Betree ons die epog van ‘n vroulike kosmos?

Deur Dr. Frances Klopper op 1 Desember 2010

In sy boek oor die evolusie van die Westerse denke, (The Passion of the Western Mind 2000), merk Richard Tarnas in die slothoofstuk op dat die idees van die groot intellektuele geeste, van Plato tot Nietzsche, feitlik uitsluitlik deur mans en manlike perspektiewe geartikuleer is. Veral die laat-modernistiese denkers het drie vooronderstellings nagelaat wat in ons tyd nog naklank vind: die manlike is dominant, die natuur is 'n objek wat ge-eksploiteer kan word en God is dood. Met die aanvang van die postmoderne era waarin ons leef, beweer Tarnas, het die epog van die vrou aangebreek, nou verweef met die planeet en alle vorms van nie-menslike natuur daarop. Dit is reeds sigbaar in die toenemende reaksie teen die vernietiging van die omgewing en die etos van die feministiese beweging wat die godheid in vroulike terme laat herleef en Moederaarde herstel as die argetipiese, mistieke baarmoeder wat nooit moeg word om lewe voort te bring nie.

Vanaf die vroegste tye was daar in die mens se konseptuele denke 'n verwantskap tussen die vrou en die natuur – 'n verwantskap wat oor kulture heen gestrek het op grond van die vrou en die aarde se gedeelde vermoë om lewe voort te bring. Hoe het die geskiedenis van hierdie verwantskap verloop en wat was die uitwerking daarvan op vroue en die ekologie? Waar staan ons vandag? is my vrae.

'n Premodernistiese wêreld

Die antieke mens het die wêreld as 'n metafisiese eenheid ervaar – alles was verweef en interafhanklik van mekaar. Hulle het 'n animistiese siening van die natuur gehad, wat beteken dat natuurfenomene soos die son, maan, riviere, berge, bome, fonteine en ook diere, as spirituele wesens met menslike eienskappe, dikwels vroulike eienskappe, ervaar is. Hulle kon dink en voel en hoor. Uit die Bronstydperk (2000-1200 VAJ) kom in die Egiptiese kuns uitbeeldings van erotiese boomgodinne voor, antropomorfiese bome met borste waarmee die mens gevoed is. Die fonteine van Palestina word in die Hebreeuse Bybel as metafore gebruik vir die vroulike geboortekanaal wat lewe uit die aarde se baarmoeder voortbring. Gefossileerde oorblyfsels van die aarde as terra mater vind ons in '...toe ek in die geheim gemaak is ... kunstig geweef in die dieptes van die aarde' (Ps 139:15). Die vroeë religie van die Hebreeuse bybel was gewoon 'n natuurreligie uit die aarde. Die vrou as metafoor vir 'n land was algemeen en deur haar te penetreer kon sy oorwin en in besit geneem word. Vandag nog versinnebeeld die verkragting van die vroue van 'n vyandige land die besitreg van die land en gebeur dit op groot skaal in oorloggeteisterde lande noord van ons.

Tot in die Middeleeue en die 1500's is die aarde as 'n lewende organisme verstaan, 'n voedende moeder wat in die mensdom se behoeftes voorsien. Ook die wilde aspekte van die natuur, die storms en droogtes, is met die vroulike geassosieer en deur hekseverhore moes vroue daarvoor boet.

Hierdie denke hoort tot 'n premoderne lewensbeskouing uit 'n tyd voordat die wetenskap die wêreld verander het.

'n Modernistiese wêreld

Tussen die 16e en 17e eeue verdwyn die beeld van die aarde as koesterende moeder en met die Industriële Rewolusie en die Verligting ontstaan 'n wêreldbeeld wat die werklikheid as 'n masjien eerder as 'n lewende organisme beskryf. Die meganiese aarde en omgewing word deur mynbou en ander aktiwiteite genadeloos onderwerp aan die eksperimente van die wetenskap terwille van ekonomiese vooruitgang.

Modernisme wou die mensdom deur middel van die rede en die wetenskap bevry van die beperkende grense en outoriteit van die kerk. Maar die mite van vooruitgang het klaaglik gefaal, want deur die prestasies van die wetenskap word die mensdom bedreig met vernietiging as gevolg van die ekologiese vandalisme van die planeet.

