Avatar: ‘n Ontluikende mitologie vir ons tyd

Deur Naas Ferreira op 1 Januarie 2011

Avatara: 'n manifestasie, of inkarnasie van die goddelike op aarde, spesifiek die Hindu god Vishnu in menslike vorm soos Krisjna of Rama. (sien Georg Feuerstein: The Shambhala Encyclopedia of Yoga. 1997:44).

Die lokettreffer film Avatar, wat meer as 2.7 miljard dollars wêreldwyd verdien het, is die suksesvolste film van alle tye. Die welslae van Avatar om die verbeelding van miljoene mense dwars oor die wêreld aan te gryp is meer kompleks as blote tegnologie. Die antwoord lê eerder in die vervanging van die Joods-Christelike mitologieë deur wetenskaplike materialisme en (post) modernisme in die Weste en die leemte wat dit by miljoene mense gelaat het. Ken Wilber, in Up From Eden: A Transpersonal View of Human Evolution (1981, 1996, pg vii.) gee sy redes vir die agteruitgang van die Westerse mitologie:

"No doubt about it, modernity by and large has thoroughly rejected religion: modernity does not accept traditional mythic religion in its governing and political bodies, does not accept mythic-religious explanations for scientific facts and truths, and does not accept specific mythic-religious tenets in public discourse and public morality."

Godsdiens word in regerings en besigheid slegs vir politieke of finansiële gewin gebruik. Die wetenskap of ekonomie is nie daartoe in staat om aan die menslike psige 'n sin van betekenis te gee nie. Tradisionele groepe, aan die ander kant, verkies om in hulle ivoortorings weg te kruip en hulle rûe op die wêreld te draai. Tog moet almal in die wêreld leef, of dit nou modern of postmodern is, maar sonder hulle dogmas wat nie die ondersoekende oog van die rede kan vryspring nie.

Dit is seker hoekom Rollo May, 'n psigoanalis, in The Cry for Myth (1991:9) beweer, "there is an urgency in the need for myth in our day. Many problems of our society, including cults and drug addiction, can be traced to the lack of myths which will give us as individuals the inner security we need in order to live adequately in our day." Roger Welsh in The World of Shamanism: New Views of an Ancient Tradition (2007:58) stem saam: "Throughout human history, myths have provided guidelines for the conduct of life. Only in our own time have so many cultures lacked a coherent myth – a grand, unifying story of the cosmos. Indeed, this lack of meaningful myth may underlie much of the fragmentation and alienation that haunts our lives and our future may well depend on our ability to create a new, life affirming myth that gives coherence and common meaning to our modern world."

Joseph Campbell in The Hero with a Thousand Faces (2006:388) neem die argument verder: "The problem of mankind today, therefore, is precisely the opposite to that of men in the comparatively stable periods of those great co-ordinating mythologies which now are known as lies. Then all meaning was in the group, in the great anonymous forms, none in the self-expressive individual; today no meaning is in the group – none in the world; all is in the individual. But there the meaning is absolutely unconscious. One does not know toward what one moves."

Timothy Freke en Peter Gandy in hulle tweede kontroversiële boek oor die mitiese beeld van, Jesus and the Goddess: The secret teachings of the original Christians (2002:118) neem die redenasie na die oorsprong van mites verder terug: "For the ancients, myths were symbolic language with which they could explore spiritual ideas that continued to be relevant throughout the whole process of initiation. Decoding the allegorical meaning of a myth is not, therefore, about explaining the myth away, but about taking it to new levels." Hulle argument in Jesus and the Goddess en The Jesus mysteries: Was the original Jesus a pagan god? (1999) is dat die Gnostici van die eerste eeu na Christus by sogenaamde "heidense" mites gaan leen het om die mitiese figuur van Jesus te skep. Die Jesus verhaal is veronderstel om 'n paradigma van Ontwaking vir alle mense te wees. Dis natuurlik in stryd met die kerklike dogma dat Jesus as Seun van God 'n historiese persoon is. Dit is juis die probleem wat baie moderne en postmoderne mense in die Weste met die Joods-Christelike "historiese aansprake" het. Indien mens egter die hele Bybel en die Jesus verhaal as mites lees hoef niemand te probeer om die mites weg te verklaar nie maar kan die mites tot hoër vlakke geneem word.

Wat is mite? Meeste mense beskou ander mense se godsdienstige verhale as mites en dus as leuens, maar hulle eie as feitlike waarhede.

Joseph Campbell, 'n kenner van wêreld mites, in Thou art That: Transforming Religious Metaphor (2001:1,2), gee sy definisie soos volg: "No, myth is not a lie. A whole mythology is an organization of symbolic images and narratives, metaphorical of the possibilities of human experience and the fulfillment of a given culture at a given time." Dit beteken dat mense vanuit hulle omgewing stories skep om sin te maak van hulle lewens en ervarings. Mense wat in die oerwoude bly se mitologieë is anders as nomadiese veeboere of landbouers. Hulle verhoudings met die natuur en gode sal ook verskil. Campbell gebruik die term "metaphorical" in sy definisie. Die mens kan slegs deur metafore oor die Onsienlike praat. Sallie McFague in Models of God: Theology for an Ecological, nuclear age (1988:33,34) verduidelik metafoor soos volg: "Metaphor always has the character of 'is' and 'is not': an assertion is made but as a likely account rather than a definition. That is to say, 'God is mother,' is not to assert identity between the terms 'God' and 'mother,' but to suggest that we consider what we do not know how to talk about – relating to God – through the metaphor of mother."

