Berge, ziggoerats, tempels en die ark: die Groot Vloed herbedink (Genesis 6:8 - 9:29)

Deur Dr. Gerda de Villiers. Artikel oorspronklik van teo.co.za

Berge het die mens van die Ou Nabye Ooste met ontsag vervul. In die oertyd, voor die skepping van hemel en aarde, het die wêreld uit een groot watermassa bestaan, so het hulle geglo. Toe, iewers op 'n plek, iewers in tyd, het die spits van die kosmiese oerberg verskyn, die eerste droë stukkie aarde bo die chaoswaters. Dit was die sentrum van die wêreld is geglo, om die waarheid te sê, die vaste fondament waarop die aarde gevestig is. Die kosmiese oerberg is die punt van skepping, en herskepping.

Berge en Tempels

In antieke Mesopotamië het konsepte rondom die oerberg – en berge in die algemeen – 'n baie belangrike rol in die tempelteologie gespeel. 'n Berg is die hoogste punt op aarde wat raak-raak aan die hemel. Berge en gode moet dus iets met mekaar te doene hê. Soms gebeur dit dat die gode vanuit die hemel afkom na die aarde toe, en dan is berge hul aangewese woonplek. Maar dit gebeur ook dat mense 'n behoefte het om die gode in die hemel te besoek – en dan klim hulle teen die berge op om die gode daar te ontmoet. Op die berge bring mense offers, enersyds om die gode aan te roep, maar ook om hul goeie guns te wen. Op die plat Mesopotamiese vlaktes was daar ongelukkig nie volop berge nie, en daarom moes hulle kunsmatig gebou word. Ziggoerats, Mesopotamiese tempels, is niks anders as kunsmatige oerheuwels nie, en al die konsepte rondom die oerberg, gode, mense en offers is op die ziggoerat oorgedra.

Iets hiervan vind ons ook in Ou Israel. Eksodus 19 beskryf dramaties hoe Moses na die Sinai-berg toe opklim om JHWH te ontmoet. Dis 'n angswekkende gebeurtenis. Dit gaan met donderslae, weerlig en 'n donker wolk gepaard, en uiteindelik verander die berg Sinai tot 'n reuse rookoond wat skud en bewe en waar God met Moses in die donderslae praat. Moses ontvang die Tien Gebooie en kry opdrag om 'n ark te maak waarin hy die 'getuienis van die verbond' moet bewaar (Eks 25:10-22).

Dieselfde ark vind 'n paar eeue later sy tuiste in Salomo se tempel (1 Kn 8:25). Dus, ook in Ou Israel was die tempel simbolies van die kosmiese oerberg, 'n vaste punt, 'n plek waar God teenwoordig is, en die aangewese ontmoetingsplek tussen God en mens. Ook in Ou Israel het offerandes 'n kardinale rol in die tempel-liturgie gespeel, om die harmonie en vrede tussen God en mens te verseker.

Tempel, ark en vloed

Maar daar was ook iets anders. Na aanleiding van die gedagte dat die spits van die oerberg die eerste droë punt en gevolglik die fondament vir die aarde was, het die mense van die Ou Nabye Ooste gereken dat tempels se wortels tot in die onderaardse waters deurdring. Vanuit die drumpel van die tempel vloei stroompies wat lewe gee en die aarde bevrug (vgl. Esg 47). Maar bo die aarde en onder die aarde was die chaos-waters wat gedreig het om enige oomblik los te bars en die wêreld te verswelg. Slegs die teenwoordigheid van die goddelike binne die tempel het die chaosmagte in bedwang gehou en lewegewende strome bewerk.

Dit het immers een maal gebeur dat die hele aarde deur die chaoswaters vernietig is. Net een mens en sy klein gesin – en 'n hele klomp diere! – het die ramp oorleef: Noag. In opdrag van die Here God moes Noag 'n ark bou, en daarin oorleef terwyl die kataklisme oor die aarde woed.

Gelukkig word die storie van die Groot Vloed en Noag se ark vandag nie meer letterlik gelees nie. Daar is net te veel vrae wat slegs deur middel van wetenskap-fiksie opgelos kan word. Boonop bestaan soortgelyke verhale in ander kulture.

Die bekendste hiervan is die Babiloniese Vloedverhaal, die sogenaamde 'Atrahasis-epos', en heelwaarskynlik het die geleerdes van Juda tydens die Babiloniese Ballingskap hiermee in kontak gekom. Daar is heelwat parallelle tussen die twee verhale, maar ook 'n paar betekenisvolle verskille.