Deur die wit, middelklas, heteroseksuele, manlike kultuur tot die norm te verhef en die 'ander' se stemme stil te maak, is modernisme by uitstek 'n patriargale denkrigting. Mans word met kultuur geassosieer en vroue met die natuur (na vroue word verwys in diereterme: sy is 'n kat, 'n 'bitch', 'n 'chick', 'n koei), wat enersyds impliseer dat die natuur en vroue van 'n laer orde is as kultuur en mans en andersyds dat die vrou met haar fisiologiese samestelling gemoeid is met kinders en versorgingstake, terwyl die man intellektueel betrokke is. Dit is natuurlik 'n vals teenstelling. Kultuur en natuur en mans en vroue is interafhanklik van mekaar en beïnvloed mekaar. Hierdie soort stereotipes is gevaarlik in 'n tyd van ekologiese geringskatting want as die vrou meer soos die natuur is, kan die lotgevalle van die natuur ook hare word.

Met die masjienmodel van die heelal en klem op die individu (die self) as outonoom en dominerend, word ontken dat die mens haar/sy identiteit te danke het aan die saambestaan met ander, die omgewing, en vir sommige, 'n godheid. Die selfstandigheid van die rasionele self het die man in die sentrum van die heelal geplaas, homself van die primordiale eenheid van die natuur geskei en God oorbodig gemaak.

Dit verklaar die drie vooronderstellings wat in die modernisme se golfstroom gevolg het en wat in ons tyd nog neerslag vind: die manlike geslag is nog, veral in die swart kulture, die dominante geslag; die omgewing en ons vleilande word as 'n gebied met onuitputlike hulpbronne uitgebuit terwille van vooruitgang. En dan leef ons inderdaad in 'n tyd waarin die tradisionele Vadergod bevraagteken word.

Postmodernisme – die epog van die vrou

Maar, sê Tarnas, bogenoemde idees kom van mans en vanuit 'n manlike perspektief. Die postmoderne epog wat rondom die 1950's aangebreek het, is 'n epog waarin die vrou die grootste stempel gaan afdruk. Dit het reeds begin toe die feministiese beweging in die 1960's amptelik na vore getree het.

Postmoderne denke bevraagteken die absolute kennis en onaantasbare sekerhede van die modernisme. Ons leef in 'n pluralistiese wêreld, so manlik, heteroseksualiteit en 'n wit vel is nie die norm nie. Waarheid is dus relasioneel en dominasie van enige aard is onaanvaarbaar.

Feminisme, 'n sambreelterm vir verskillende uiteenlopende feminismes, is by uitstek 'n postmodernistiese beweging met die doel om mans se dominasie van vroue te beëindig omdat vroue daardeur benadeel word. Die wesenskenmerk van die feministiese beweging is ook bevraagtekening, die bevraagtekening van manlike waardes en uitsprake deur dit met 'suspisie' te beoordeel. Feminisme het ons bewus gemaak van 'n vroulike godheid vir vroue se eiesoortige behoeftes. Feminisme het uitgewys hoe implisiete eksklusiewe taal en linguistiese konvensies vroue uitsluit en kleineer. Feminisme het die Bybel ontmasker as 'n boek wat millennia gelede vanuit 'n manlike tradisie met 'n manlike agenda geskryf is.

Ekofeminisme is 'n vorm van feminisme wat aan die lig gebring het dat die minagting van die natuur toe te skryf is aan die patriargale siening van die natuur as 'n verstandlose passiewe vroulike objek wat gepenetreer, gedomineer en uitgebuit kan word. Dit wil sê die onderdrukking van die vrou hang ten nouste saam met die onderdrukking van die natuur. Die dominasie van die natuur is afkomstig van 'n patriargale wêreldbeskouing, dieselfde wêreldbeskouing wat die onderdrukking van vroue en ander gemarginaliseerde groepe regverdig. Vroue is nie net gekoppel aan die natuur deur gedeelde lewegewende eienskappe en onderdrukking nie, maar identifiseer op 'n spirituele, liggaamlike en praktiese vlak met die natuur. Die natuur is saamgestel uit lewende, veranderende, groeiende en interafhanklike entiteite waarvan die mens een is. Ondenkbaar vir die modernisme se meganistiese natuurbeeld, veronderstel ekofeministiese spiritualiteit 'n wese of godheid of energie in die natuur (sommige praat van die aarde as die liggaam van God) wat meehelp om 'n gesonde verhouding tussen mens en natuur daar te stel.