Die kerk het die metafoor direk gaan vertaal. Campbell het in Flight of the wild gander: Explorations in the mythological dimension (2002:53), dit betreur. Wanneer mitologie verkeerdelik as direkte geskiedenis of wetenskap gelees word, verander simbole in feite, metafore word dogma, en sektes baklei onder mekaar omdat hulle verkeerdelik hulle eie simboliese tekens as die hoogste werklikheid verstaan. Dit is egter nie net sektes wat baklei vir hulle waarhede nie; dink maar aan die stryd tussen Islam en Judaïsme, Islam en Christene. Mense is bereid om dood en vernietiging te saai ter wille van sogenaamde "feite."

Campbell beklemtoon die funksies van mites in meeste van sy werke. Hy (Campbell 2001:2-5) som die vier funksies soos volg op:
1. Die metaforiese of mistieke funksie – om verwondering vir die lewe – goed of kwaad – te skep waardeur die mens op drie maniere kan deelneem: om van die lewe te onttrek, of om deel te neem, of om iets te doen om die situasie te korrigeer.
2. Die kosmologiese funksie – om 'n bestendige beeld van die wêreld voor te stel wat sin maak vir mense van hulle tyd. Die Bybelse kosmologie is sonder die insigte van die hedendaagse wetenskap en maak dus vir die moderne mens nie sin nie.
3. Die sosiologiese funksie – om 'n spesifieke morele orde te bevestig en te ondersteun. Alle mites kom uit sekere kulture en moet in die taal en simbole van die kultuur praat. Die mense word ook gevorm deur rites wat 'n uitlewing van die mites is.
4. Die psigologiese (pedagogiese) funksie – om die individu deur die verskillende fases van die lewe te vergesel: "to help persons grasp the unfolding of life with integrity" (Campbell 2001:5).

In sy navorsing oor die Primitiewe, Oosterse, Westerse en Kreatiewe mitologieë het Campbell agtergekom dat die verhale meestal handel oor 'n held wat op reis gaan, op soek na "skat" wat hy of sy na die stam, volk of die wêreld tot almal se voordeel kan terugbring. Soos meeste stories het die held se reis ook 'n begin, middel en einde. In The hero with a thousand faces (2008:28,29) verdeel Campbell die reis in drie dele: Die eerste deel is verwydering of vertrek en het vyf stasies:
1. Die Oproep tot die Avontuur, of die tekens van die held se roeping
2. Die Weiering van die Oproep, of die nadele van die vlug van die god
3. Bonatuurlike Hulp, onverwagse hulp aan die een wat die avontuur onderneem
4. Die Oorsteek van die Oorgang
5. Die Maag van die Walvis, of die reis in die nagtelike ruim

Die tweede seksie of die teenslae en oorwinnings van inisiasie, het ses stadia:
1. Die Toetse Oppad, of die gevaarlike aspekte van die gode
2. Die Ontmoeting met die Godin, (Magna Mater), of die vreugde van verlore jeug
3. Vrou as Verleidster, of die erkenning en pyn van Oedipus
4. Versoening met die Vader
5. Apoteosis, of die verhoging tot goddelike status
6. Die Groot Skat

Die derde deel of Die terugkeer en herintegrasie met die gemeenskap sluit af met ses stasies:
1. Weiering om Terug te Keer, of om die wêreld te ontken
2. Die Magiese Vlug, of die ontsnapping van Prometheus
3. Redding van Buite
4. Die oorsteek van die Oorgang, of die terugkeer na die gewone lewe
5. Die Meester van Twee Wêrelde
6. Vryheid om te Lewe, die natuur en funksie van die "groot skat"

Christopher Vogler, 'n Hollywood draaiboekkonsultant, het duisende draaiboeke geanaliseer en die held se reis soortgelyk aan Campbell se struktuur in baie films raakgesien. In The Writer's Journey: Mythic Structures for Writers, Third Edition (2007:29,30) sê Vogler die volgende oor die held:

"In psychological terms, the archetype of the hero represents what Freud called the ego – that part of the personality that separates from the mother, that considers itself distinct from the rest of the human race. Ultimately, a Hero is one who is able to transcend the bounds and illusions of the ego, but at first, Heroes are all ego; the I, the one, that personal identity who thinks it is separate from the rest of the group. The journey of many Heroes is the story of that separation from the family or tribe, equivalent to a child's sense of separation from the mother. The Hero archetype represents the ego's search for identity and wholeness."

Om die Self te vind beteken om die ego te verloor of af te sterf om die "Groot Skat" (jou siel, of om te Ontwaak) en terugkeer met nuwe kennis om die groep te verryk. Roger Walsh in The World of Shamanism: New Views of an Ancient Tradition (2007:39) wys daarop dat die held begin as ego en eindig om een met alles te word. Walsh haal Robert DeRopp se The Master Game aan: "What people really need and demand from life is not wealth, comfort or esteem, but games worth playing. Seek, above all, for a game worth playing ... Having found the game, play it with intensity – play as if your life and sanity depended on it (they do depend on it)." Die Meester Spel is die soeke na Ontwaking of Verlossing. Dit is nie 'n spel om die uiterlike te bemeester nie maar die innerlike van die mens se eie verstand en bewussyn of die "ecstatic realization that this nature is inseparable from the Divine."