Die groot gode besluit om die mensdom met 'n vloed uit te wis, maar een van die gode, Ea verklap die geheim aan sy witbroodjie, Atrahasis – of Utanapisjtim soos wat hy in die Gilgamesh-epos genoem word. Ook hy moet 'n groot skip bou, sy familie en die saad van alles wat leef aan boord neem. Inderdaad, die storm breek los, en die vernietiging is so erg dat selfs die gode beangs raak! Maar die waters bedaar tog, en die boot loop vas teen 'n hoë berg, die berg Nimus. Utanapisjtim stuur vervolgens 'n paar voëls uit om die wêreld te verken: 'n duif, 'n swaeltjie en 'n kraai. Die eerste twee kom terug omdat hulle nie 'n vastrapplek kan kry nie, maar die kraai vlieg weg. As Utanapisjtim sy voete op droë grond sit, bring hy 'n offer. Omdat die gode vir 'n geruime tyd sonder mense-offers moes klaarkom, is hulle nou deeglik uitgehonger en maar alte bly oor wat Utanapisjtim hulle bied. En hulle seën hom en sy vrou met die ewige lewe.

Geleerdes lê nogal interessante verbande tussen Noag se ark en Utanapisjtim se skip. Utanapisjtim se skip is 'n vierkantige konstruksie met sewe vlakke – amper iets soos 'n reuse kubus. Noag se ark is langwerpig met drie verdiepings wat boontoe al kleiner word. Die gedagte was nooit dat hierdie gedrogtelike konstruksies regtig op woedende stormwaters moes dryf nie (veral met 'n klomp verskrikte diere binne-in wat besig is om mekaar instinktief ter wille van oorlewing te verslind)! Inteendeel, Utanapisjtim se skip word gesien as verteenwoordigend – of simbolies – van die Mesopotamiese ziggoerat, en Noag se ark van die latere Salmoniese tempel.

En as die storm losbars, kom die Ou Nabye Oosterse tempelteologie ter sprake. Binne die skip/ark as mini-ziggoerat/tempel, is die mens veilig. [Ek gebruik 'mens' as generiese term, en verwys na 'hom/hy' in 'n grammatikale sin – nie gender nie!]

Hier skuil hy teen die woeste chaosmagte wat bo hom en onder hom losgebars het. Hier bly hy veilig, behoue, terwyl die eens geskape wêreld geheel en al ontskape word. Tot en met die botsing teen die simboliese oerberg – en daarvandaan trek die chaosmagte terug en word 'n proses van herskepping aan die gang gesit. 'n Offer bring die godheid en mens weer bymekaar uit en bevestig die harmonie.

Slot

Ons lees dikwels die Bybel met 'n 21e eeuse bril. Ons verstom ons aan die fantastiese stories wat die ou Israeliete uitgedink het: 'n hele berg wat aan die brand slaan, of 'n snaakse skip met 'n klomp mense en diere wat 'n maand of langer bo-op stormwaters dryf.

En 'n tempel is maar net 'n gebou waar die mense kom aanbid het – amper iets soos 'n kerk. Maar die Bybel is deurdrenk van Ou Nabye Oosterse denke en simboliek.

Die skrywers van die Bybel het nie anders oor die wêreld as hul Ou Nabye Oosterse tydgenote gedink nie. Hulle het dieselfde wêreldbeeld en konsepte gedeel.

Die Bybelskrywers het wel stories van hul bure oorgeneem – soos die Vloedverhaal – en dit binne hul eie teologiese raamwerk op 'n unieke en kreatiewe wyse her-interpreteer, maar hulle het nie die Ou Nabye Oosterse simboliek en metafoor prysgegee nie.

Ons kan nooit die Bybel presies verstaan soos wat die eerste lesers dit verstaan het nie – daarvoor is ons wêreld, ons eeu en ons taal te ver verwyderd. Maar 'n sensitiwiteit vir die Ou Nabye Oosterse denke, konsepte en mites, kan ons dalk 'n klein bietjie op hierdie moeilike pad help.

Bronne

Berlejung, A & Frevel, C 2006. Handbuch theologischer Grundbegriffe zum Alten und Neuen Testament. Darmstadt: Wissenschaftiche Buchgesellschaft.
Holloway, SW 1991. "What Ship Goes There: The Flood Narratives in the Gilgamesh Epic and Genesis Considered in the Light of the Ancient Near Eastern Temple Ideology" in Zeitschrift für die Alttestamentliche Wissenschaft Vol 103 (3), 328-355.
Mc Call, H 2001. Mesopotamian Myths. London: Methuen.

Aanhangsel vir verdere lees:

The Epic of Gilgamesh – Tablet XI, The Story of the Flood

Gilgamesh spoke to Utanapishtim, the Faraway:
I have been looking at you, but your appearance is not strange.
You are like me! You yourself are not different.
You are like me! My mind was determined to fight with you.
But instead my arm lies useless over you.

