.

Het ‘n Agnostiese Wêreldbeeld se laaste dae aangebreek?

Deur Willie Booyens op 1 Julie 2015

.

Die luidrugtigste aanhangers van naturalisme verkondig met groot vertroue dat die natuurwetenskap kennis van die natuur inwin teen 'n ongekende pas en dat laaste donker hoekies verlig gaan wees in die nabye toekoms. (Naturalisme is die siening dat die waarneembare meetbare eksperimenteelbare, toetsbare natuurlike konkrete "stuff" AL is wat daar is. En daarmee alleen hou die natuurwetenskap hom op.)
Die laaste onverklaarde aspek van die (materiële) wêreld sal dan binnekort verklaar kan word en die GOD/god van die "gaps" sal natuurlik verdwyn.
'n Agnostiese wêreldbeskouing sal dan iets van die verlede wees. By implikasie is dan ook 'n teïstiese wêreldbeskouing gekelder.

Miskien is die inleidende stelling ietwat optimisties en waarskynlik 'n uitvloeisel van dieperliggende filosofiese sentimente van sodanige kundiges.

Op 'n kongres te Tenerife Spanje, laat in 2014, het 'n groep uitgelese wetenskaplike filosowe en kosmoloë vergader om oor die Filosofie van Kosmologie te redeneer.
Kosmologie handel oor die heelal, sy ontstaan, sy werkinge, verlede en toekoms.
Prof. George Ellis van die Universiteit van Kaapstad, in sy rede, maan dat die wetenskaplikes streng by die beginsels moet hou van wetenskaplike ondersoek en gevolgtrekkings. Indien nie, waarsku George, sal die vakgebied van die natuurwetenskap ernstige nadelige gevolge ly. Daarmee saam, argumenteer George, moet wetenskaplikes die grense van die wetenskap erken en eerbiedig.
Hy onderskei tussen Kosmologie met hoofletter K en kosmologie met kleinletter k.
Ellis betoog dat kosmologie (klein k) is die studieveld wat gerig is op die materiële "stuff" – stuff wat waargeneem, getoets en mee geëksperimenteer kan word. Daarenteen is Kosmologie die studieveld wat aansluit by kosmologie maar bykomende temas soos die begin/ontstaan van die heelal, bestaan ("existence"), betekenis ("meaning") en doel ("purpose"). Dit is sake wat spruit uit die studie van die fisiese heelal in konteks van die mens se bestaan. En dit is 'n hoogs kontroversiële area, aldus Ellis.
Ellis benadruk dat dit verkeerd is (oneerlik – my inset) om metodes van wetenskaplike ondersoek te gebruik in kosmologie en dan te op te gaan/"claim" dat probleme van Kosmologie opgelos is.

Dit is vir my duidelik dat Kosmologie (met groot K) aansluit by temas van spiritualiteit en daarom mag spreek tot lesers van SES.

Aanhangers van naturalisme is vol vertroue dat die heelal 'n begin gehad het en wel met die ontstaan van tydruimte. Maar in Kosmologie word die vraag gevra of die "begin" nie maar net 'n voortsetting/geboorte is waar tydruimte ontvou het uit pre-bestel, 'n tydlose bestel. Dit beteken dat spekulasie van 'n tydlose bestel nie onder kosmologie ressorteer nie maar wel onder Kosmologie. Dit is belangrik om te weet dat die wetenskap geen middele het, veral nie wiskundige middele nie, om oor 'n pre-oerknal bestel te argumenteer nie.
In Kosmologie mag en kan mens legitiem spekuleer oor aspekte soos die basiese bestanddeel waaruit tydruimte ontvou het, hoe so 'n vreemde tydlose bestel kan bestaan, waar dit kan bestaan en wat die "stuff" is wat tydloos bestaan.
Luke Barnes, kosmoloog en kosmo-filosoof, van Australië kom tot die slotsom dat die natuurwetenskap (kosmologie) nie in staat is om bg. vrae te beantwoord nie en ook NOOIT dit sal kan beantwoord nie.
Barnes neem dit verder en stel dit dat die natuurwetenskap nie eens vrae kan vra oor "ultimate existence" nie en dus ook nie antwoorde kan gee nie.

Dit is heimlik 'n groot stap vir 'n naturalis om te moet erken dat die diepste geheimenis, d.i. die vraag "hoekom bestaan daar iets en nie net niks nie? onbeantwoordbaar is.

Beteken dit dat daar nooit antwoorde op die misterieuse aspekte van die heelal te voorskyn sal kom nie? En beteken dit dat almal eintlik agnosties behoort te pleit?
Of is aanhangers van teïsme in staat om met rede en afleidings iets te antwoord te hê op die tergende vrae van Kosmologie?

Barnes stel dit dat teïsme se aanhangers aanvaarbare argumente ter tafel moet plaas wat oortuig dat die bestaan van 'n "necessary being" ('n wetenskaplik filosofiese uitdrukking wat vereenselwig kan word met religieuse bedoeling "God") die antwoord is op die kwelvrae.
Die argumente kan en sal nie aan wetenskaplike ondersoek se riglyne voldoen nie maar sal tog legitiem wees gesien die redenasies soos verwoord deur o.a. Ellis.

Wetenskaplikes met teïstiese oortuiging kom wel met voorstelle vorendag om die bestaan van God te ondersteun.
Die gesiene wetenskaplike, Prof. Don Page, van Kanada, is uitgesproke in sy siening dat die bestaan van God nie net versoenbaar is met moderne wetenskap nie maar dat dit hom wat Page is, met gemak en sekerheid laat gegewe die natuurwetenskaplike omgewing waarin hy beweeg. Hy erken dat die bestaan van God nie bewysbaar is nie, maar stel ook dat die bestaan van God ook nie onbewysbaar is nie. Hy is van mening dat die postulering van die bestaan van God geloofwaardig is ten spyte van die feit dat die mensdom nog nie oor 'n volledige beeld van die werkinge van die heelal beskik nie.