Mens kan sê dat mites 'n narratiewe struktuur van betekenis is en dat mense mites skep om hulle te help om sin van hulle bestaan te maak asook om die betekenis wat dit aan die lewe gee te verduidelik. Joyce en River Higginbotham in ChristoPaganism: An inclusive path (2009) het in hulle navorsing gevind dat daar groei is in hoe mense of die self mites verstaan asook in die sorg (2009:143) wat mense aan ander gee: "If the self's moral span expands from caring only about itself to caring about all creatures, then how does this process impact the story it adopts about how the world works?"

Higginbotham (2009:143-7) het gevind dat die self (mens) deur ses verskillende verhoudings met mites ontwikkel. Hulle het nie 'n vroeë stadium net na geboorte nie, aangesien die babas nog nie 'n verhouding met mites kan hê nie of waarvan ons kennis dra nie. Hulle noem die verhouding soos volg:

1. Mities Tasbare: Die self leer in hierdie verhouding van sy identiteit in die familie, die groep of nasie en ervaar alles deur die sintuie. Die mites verduidelik hoekom dinge gebeur en ook van die kragte agter die gebeure. Indien jy goed doen sal goeie dinge met jou gebeur, indien nie sal die slegte jou oorval. Die self ervaar alles konkreet en sorg net vir die eie ek en is egosentries.

2. Mities Letterlik: Op hierdie vlak word die self bewus daarvan dat daar agter die heilige tasbare items 'n storie is wat vertel dat die items heilig is. Die storie word beklemtoon. Die self bestudeer die storie en voel dat dit nooit die diepte van die mite kan deurbreek nie. Siende dat die godheid die mite aan die mens gegee het, word gevoel dat die reëls van die verhaal streng nagevolg moet word. Die self is nou deel van 'n groter groep en sorg net vir diegene wat streng volgens die letter van die wet lewe. Hulle is etnosentries.

3. Mities Rasioneel: Hier ontdek die self dat die letterlike interpretasie van die mite nie teen rasionele ondersoeke kan staande bly nie. Die self vind dat daar agter die mites 'n doel lê wat die fokus van hierdie vlak word. Die self besef dat sekere universele waarhede op almal betrekking het en nie net op die klein groepie nie.

4. Mities Globaal: Wanneer die mens (self) die universaliteit van die mites besef, is die self in staat om meer perspektiewe te handhaaf en kan dan insien hoekom vroeëre vlakke dinge glo en doen. Die persoon mag op hierdie vlak wêreldgodsdienste bestudeer en ontdek dat alle mites min of meer dieselfde storie vertel.

5. Mities Argetipe: Op hierdie vlak word die storie minder belangrik en onderliggende patrone kry die klem. Die self (Higginbotham 2009:146) "may identify spiritual realms where beings or elements of consciousness exist. It may form relationships with these spiritual realms or beings." Die self beweeg buite die mitiese struktuur en betree die Wesens direk. Dit word vir die mens (self) moeilik om woordelikse uitdrukking aan die ervarings te gee. Verder voel die mens nie net dat hulle deel van die kreatiewe proses is nie, maar ook dat hulle die kreatiewe proses word.

6. Mities Avatar: Die finale verhouding met mites is wanneer die self nie langer in terme van argetipe konsepte dink nie (Higginbotham 2009:147): "Here the self realizes that myth is a vehicle whose purpose is not to describe something external to people (such as God, angels, ethical rules, and so on), but to stimulate internal transformation by directing people's attention to some truth about themselves or reality." Mense op hierdie vlak wil ander mense help om hulle bewussyn te transformeer om hulle ware Natuur in die goddelike te realiseer.

Dit is hier waar films en Avatar inkom. Dit blyk asof films die rol van die godsdiens in die skepping van mites vir ons tyd oorgeneem het. Robert K. Johnston in Reel Spirituality: theology and film in dialogue (2007:137) vertel 'n anekdote om die verskuiwing te illustreer:

Garrison Keillor once remarked: 'If you can't go to church and, for at least a moment, be given transcendence; if you can't go to church and pass briefly from this life into the next; then I can't see why anyone should go. Just a brief moment of transcendence causes you to come out of church a changed person.' Commenting on this observation, Ken Gire writes, 'I have experienced what Garrison Keillor described more in movie theatres than I have in churches. Why? I can't say for sure ... Movies don't always tell the truth, don't always enlighten, don't always inspire. What they do on a fairly consistent basis is give you an experience of transcendence. They let you lose yourself in somebody else's story.'"

Niemand kan die krag van film langer in 'n gemeenskap wat smag na morele leiding wat die godsdienste blykbaar verloor het, ontken nie. Johnston (2007:13, 26) herinner die leser aan die krag van films en sy rol in die gemeenskap: "Movies function as a primary source and meaning for people throughout the world. Along with the church, the synagogue, the mosque, and the temple, they often provide people stories through which they can understand their lives ... There are, of course, places of worship that are vibrant and meaningful. But people both within the church and outside it recognize that movies are also providing primary stories around which we shape our lives ... Presenting aspects of our daily lives both intimate and profound [real and imagined], movies exercise our moral and religious imagination. (Movies) remain in the twenty-first century our primary storytelling medium, interpreting reality for us and acting as a type of cultural glue. Given its importance as a means of cultural communication, the cinema has become a significant contemporary language in need of understanding and explication."