Om gehoor te word moes feministe met 'n sterk kritiese aanslag kom wat die manlike geledere irriteer, maar juis as gevolg van hulle kritiek word lankbestaande dualismes soos manlik/vroulik, subjek/objek, vrou/natuur, self/ander as óf-óf (uitsluitende) begrippe verwerp en as én-én (insluitende) begrippe gesien.

In die geheel gesien was die vroulike perspektief die mees radikale kritiese analise van die hedendaagse intellektuele denke.

Tarnas, die manlike filosoof, bely aangrypend dat voor die aanbreek van die huidige bedeling die man die enigste intelligente wese was want die kosmos was stom en God was dood. Hy het 'n eksistensiële krisis beleef en 'n verlange het ontstaan om weer met die 'vroulike' en alles waarvoor sy staan: die liggaam, emosies, verbeelding en intuïsie, die anima mundi, of die siel van die aarde en die waardigheid van kindergeboorte, te herenig. Nie om haar te kontroleer en kleineer nie, maar om in 'n omhelsing saam 'n nuwe begin te maak omdat dit lyk asof die Westerse man sy dood nader.

'n Verhaal

Ek sluit met 'n verhaal, want verhale is nodig om ons omgewingsbewus te maak. Dit is 'n ware verhaal van twee matriarge en 'n mistieke ontmoeting aan die Knysna-kus. En vir my, met die lees van die verhaal, 'n ontmoeting met die Groot Misterie, die grond van die skepping – gegiet in die vroulike gedaante van die kosmos wat nog altyd teenwoordig was.

Die verhaal kom uit Elephantoms, 'n boek deur Lyall Watson, 'n natuurkundige wat 'n lewenslange obsessie met die olifante van die Knysna-woud gehad het. Hy is onlangs in Ierland oorlede en het talle boeke oor die natuur nagelaat.

Watson sit op 'n krans langs die Knysna-kus en kyk uit oor die see:

'The sea was ... rolling almost in slow motion, leaving, even on this fine day, a haze over the rocky coastline. I closed my eyes and enjoyed the white noise of all this from the cliff top, letting it lap over me, evolving other oceans, other times spent whale watching – and when I opened my eyes, there was a whale right there.

Southern right whales are common here in the winter months, coming in to calve in sheltered bays, but this was summer, and I looked again. Out beyond the breakers in deep blue water a long dark back rose gently to the surface ... and blew, or rather blasted, a single thin column of condensation forty feet high. There was only one whale capable of such a spout. A blue whale, the largest animal the world has ever known. A hundred tons of sleek grace ... Definitely a blue whale, one of a population gradually bouncing back from the slaughter of the 1930s, beginning to be seen more often again.

I waited for her to surface again, knowing from experience that she would blow at least one more time before flicking her tail up on the last breath before a dive, enjoying a sight that is rare from the land. I wondered what would bring her here, so close to the coast, during her tropical fast. Not just the scenery, surely? Then up she came once more, another great vertical spout as she surfaced almost horizontally, and as I watched her, I was aware of something else, of a throbbing in the air ... a "silent thunder'. It is a sound that sneaks up on you, something you feel rather than hear, a rumble which is more visceral than cerebral, threatening to addle your mind. I rose to my feet and stared out at the whale in amazement. I knew that blue whales can make high-energy, low-frequency moans that last for thirty seconds or more, but I had never heard one before ... I hadn't imagined that the calls would fall within our range of hearing...

The sensation I was feeling on the cliff top was some sort of reverberation in the air itself. I was still puzzling over it when I realized that the whale had submerged and I was still feeling something. The strange rhythm seemed now to be coming from behind me, from the land, so I turned to look across the gorge, sweeping my gaze across the cliffs, over the great milkwood tree where my heart stopped ... because standing there in the shade of the tree was an elephant. A fully-grown African elephant, facing left, staring out to sea! A big elephant ... a female with a left tusk broken off near the base, looking like the stub of a large cigar. I had never seen this elephant before, but I knew who she was, I recognized her from a colour photograph put out by the Department of Water Affairs and Forestry under the title 'The Last Remaining Knysna Elephant'. This was the Matriarch herself. But what was she doing here?