Tell me, how is it that you stand in the Council of the Gods?
And you have found life!
Utanapishtim spoke to Gilgamesh, saying:
I will reveal to you, Gilgamesh, a thing that is hidden.
A secret of the gods I will tell you!

Shuruppak is a city that you know for sure.
It is situated on the banks of the Euphrates.
That city was very old, and gods lived there.
The hearts of the Great Gods
Moved them to inflict the Flood.

Their Father Anu uttered the oath of secrecy.
Valiant Enlil was their Adviser. Ninurta was their Chamberlain.
Ennugi was their Minister of Canals.
Ea, the Clever Prince was under oath with them.
So she would repeat the discussion in the Gods' Council, at the reed house:

Reed house, reed house! Wall, wall! O man of Shuruppak, son of Ubartutu:
Tear down your house and build a boat!
Abandon wealth and seek living beings!
Spurn possessions and keep alive living beings!
Make all living beings go up into the boat.

The boat that you are to build:
Its dimensions must measure equal to each other.
Its length must correspond to its width.
Roof it over like the Apsu.
I understood and I spoke to my lord, Ea.

My lord, along these lines is the command you have uttered.
I will pay attention to it and I will do it.
But what shall I tell the city, the public, and the Elders?
Ea spoke, and demanded from me, his servant:
Well then, this is what you must say to them:

It appears that Enlil throws me out so I cannot live in your city.
Nor can I set foot on Enlil's Earth.
I will go down to the Apsu to live with my lord, Ea.
And a glut of fowl and countless fish
Upon you he will rain down plenty.

He will bring to you a harvest of prosperity.
In the morning he will let loaves of bread shower down.
And in the evening will bucket down wheat! Just as dawn began to glow
The land assembled around me. The carpenter carried his hatchet.
The reed worker carried his flattening stone... the men...

The child carried the set of connections. The weak brought whatever
Else was needed. On the fifth day I laid out its exterior. It was in a field.
Its walls were each ten times twelve cubits in height,
The sides of its top were of equal length ten times it's cubits each.
I laid out its interior structure and drew a sketch of it.

I provided it with six decks, thus dividing it into seven levels.
I split the central part into nine parts.
I put plugs to keep out water in its middle part.
I placed the punting poles. I wrapped up with what was essential.
Three times three thousand six hundred units of raw bitumen.

I poured into the bitumen kiln, three times
Three thousand six hundred units of pitch... into it, there were three times
Three thousand six hundred porters of casks who carried vegetable oil,
Apart from the three thousand six hundred units of oil which they consumed!
And two times three thousand six hundred units of oil, which the boatmen stored away.

I butchered oxen for the meat and day upon day I slaughtered sheep.
I gave the workmen ale beer, oil, and wine, as if it were water from the river.
So they could make a party like the New Year's Festival.
...And I set my hand to the oiling...
The boat was finished by sunset. The launching was very difficult.

They had to keep carrying a landing strip of poles front to back,
Until two-thirds of it had gone into the water.
How much I had loaded on it. How much silver I had I loaded on it.
How much gold I had I loaded on it. All the living beings that I had I loaded on it.
I had all my nearest and dearest go up in the boat.

All the beasts and animals of the field and the craftsmen
I had them go on board. The Sun God had set at the likely time.
In the morning I will let loaves of bread shower down.
And in the evening I will bucket down with wheat!
Go inside the boat. Seal the entry!

The prophesized time had come.
In the morning he let loaves of bread shower down,
And in the evening bucketed down with wheat.
I watched how the weather looked like.
The weather was frightening to look at.

I went into the boat and sealed the entry.
For the caulking of the boat, to Puzuramurri, the boatman,
I gave my palace together with its contents.
Just as dawn began to glow
There cropped up at the horizon a black cloud.

Adad rumbled inside of it.
Before him went Shullat and Hanish.
Heralds were going over mountain and land.
Erragal pulled out the mooring poles.
Forth went Ninurta and made the dikes overflow.

The Anunnaki lifted up the torches,
Setting the land ablaze with their flare.
Shock waves spread out on Adad's deeds and took over the sky.
And all that had been light had turned into darkness.
The... land shattered like a... pot.

All day long the south wind blew...
Blowing fast, submerging the mountain in water,
Overwhelming the people like in an attack.
No one could see his buddy.
They could not recognize each other in the downpour.