Die beste genre om moderne mitologie oor te dra is seker wetenskapsfiksie. Maria Pramaggiore en Tom Wallis (2008:287) definieer wetenskapsfiksie soos volg: "Science fiction films explore the potential of human ingenuity and ponder the spiritual, intellectual, and/or physical costs of technological development. They suggest that technology alone is important, or worse, destructive, unless its development coincides with an expansion in the human capacity for creativity, empathy, and/or humility." Met wetenskapsfiksie kan die filmmakers nuwe wêrelde met nuwe simbole skep wat die gehoor in verwondering na hul asems laat snak. Dit is die eerste funksie van mites. Dit is makliker om met simbole en metafore in wetenskapsfiksie met die gehoor se innerlike self te kommunikeer as byvoorbeeld deur middel van melodrama, film noir en aksie-avontuur rolprente. Alhoewel film noir tematies en stilisties geskakeerd is, is dit nogtans beperk.

Aanhangers van wetenskapsfiksie is nie passiewe kykers nie. Volgens Sanders, in sy inleiding van die bundel artikels The philosophy of science fiction film, daag wetenskapsfiksie die kyker uit om in gesprek met die film te tree: "Normally when one watches a science fiction film, one takes notice of its style and themes. One makes connections, formulates hypotheses, seeks meanings, and asks oneself questions about what will happen next. Far from being passive, watching a film typically involves attentiveness" (Sanders 2009:13).

Vir voorbeelde van hoe wetenskapsfiksie diep filosofiese en teologiese vrae oor menswees, bewussyn, tydreise en die siel stel, kan ons na die ses Star Wars (1979-2005) films, die vier Alien (1979-1997) films, The Matrix (1999-2003) trilogie, Dark City (1998) die vier The Teminator (1984-2009) rolprente, Strange Days (1999), Stephen Spielberg se AI: Artificial Intelligence (2001) en Minority Report (2002), 12 Monkeys (1995), Blade Runner (1982), 2001: A Space Odyssey (1968) en vele meer, verwys.

Die titel van 'n rolprent is dikwels die sleutel om die konnotasie van die film oop te sluit. Dink hier aan Jaws (1974) Shakespeare in Love (1999), The Matrix (1999), en selfs Stagecoach (1939). Avatar (2009) is geen uitsondering nie. 'n Avatar, volgens Georg Feuerstein (1997:44) in The Shambhala encyclopedia of yoga, beteken 'n manifestasie, of inkarnasie van die goddelike op aarde, spesifiek die Hindu god Vishnu in menslike gedaante soos Krisjna of Rama. Dit is eers aan die einde van die film Avatar dat die volle betekenis van die naam duidelik word.

James Cameron, die draaiboekskrywer en regisseur, skep met Avatar vir die kyker 'n geloofbare en asemrowende wêreld van Pandora, 'n maan met 'n Aardgelyke omgewing wat 'n reuse gasplaneet genaamd Polyphemus in die Alpha-Centaurus-A sisteem, 4.4 ligjare van die Aarde, omwentel. Die verhaal speel af in die jaar 2154, en die verwondering wat Jake en die kyker saam ervaar laat die ego sonder woorde na die asemrowende beelde kyk. Dit is die eerste funksie van die mite – verwondering. Die planeet/maan se lae swaartekrag het lang inwoners, genaamd die Na'vi, tot gevolg. Die atmosfeer is dodelik vir mense en om op Pandora te funksioneer het wetenskaplikes 'n hibried wese, die vermenging van Na'vi DNS met die van die mens, geskep. Die Na'vi noem hierdie wesens "sleepwalkers", droomwandelaars. Dit word 'n avatar genoem wat as 'n voertuig vir menslike bewussyn gebruik word. Die program is daarop gemik om die Na'vi te verstaan en te oorreed om 'n kosbare mineraal, Unobtainium, wat onder hulle "Hometree" is, prys te gee. Die naam van die metaal, Unobtainium, wys daarop dat dit waarna die ego soek onbekombaar is, maar dit sal nie die ego verhinder om alles in sy/haar vermoë te doen om dit te probeer verkry nie. Droomwandelaars is ook 'n goeie beskrywing van die menslike toestand: ons is salig onbewus van ons ware aard soos deur Eckhart verwoord en ons is dus metafories aan die slaap. In kontras hiermee herinner die Na'vi groet, "ek sien jou", sterk aan die Hindu groet van "Namaste" wat beteken: "die godheid in my erken die godheid in jou." Dit is 'n verklaring dat die ander persoon ook 'n manifestasie van die goddelike is en daarom met respek behandel behoort te word.

Hierdie gedetailleerde uiteensetting van die wêreld Pandora, alhoewel nuut vir die kyker, is noodsaaklik want dit maak Pandora 'n oortuigende wêreld. Dit is die tweede funksie van mites, die kosmologie, wat in Avatar deeglik geskep is. Die Bybelse kosmologie is die hemelkoepel waaragter God skuil, die aarde waarop mens en dier lewe en onder die aarde waar die hel is. Mense op die Mities Letterlike fase aanvaar die wêreldbeeld as die waarheid. Die Na'vi se kosmologiese beskouing is nader aan dit waarvan AH Almaas (1988:475) in The pearl beyond price: integration of personality into Being: an object relations approach, melding maak: "The world is perceived, in some sense, as alive and living, as one infinite and boundless organism of consciousness. It is not merely the presence of Being or consciousness; this dimension of Being is experienced as a living organism, boundless and infinite." Hierdie siening verteenwoordig die beste in die mens en iets waarna gestrewe moet word.

