for that is to place it in time."

Eliot gebruik hier 'n sterk beeld, "...neither ascent nor decline. Except for the point, the still point..." Dit herinner natuurlik aan die Boeddhistiese metafoor van 'n draaiende wiel, wat 'n beweginglose as het.

Alhoewel die wiel vinnig draai staan die as stil, baie soos wat aangetref kan word in die oog van 'n storm. Beweginglose stilte, ten spyte van die geweldadige en vernietigende stormwinde.

En in hierdie oog, middelpunt, kern of as van die wiel, beleef Eliot iets spiritueels. Hy noem dit, "...there the dance is."

Hy beleef 'n paradoks. Want alhoewel Eliot 'n beweginglose middelpunt beleef, is daar gelyktydig ook 'n dans in hierdie middelpunt teenwoordig. En hierdie dans, middelpunt of kern, is buite tyd en ruimte.

Dit is nie 'n fisiese plek nie. "Neither flesh nor fleshless; neither from nor towards..." Eliot sê dan ook dat hy nie weet waar hierdie stil punt is nie, al waarvan hy wel seker is, is dat dit is. Hierdie gewaarwording van 'n tydlose, pleklose en beweginglose punt is natuurlik nie uniek aan Eliot nie. Wat hy so mooi poëties omskrywe is die belewenis van vele mistici en spirituele reisigers deur die eeue heen.

Die Taoïstiese leermeester, Lao Tzu, noem dit: "...to reside at the center." Amit Ray omskryf dit as: "...your deep inner-self..." en T.F. Hodge beskrywe dit as: "...an inner place of a original knowing." En een van Eliot se tydgenote W.B. Yeats (1865-1939) skryf die volgende oor hierdie die stil punt: "The journey into the inner self is not just the important one, it is the only one. We need to listen to the sound beyond the silence."

Want hierdie innerlike beweginglose, nie-plek van stilte, is ook waar jy jouself kan raakloop, jouself verby jou geskepte ego storie. Die self wat nog altyd was.

En hierdie tema van "beyond the silence," van Yeats, kom ook voor by Ram Dass: "The quieter you become, the more you can hear."

En wat hoor jy, wat sien jy?

Presies dit waarna Jiddu Krishnamurti verwys met: "Look within. You are the world!" En Byron Katie met: "You are what exists before all stories." M.a.w. jy sien raak dat jy soveel meer is as wat jy altyd gedink het. Jy word bewus van die beperkinge wat jy op jouself geplaas het.

Dit wat Jon Muth probeer sê met: "It is easy to believe we are each waves and forget we are also the ocean." En natuurlik dit wat Eliot herontdek het, met sy "still point" te midde van die wreedheid en hartseer van oorlog. Eliot se afsluitings-woorde van sy gedig wys juis hierop: "And the fire and the rose are one." Met die simbole van vuur (lewe en dood se vernietigende krag) en 'n roos (liefde, wysheid en spiritualiteit) se eintlike eenheid.

Ongeag lewe of dood, ons is meer as dit. 'n Gewaarwording wat net dié beskore is wat bereid is om na binne te gaan. Eerder as om gevangenes te wees van uiterlike omstandighede en gebeure.

En dan vanuit hierdie innerlike werklikheid of "still point" word alles duidelik en kan jy dan hardop verklaar:

Ek is nie my suksesse of mislukkings nie.
Ek is nie my besittings nie.
Ek is nie net my liggaam nie,
net so min as wat ek net die klere is wat daaroor hang.
Ek is nie my probleme of my vrese nie.
Ek is nie my herinneringe, gedagtes, emosies of my storie nie.
Ek is meer as wat ek dink, analiseer en evalueer.
Ek is iets meer as dit alles.
Ek is die oneindige stilte wat tussen my gedagtes bestaan.
Die ewige, tydlose bewustheid,
die bewustheid wie ek is en wie almal is.
En dan kan ek begin dans,
op ritme van die stilte.

Ons sal dan ook uiteindelik kan verstaan wat Eliot probeer sê het met:

"At the still point of the turning world.
Neither flesh nor fleshless;
neither from nor towards;
at the still-point, there the dance is."

Abel is die direkteur van SES en 'n spirituele leier van Renaissance Gemeente.
E-pos:

.

Sluit by ons aan

Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

Dr. Piet Muller: Die Evangelie van Thomas

Die Evangelie van Thomas - met verklarende aantekeninge

Dr. Piet Muller se groot werk, Die Evangelie van Thomas – met verklarende aantekeninge nou op SES in PDF formaat (1.3 MB) of Kindle weergawe (0.5 MB).

Die Dans met God

Die Dans met God

Boek:  Die Dans met God (2015) deur Dr. Abel Pienaar. Die eens onaantasbare dogmas wat aan ons as die absolute waarheid voorgehou was, word nou al hoe meer bevraagteken. Dit beteken egter nie dat wanneer iemand nuut dink oor God en geloof, so 'n persoon nie ook spiritueel is nie. Die teendeel is eerder waar. Die boek is beskikbaar in boekwinkels (R189) en kan ook bestel word by Naledi Uitgewers.

DVD: Saam op soek na God

Saam op soek na God

Gewone mense en bekendes word gevra om oor hulle oortuigings en geloof te praat. Vrae soos: Wie is God vir jou?
Het jy enige bewyse van God se bestaan? Ons het gelowiges tot ateïste, new agers tot wikka hekse gaan vra. Die DVD kos R130 maar vir Sentrum (SES) lede net R110.

Boek: Hier staan ek...

Duisende Afrikaanse mense voel verwyderd van fundamentalistiese sienings van Christenskap en verlaat die tradisionele kerke in hul hordes. Hulle voel dikwels skuldig en alleen en is onder die indruk dat daar iets met hulle fout is. Hulle soek nuwe Afrikaanse gespreksgenote en gemeenskappe waarin hulle hul nuwe spiritualiteit kan uitdruk. Hierdie boek is die resultaat van sodanige gesprekke. Beskikbaar by Griffel of bestel direk by Boekblik.

Jesus van Nasaret

Jesus van Nasaret

Boek:  Jesus van Nasaret (2009) deur Prof. Sakkie Spangenberg. "In Jesus van Nasaret is Spangenberg op sy beste. Hy skryf oor die feilbaarheid van die Skrif en verduidelik uit 'n suiwer historiese oogpunt hoe Israel ontstaan en wie Jesus was." Beskikbaar by Kalahari, Exclusive Books, Protea Boekwinkel, of by die skrywer.

Stuur vir ons 'n brief

Ons stel belang in jou reaksie en kommentaar op enige gegewe artikel en jou denke rondom die soeke na eietydse spiritualiteit. Besoek asb. hierdie bladsy vir meer inligting.

.

Kopiéreg © spiritualiteit.co.za

.