The gods were frightened by the Flood,
And retreated, ascending to the heaven of Anu.
The gods would retreat like dogs, ducking by the outer wall.
Ishtar screamed like a woman in childbirth.
The sweet-voiced Mistress of the Gods cried:

Alas, the olden days have turned into dust.
Because I said evil things in the Council of the Gods!
How could I say evil things in the Council of the Gods?
Ordering a catastrophe to destroy my people!
No sooner have I given birth to my dear people
Than they fill the sea like schools of fish!

The gods – those of the Anunnaki – were weeping with her.
The gods humbly sat weeping, sobbing with grief.
Their lips were burning, being scorched by thirst.
For six days and seven nights came
The wind, the flood and the storm flattened the land.

When the seventh day arrived, the storm was pounding.
The flood was like a war – struggling with itself like a woman in labor.
The sea had turned calm and became still. The twister and the flood stopped.
I looked around all day long – calm had set in.
And all the human beings had turned into clay!

The terrain was as flat as a roof.
I opened a vent and fresh air and daylight fell upon the side of my nose.
I fell on my knees and sat weeping.
Tears would stream down the side of my nose.
I looked around for coastlines on the expanse of the sea.
And at twelve leagues there emerged an area of land.

On Mt. Nimush the boat lodged firm.
Mt. Nimush held the boat, allowing no sway.
One day and a second Mt. Nimush held the boat, allowing no sway.
A third day, a fourth, Mt. Nimush held the boat, allowing no sway.
A fifth day, a sixth, Mt. Nimush held the boat, allowing no sway.

When a seventh day arrived I set free a dove.
The dove went off, but came back to me.
No perch was visible so it circled back to me.
I set free a swallow.
The swallow went off, but came back to me.

No perch could be seen so it flew in a circle back to me.
I sent forth a raven and released it.
The raven went off, and saw the waters drop.
It eats. It scratches. It moves up and down.
But does not circle back to me.
Then I sent out everything in all directions and sacrificed a sheep.

I offered incense in front of the mountain-ziggurat.
Seven and seven offering bowls I put in place.
And into the fire underneath or into their bowls
Reeds, cedar, and myrtle I poured. The gods smelled the aroma.
The gods smelled the sweet aroma.
They gathered like flies on a sheep sacrifice.

Dr. Gerda de Villiers

Sluit by ons aan

Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

Dr. Piet Muller: Die Evangelie van Thomas

Die Evangelie van Thomas - met verklarende aantekeninge

Dr. Piet Muller se groot werk, Die Evangelie van Thomas – met verklarende aantekeninge nou op SES in PDF formaat (1.3 MB) of Kindle weergawe (0.5 MB).

Die Dans met God

Die Dans met God

Boek:  Die Dans met God (2015) deur Dr. Abel Pienaar. Die eens onaantasbare dogmas wat aan ons as die absolute waarheid voorgehou was, word nou al hoe meer bevraagteken. Dit beteken egter nie dat wanneer iemand nuut dink oor God en geloof, so 'n persoon nie ook spiritueel is nie. Die teendeel is eerder waar. Die boek is beskikbaar in boekwinkels (R189) en kan ook bestel word by Naledi Uitgewers.

DVD: Saam op soek na God

Saam op soek na God

Gewone mense en bekendes word gevra om oor hulle oortuigings en geloof te praat. Vrae soos: Wie is God vir jou?
Het jy enige bewyse van God se bestaan? Ons het gelowiges tot ateïste, new agers tot wikka hekse gaan vra. Die DVD kos R130 maar vir Sentrum (SES) lede net R110.

Boek: Hier staan ek...

Duisende Afrikaanse mense voel verwyderd van fundamentalistiese sienings van Christenskap en verlaat die tradisionele kerke in hul hordes. Hulle voel dikwels skuldig en alleen en is onder die indruk dat daar iets met hulle fout is. Hulle soek nuwe Afrikaanse gespreksgenote en gemeenskappe waarin hulle hul nuwe spiritualiteit kan uitdruk. Hierdie boek is die resultaat van sodanige gesprekke. Beskikbaar by Griffel of bestel direk by Boekblik.

Jesus van Nasaret

Jesus van Nasaret

Boek:  Jesus van Nasaret (2009) deur Prof. Sakkie Spangenberg. "In Jesus van Nasaret is Spangenberg op sy beste. Hy skryf oor die feilbaarheid van die Skrif en verduidelik uit 'n suiwer historiese oogpunt hoe Israel ontstaan en wie Jesus was." Beskikbaar by Kalahari, Exclusive Books, Protea Boekwinkel, of by die skrywer.

Stuur vir ons 'n brief

Ons stel belang in jou reaksie en kommentaar op enige gegewe artikel en jou denke rondom die soeke na eietydse spiritualiteit. Besoek asb. hierdie bladsy vir meer inligting.

Kopiéreg © spiritualiteit.co.za