In Avatar beweeg die kyker saam met Jake Sully om Pandora, die nuwe wêreld van die film, van nader te bewonder. Tydens die openingsskoot hoor ons 'n mansstem wat vertel hoe hy dikwels droom dat hy vlieg, terwyl die kamera oor 'n oerwoud beweeg. Onmiddellik plaas die regisseur die kyker midde in 'n mite, want soos ons reeds gesien het verbind Campbell drome en mites aan mekaar (2007:212). Drome is nie die plek van die ego nie maar die setel van die siel (Plotkin 2003:140). Die ongerepte oerwoud is in skrille kontras met wat die kyker van tropiese oerwoude weet wat daagliks deur mensgemaakte brande uit hebsug vernietig word. Dan sien ons 'n oog wat oopgaan en die held, Jake Sully, se gesig wat met 'n ligte blou kleur verlig is. Hierin is klaar 'n verwysing na Jake se nuwe geboorte as 'n Na'vi, wanneer sy oë aan die einde van die film oopgaan. Jake se van, Sully, beteken "besoedel, besmet, bevlek en beklad" (Pharos Afrikaans-Engels, English-Afrikaans Woordeboek / Dictionary 2005). Dit verwys seker na die Katolieke dogma van die Oersonde wat deur Jesus se bloed met die doop skoon gewas word. Soos ons sal sien, gaan dit in Jake en dus die kyker se geval nie oor uiterlike verlossing nie maar oor die ontwaking tot die ware self. Timothy Freke en Peter Gandy verwys na "heidense godsdienste" in hul definisie van oersonde: "The Mysteries taught that the original sin was separation from God" (1999:66). Die woord "avatar" beteken juis die eenheid met God, dus 'n opsegging van die verwydering van God. Jake se verhaal wys hoe hy van verwydering na eenheid beweeg.

Die kyker hoor gou dat Jake 'n voormalige seesoldaat en 'n parapleeg is, wat sy dooie tweelingbroer, die wetenskaplike, se plek in die avatarprogram moet inneem. Dit is die held se gewone wêreld en die oproep tot die avontuur. As soldaat, wat "eer en diens" voorop stel, kom Jake gou onder die invloed van Kolonel Miles Quaritch, die bevelvoerder van Secops, 'n privaat sekuriteitsmag, wat die vuis van die Mities Rasionele Resources Development Administration (RDA) verteenwoordig. Die kolonel stel die slegte raadgewer vir Jake voor. As teenvoeter ontmoet Jake ook die avatarprogram-leier, Grace Augustine, gespeel deur Sigourney Weaver. Haar naam is belangrik: Augustinus was 'n invloedryke vroeë kerkvader wat die liggaamlike seksuele drange en die vrou as boos beskou het. Georg Feuerstein lewer in Sacred sexuality: the erotic spirit in the world's great religions, (2003:104) kritiese kommentaar op Augustinus: "It was, however, St. Augustine who must bear the greatest historical blame for the victory of sex-negativity in Christianity." Grace se voornaam, beteken "genade", en dit kan beteken dat die liggaam genade ontvang deur die inwoning van die goddelike as avatar. Die volledige eenwording in die verhaal is nie Grace beskore nie, alhoewel sy as wetenskaplike botanis die konneksies tussen die godin Eywa en die Natuur wetenskaplik op Pandora waargeneem het. Terwyl sy nie haar wonde oorleef nie, verenig haar siel met die "Boom van Siele."

Jake se eerste kennismaking as 'n avatar met Pandora stel hom onmiddellik in groot gevaar. In sy vlug van die ses-benige roofdier, 'n thanator, beland hy in water, simbolies van die onderbewuste en een van die natuurelemente. Terwyl hy 'n trop viperwolves, die glipperige wolwe, met vuur (nog 'n natuurelement) beveg kom die "godin" Neytiri, 'n Na'vi vrou, tot sy redding. Sy het vroeër, toe sy hom wou doodmaak, gesien hoe 'n klein swewende jellievisagtige tentakel op die punt van haar pyl sit. Dit was 'n teken van Eywa dat Neytiri geen leed aan Jake moes doen nie. Later, toe sy hom wegjaag, kom 'n hele swerm van die tentakels, wat die Na'vi Atokirina, die saad van die heilige "Boom van Stemme", of te wel, Utraya Mokri, op Jake sit. Die Atokirina, wat 'n belangrike rol in die "siel" van die reënwoud speel, word Jake se "bonatuurlike hulp" of bondgenote. Toe Jake Neytiri later vra hoekom sy hom nie doodgemaak het nie, het sy gesê: "You have a strong heart. No fear ... Come."

Jake word deur die Omaticaya Stam verwelkom as die eerste avatarkryger en Mo'at, die sjamaan of Tsahik, gee aan haar dogter, Neytiri, opdrag om Jakesully in hulle wee op te lei. Mo'at gee Jake 'n nuwe naam want sy beskou hom nie meer as "besoedel" nie. As Tsahik of sjamaan is Mo'at die skakel tussen die Eywa en die Na'vi. Walsh (2007:14-5) definieer sjamanisme soos volg: "Shamanism can be defined as a family of traditions whose practitioners focus on voluntarily entering altered states of consciousness in which they experience themselves or their spirit(s) interacting with other entities, often travelling to other realms, in order to serve their community." Sandra Ingerman en Hank Wesselman in Awakening to the spirit world: the shamanic path of direct revelation, noem dat: "The word 'shaman' comes from the language of the Evenki peoples, a Tungusic tribe in Siberia ... In shamanic cultures, the word 'shaman' has come to mean 'the one who sees in the dark' or 'the one who knows'" (Ingerman en Wesselman 2010:1).