The thunder was gone. I could no longer feel it in my bones. I was awestruck, however, both by her and by the circumstances. She hadn't been seen for months, but here she was ... and I began to understand. She was here because she no longer had anyone to talk to in the forest. She was standing here on the edge of the ocean because it was the next, nearest, and most powerful source of infrasound. The underrumble of the surf would have been well within her range, a soothing balm for an animal used to being surrounded by the lifesounds of a herd, and now the sound of the surf was the next-best thing!

My heart went out to her. The whole idea of the grandmother of many being alone for the first time in her life was tragic ... But just as I was about to be consumed by helpless sorrow, something even more extraordinary took place...

The throbbing was back in the air. I could feel it, and I began to understand why. The blue whale was on the surface again, pointed inshore, resting, her blowhole clearly visible. The Matriarch was here for the whale! The largest animal in the ocean and the largest living land animal were no more than a hundred yards apart, and I was convinced that they were communicating. In infrasound, in concert, sharing big brains and long lives ... aware of the importance and the pleasure of sociality, these rare and lovely great ladies were commiserating over the back fence of this rocky Cape shore, woman to woman, matriarch to matriarch, almost the last of their kind.

I turned and left. This was no place for a mere man.'

Hierin lê my eietydse verstaan van die misterie wat ons God noem:

Sy is daar te vind waar ons die tragedie en ekstase van die lewe ten diepste ervaar: in die goedheid en nood van die naaste; in die verwondering wat die felheid en skoonheid van die natuur by ons oproep, in aangrypende musiek en woorde, en in die intieme eenword met iemand wat ons liefhet. Miskien is God die Lewe – onvolledig en immer veranderend maar onteenseglik daar. Miskien moet ons die God van die Lewe ons eie maak en ons eie God van die Lewe maak.

Dr. Frances Klopper

Sluit by ons aan

Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

Die Dans met God

Die Dans met God

Boek:  Die Dans met God (2015) deur Dr. Abel Pienaar. Die eens onaantasbare dogmas wat aan ons as die absolute waarheid voorgehou was, word nou al hoe meer bevraagteken. Dit beteken egter nie dat wanneer iemand nuut dink oor God en geloof, so 'n persoon nie ook spiritueel is nie. Die teendeel is eerder waar. Die boek is beskikbaar in boekwinkels (R189) en kan ook bestel word by Naledi Uitgewers.

DVD: Saam op soek na God

Saam op soek na God

Gewone mense en bekendes word gevra om oor hulle oortuigings en geloof te praat. Vrae soos: Wie is God vir jou?
Het jy enige bewyse van God se bestaan? Ons het gelowiges tot ateïste, new agers tot wikka hekse gaan vra. Die DVD kos R130 maar vir Sentrum (SES) lede net R110.

Boek: Hier staan ek...

Duisende Afrikaanse mense voel verwyderd van fundamentalistiese sienings van Christenskap en verlaat die tradisionele kerke in hul hordes. Hulle voel dikwels skuldig en alleen en is onder die indruk dat daar iets met hulle fout is. Hulle soek nuwe Afrikaanse gespreksgenote en gemeenskappe waarin hulle hul nuwe spiritualiteit kan uitdruk. Hierdie boek is die resultaat van sodanige gesprekke. Beskikbaar by Griffel of bestel direk by Boekblik.

Jesus van Nasaret

Jesus van Nasaret

Boek:  Jesus van Nasaret (2009) deur Prof. Sakkie Spangenberg. "In Jesus van Nasaret is Spangenberg op sy beste. Hy skryf oor die feilbaarheid van die Skrif en verduidelik uit 'n suiwer historiese oogpunt hoe Israel ontstaan en wie Jesus was." Beskikbaar by Kalahari, Exclusive Books, Protea Boekwinkel, of by die skrywer.

Stuur vir ons 'n brief

Ons stel belang in jou reaksie en kommentaar op enige gegewe artikel en jou denke rondom die soeke na eietydse spiritualiteit. Besoek asb. hierdie bladsy vir meer inligting.

Kopiéreg © spiritualiteit.co.za