Campbell maak 'n onderskeid tussen 'n priester/predikant en 'n sjamaan. "A priest is a functionary of sort. The society worships certain deities in a certain way, and the priest becomes ordained as a functionary to carry out that ritual. The deity to whom he is devoted is a deity that was there before he came along. But the shaman's power are symbolized in his own familiars, deities of his own experience. His authority comes out of a psychological experience, not a social ordination" (Campbell 1991:122-3). Vandag is daar weer 'n oplewing van sjamanisme om hierdie persoonlike ervaring met God te beleef en nie op tussengangers soos dominees en professore staat te maak vir hulle "kennis" (gnosis) van God nie.

Jake se versoek om van die Na'vi te leer word positief beantwoord slegs nadat hy erken het dat sy beker leeg is. Shunryu Suzuki gee 'n kort verduideliking van die betekenis van 'n vol en leë beker in sy klein boekie Zen mind, beginner's mind: "In the beginner's mind there are many possibilities, but in the expert's there are few" (Suzuki 2006:1).

Dan bring Mo'at die fokus van die verhaal, van alle helde van mites en elke kyker na vore: "Then we will see if your insanity can be cured." Dit verwys na wat Eckhart Tolle (2005:112) oor die "malligheid" van die ego-gedrewe lewe te sê het. Dit kan alleen genees word indien die persoon ontwaak tot die ware self en wat Jake stelselmatig gedurende sy opleiding beleef. Die kyker ervaar hierdie opleiding en ontwaking saam met die held. Jake word sistematies in die Na'vi gemeenskap ingewy totdat hy een met die Na'vi en Pandora is. Campbell (2001:2-5) noem die inisiasie deel van die vierde funksie van mites, naamlik die psigologiese aspek. Maar Jake het 'n dubbele rol: hy moet as 'n spioen vir Kolonel Miles Quaritch onder die Na'vi optree. Die rol simboliseer die mens se ego wat teen die ware self gekant is. Paulus praat in Romeine 7:19 (Die Bybel: nuwe vertaling 1983) van die stryd tussen die goeie wat hy wil, maar nie doen nie, en die slegte wat hy nie wil nie, maar doen. Jake ondergaan 'n transformasie van spioen vir die RDA tot 'n kryger en bevryder van die Na'vi.

Campbell (1991:28) in The power of myth, sluit by die noodsaaklikheid van 'n integrale kosmologie in mites aan wanneer hy sê: "The only mythology that is valid today is the mythology of the planet – and we don't have such a mythology." Avatar se kosmologie is op die inwonende teenwoordigheid van die Moedergodin Eywa gerig en daarom is die Na'vi se verhouding met die Natuur een van respek. In teologiese taal staan dit bekend as panenteïsme – God is in alles, alles is in God, maar God is groter as alles. John W. Cooper in Panentheism: the other God of the philosophers: from Plato to the present verwys na die generiese definisie: "The Being of God includes and penetrates the whole universe, so that every part exists in Him, but His Being is more than, and not exhausted by, the universe" (Cooper 2006:27). Dit beteken dat God en die wêreld ontologies verskillend is, en dat God die wêreld transendeer, maar die wêreld is ontologies in God. Campbell wys daarop wat die Westerse benadering tot die Natuur is, wat Wilber se uiterlike twee kwadrante voorstel, naamlik 'n "Dit": "You can address anything as a 'thou,' and if you do it, you can feel the change in your own psychology. The ego that sees a 'thou' is not the same ego that sees an 'it'" (Campbell 1991:99). Met 'n God, soos Jahwe, wat buite sy skepping staan, sal die volgelinge van hierdie Joods-Christelike mitologie nooit die Natuur as "U" kan aanspreek nie (kyk White 1996:3-14). Die natuur is vir die Westerling iets om tot eie gewin aan te wend. Avatar gee aan die kyker 'n alternatief.

Een van die belangrike visuele simboliese verbintenisse tussen die Na'vi en die Natuur is die haarstuk, of tsaheylu, die band wat die Na'vi met beide hulle "perde", genaamd Direhorses en die gevlekte Banshees vorm. Maar voordat die versmelting tussen Jake en die "perde" kon plaasvind word hy deur albei afgegooi. Dit dui daarop dat die ego eers onttroon moet word voordat die eenheid tussen liggaam en siel, mens en Natuur, kan plaasvind. Na elke inisiasie is Jake een stap nader aan eenwording om 'n "avatar", 'n manifestasie van God, te word.

Bill Plotkin in Nature and the human soul: cultivating wholeness and community in a fragmented world (2008:45-7), onderskei tussen sielsentriese en egosentriese samelewings. 'n Sielsentriese gemeenskap lewe vanuit hulle diepste wese en is ook ekosentries. Die Na'vi verteenwoordig die sielsentriese. 'n Egosentriese gemeenskap lewe weer op die oppervlakte, net vir die "eie ek" en wat ver van die Natuur verwyderd is. Die mense wat Pandora beset verteenwoordig egosentrisme. Plotkin (2008:47) som dit soos volg op: "A partnership with soul, spirit, and nature is the heart of any culture and of each of its members. The egocentric society cuts out its own heart and attempts to live without it." Quaritch lewe sonder 'n hart terwyl Plotkin aan die kant van die Na'vi sou wees want vir hom moet die mens eers die siel binne-in ontdek om een met die Natuur te wees. Soos Graves (Beck en Cowan 2006:286) aantoon, kan die Mities Rasionele, wat op die eerste laag is, nie die Mities Argetipe, wat op sy beurt weer op die tweede laag is, verstaan nie, nog minder diegene wat op die Mities Letterlike vlak is.

Die sosiale struktuur van die Na'vi (die derde funksie en AQAL se regter onderste kwadrant) asook die kulturele struktuur (linker onderste kwadrant) is stamgebonde en wanneer die twee bemindes, Jake en Neytiri, die huweliksgebruike verbreek deur gemeenskap te hê, lui dit die begin van 'n nuwe era in. Neytiri was reeds aan iemand anders belowe. Dit wil voorkom asof die Na'vi 'n Mities Letterlike sosiale struktuur het en die hebsugtige mense of "sky-people" soos die Na'vi hulle noem, 'n rasionele selfsugtige uitkyk. Wanneer Jake deur Neytiri na die aanval op die Na'vi se Tuisboom verwerp word, gebruik hy sy rede om Toruk, 'n Leonopteryx, die koning predator van die hemelruim, te vang en om op sy rug, 'n onvergeetlike, amper 'n apokaliptiese verskyning te maak om sodoende weer aansien by die stam te kry. Die Na'vi, sonder Eytukan, die stamhoof, het na die eerste aanval biddend by die "Boom van Siele" op oplossings gewag. Toe Jake met Toruk daar aankom was hulle gereed om hom te volg, want nou is hy nie meer net Jakesully maar Toruk Macto, "Ruiter van die Laaste Skaduwee." Volgens Na'vi oorlewering, het dit slegs vyf keer in die verlede gebeur dat 'n Toruk Macto na vore gekom het om al die stamme in "Tye van Verdriet" te verenig. Die tweestryd tussen ego en siel in Jake is verby en nou is Jake gereed om as 'n ontwaakte met 'n suiwer siel die Na'vi tot oorwinning te lei.

Ken Wilber (2000a:210-3) is krities op denke wat die pre-rasionele met die post-rasionele verwar net omdat die twee nie rasioneel is nie. Gewoonlik is dit postmoderne pluraliste of mense op die Mities Globale vlak wat die "noble savage" tot die post-rasionele verhef en dis wat Cameron met die Na'vi doen. Nêrens verabsoluteer of romantiseer Cameron die Na'vi sonder om hulle etnosentriese beperkthede uit te wys nie. Wilber se kritiek op pre/trans valshede is geldig, maar die wêreld waarin ons vandag leef het nog geen voorbeeld van hoe gemeenskappe op die Mities Argetipe of Avatar vlakke funksioneer nie. Al wat ons het is om die beste uit die verlede te neem en dit te vermeng met die beste van die hede om vanuit die mistieke 'n nuwe kosmologie, sosiologie en psigologie te ontwikkel.

Cameron is gekritiseer dat hy 'n wit man gebruik het om die inheemse bevolking van vernietiging te red. Dit is egter ook deel van die struktuur van mites – die redding kom van buite – maar belangriker, om in jou verhouding met mites te ontwikkel het die mens 'n inspuiting van buite jou gemaksone nodig. Jake is ook deur Neytiri gered en wanneer Jake letterlik en figuurlik die "ou mens" afsterf, word hy deur Eywa, die godin "gered" deur volledig in 'n Na'vi te verander.

Die gevegstonele aan die einde tussen die RDA magte onder aanvoering van Quaritch en die Na'vi kan in twee gedeel word. Die eerste lugaanval op die "Tuisboom" laat die onvoorbereide Na'vi verstom en verpletter, ten spyte van Jake en Grace se waarskuwings. Dit is die simboliese vernietiging van die Na'vi se pre-rasionele naïwiteit en die begin van 'n nuwe orde. 'n Mens kan nie 'n probleem oplos met dieselfde gesindheid wat die probleem veroorsaak het nie. Die Na'vi moes eers uit hulle eie "veiligheid" wakker geskud word voordat hulle na die volgende vlak kon beweeg.

Die finale veldslag het in die lug en op die grond plaasgevind; masjien teen Natuur. Jake het voor die geveg by die "Boom van Stemme" vir Eywa om hulp gevra maar Neytiri het hom daarop attent gemaak dat Eywa net in die ewewig van alles belangstel. Toe die diere deel van die geveg word het Neytiri opgewonde uitgeroep: "Eywa has heard you!" Jake se geveg met Quaritch is simbolies van Jake se breuk met die verlede van "eer, lojaliteit en diens." Toe Quaritch Jake se "kokon" vernietig, was dit Neytiri wat die "man/masjien" uitwis en Jake se lewe red. Die liefde is sterker as die dood; soos Trinity in The Matrix Neo met 'n soen uit die dood opgewek het, soen Neytiri die "ou mens" Jake en hy word as 'n volledige geïnkarneerde Na'vi wakker. Dit is 'n omgekeerde Slapende Skone verhaal.

Soos met The Matrix het kritici ook probleme met die uitgerekte oorlogstonele in Avatar. Dit het alles met die struktuur van mitologie te doen. Hoe groter en belangriker die doel wat die held moet bereik, hoe moeiliker word dit om die taak te voltooi. Herkules moes twaalf take uitvoer; Ulysses het jare lank rondgeswerf voordat hy weer tuis kon kom; en Jesus is bespot, geslaan, gemartel en gekruisig; alles terwille van dit wat verkry is. In Avatar en The Matrix gaan dit oor die grootste doel van alles; om te Ontwaak tot die ware self. Dit is die moeite werd om daarvoor alles op te offer, selfs jou lewe. Jesus het tog volgens die 1983 Afrikaanse Bybelvertaling gesê: "Hy wat sy lewe wil behou, sal dit verloor; en hy wat sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind" Matteus 10:39 (Die Bybel: nuwe vertaling 1983). Bowendien gee die ego nie sonder 'n gestoei sy selfgemaakte illusie prys nie. Visueel is die gevegstonele 'n tour de force in filmtegnologie met asemrowende rekenaargegenereerde beelde en kragtoere in toneelspel.

Jake inkarneer aanvanklik in die hibried of avatar deur sy bewussyn vanuit sy gewonde liggaam. Aan die einde wanneer Jake die mens/ego afsterf om in 'n ware Na'vi te verander is die mite en Eenwording voltooi. Ons het gesien (Paul 2009:1; Marion 2000:13-4), dat die Gees alle mense oproep om een met alles te word deur ons intieme ervaringsverhouding met die goddelike, of ons dit Jahwe, Jesus, Allah, Gaia of Eywa noem, maak nie saak nie. Avatar, die film en Jake se verhaal, kan die kyker blootstel aan die behoefte om 'n eie bevredigende mitologie te skep sodat die kyker self daardie transformasie kan ondergaan.

Na bogenoemde betoog is ek oortuig dat Westerlinge se soeke na 'n eenheid van siel, liggaam en Natuur in 'n integrale mitologie een van die redes is hoekom Avatar so 'n reuse lokettreffer is. Mense kan die flou storielyn en die uitgerekte oorlogstonele aan die einde kritiseer. Soos aangedui, is die verhaal nie vlak nie maar het juis baie dimensies wat mense bewustelik of onbewustelik aanspreek. Avatar moes, na my mening, Oscar-toekennings vir die beste draaiboek, regie en rolprent ontvang het.

Postmoderne westerlinge en Afrikaners het nuwe mitologieë nodig wat op 'n Mities Argetipe en Mities Avatar vlakke funksioneer en wat 'n sinvolle kosmologie, sosiologie en psigologie voorstel, 'n mitologie wat die inkarnasie van God in alle mense (mistieke) ernstig opneem. Die inhoudelike en visuele rykdom van Avatar het hopelik 'n mitologiese kiem by baie kykers geplant. Die kerk sal nou meer as net die spreekwoordelike haas uit die hoed moet gaan haal om sinvol met die postmoderne mens te kommunikeer.

Naas Ferreira het sy MTh en is 'n skrywer en godsdiens-filosoof.
E-pos:

Sluit by ons aan

Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

Die Dans met God

Die Dans met God

Boek:  Die Dans met God (2015) deur Dr. Abel Pienaar. Die eens onaantasbare dogmas wat aan ons as die absolute waarheid voorgehou was, word nou al hoe meer bevraagteken. Dit beteken egter nie dat wanneer iemand nuut dink oor God en geloof, so 'n persoon nie ook spiritueel is nie. Die teendeel is eerder waar. Die boek is beskikbaar in boekwinkels (R189) en kan ook bestel word by Naledi Uitgewers.

DVD: Saam op soek na God

Saam op soek na God

Gewone mense en bekendes word gevra om oor hulle oortuigings en geloof te praat. Vrae soos: Wie is God vir jou?
Het jy enige bewyse van God se bestaan? Ons het gelowiges tot ateïste, new agers tot wikka hekse gaan vra. Die DVD kos R130 maar vir Sentrum (SES) lede net R110.

Boek: Hier staan ek...

Duisende Afrikaanse mense voel verwyderd van fundamentalistiese sienings van Christenskap en verlaat die tradisionele kerke in hul hordes. Hulle voel dikwels skuldig en alleen en is onder die indruk dat daar iets met hulle fout is. Hulle soek nuwe Afrikaanse gespreksgenote en gemeenskappe waarin hulle hul nuwe spiritualiteit kan uitdruk. Hierdie boek is die resultaat van sodanige gesprekke. Beskikbaar by Griffel of bestel direk by Boekblik.

Jesus van Nasaret

Jesus van Nasaret

Boek:  Jesus van Nasaret (2009) deur Prof. Sakkie Spangenberg. "In Jesus van Nasaret is Spangenberg op sy beste. Hy skryf oor die feilbaarheid van die Skrif en verduidelik uit 'n suiwer historiese oogpunt hoe Israel ontstaan en wie Jesus was." Beskikbaar by Kalahari, Exclusive Books, Protea Boekwinkel, of by die skrywer.

Stuur vir ons 'n brief

Ons stel belang in jou reaksie en kommentaar op enige gegewe artikel en jou denke rondom die soeke na eietydse spiritualiteit. Besoek asb. hierdie bladsy vir meer inligting.

Kopiéreg © spiritualiteit.co.za