Sy argumente berus onder andere daarop dat die eenvoudigste elegantste teorie die aanvaarbaarste teorie is en waarskynlik die naaste aan die waarheid is. As die teorie van "Die natuur alleen" vergelyk word met die teorie van "Die natuur EN God" argumenteer Page dat laasgenoemde 'n minder gekompliseerde teorie is. Die teorie van Natuur EN God kan vereenselwig word met die siening 'liggaam en siel,' of 'materiële realm en spirituele/geestelike realm,'
Hy noem sy teorie "Die Optimale Argument vir (die bestaan van) God." Later meer hieroor.

Dr. William Lane Graig, bekende teologiese filosoof met teïstiese beskouing van die VSA (want daar is ook teologiese filosowe met 'n ateïstiese beskouing) argumenteer deur onder andere die Kalam beginsel te gebruik.

  1. If the universe began to exist, then there is a transcendent cause which brought the universe into existence.
  2. The universe began to exist.
  3. Therefore there is a transcendent cause which brought the universe into existence.

Hierdie skrywe wil egter meer na beskouings en argumente kyk wat 'n wetenskaplike onderbou het.

Prof. Don Page open 'n debat Maart 2015 en in hierdie debat argumenteer Don onder andere dat die eenvoudigste verklaring vir die natuur ook die naaste aan die waarheid is. Hy betoog dat die insluiting van God ter verklaring van die natuur, die ontstaan van die heelal, die verskyning van materie met bewussyn, die mins gekompliseerde benadering is.

Verder gebruik Don ook die Bayesiese beginsel. Hy verduidelik sy benadering so: "I tend to favor a Bayesian approach in which one assigns prior probabilities based on simplicity and then weights these by the likelihoods (the probabilities that different theories assign to our observations) to get, when the product is normalized by dividing by the sum of the products for all theories, the posterior probabilities for the theories. Of course, this is an idealized approach, since we don't yet have 'any' plausible complete theory for the universe to calculate the conditional probability, given the theory, of any realistic observation."

'n Kru maar vergelykbare voorbeeld wat mens kan gebruik is die saak van die Kruger miljoene. As, in beginsel, die staatsgoud (sg. Kruger miljoene) se bestaan nie bevraagteken word nie (dus jou "prior") maar wel in onsekerheid gehul is, word waardes toegeken aan getuienis wat daaroor bestaan. Bayesiese oorweging neem alle getuienis in ag bv. die vervoer en bewegings van die skat, of die skat saam met Pres. Kruger oorsee is, of dit verdeel is, en is dit geberg op geheime plekke, of dit gesteel, opgesmelt en gebruik is as betalingsmiddel ens. Hoe dieper mens delf om alle aspekte in ag te neem, hoe nader kom jy tot gevoel van waarskynlikheid van die inaggenome aspekte. Met Bayesiese metode word dan waarskynlikheids-waardes gebruik om tot 'n slotsom te kom gegrond op die mees waarskynlike gebeure, dus die naaste aan die waarheid.
Daarenteen kan die bestaan van die Kruger miljoene in beginsel verwerp word (jou "prior") en geen waarde aan enige getuienis gekoppel word nie, en so tot die slotsom gekom word dat die Krugermiljoene 'n mite is.

Don en sy geesgenoot van Australië, Luke Barnes, gebruik in die argument oor die bestaan van God die volgende wiskundige formule gegrond op Bayesiese redenasie:

p(I | LXFN) / p(~I | LXFN) << p(I | N) / p(~I | N)

waar: –
L = this universe contains life.
X = the physics of this universe includes conditions sufficient for the eXistence of life.
E = the physics of this universe includes conditions sufficient for the evolution of life.
N = the natural phenomena of this universe are the causal products of the physics of this universe. (Remember that "physics" includes initial conditions in my terminology.)
I = the causes that established the physics of this universe were indifferent to whether our particular physics would allow the survival (evolution) of life.
F = in the set of possible physics, the subset that permit the existence (evolution) of life is very small. In other words, the physics of a particular universe must be fine-tuned if that universe is to support the existence (evolution) of life.

Don en Luke argumenteer ook dat hierdie heelal die eenvoudigste keuse van werklikheid ('n keuse van 'n heelal uit blykbaar 'n oneindige aantal potensiële heelalle) met dié se natuurwette en -konstantes is, waaruit wesens kon ontstaan met bewussyn/"sentience."

Don verduidelik dit verder so: "But my point involves the view that there are many possible sets of laws of nature, so that I am asking the question of whether that set alone, or whether that set plus God, gives a simpler explanation of the particular set of laws of nature that are actual."
"A priori, the naturalistic hypothesis (hipotese wat stel dat die natuur se "stuff" alleenlik geag word te bestaan) is not the simplest possible, because it assumes laws of nature that are not the simplest logically possible. The theistic hypothesis (die natuurlike "stuff" plus God) avoids that by the assumption that the laws of nature are the simplest that lead to sentient beings."
"I agree that there are many questions that are at least unanswered, and presumably there are some properties of God that are the ultimate brute facts, the ultimate sources of all explanations but not themselves explainable in terms of anything more basic, simply because there are no concrete facts more basic then these."

Die Maart 2015 debat het egter gou verval in redenasies rondom die opstanding van Jesus.
Die opstanding se aanvaarding word as 'n allemintige standpunt beskou wat uitroep om verklaring.
Is die opstanding 'n "storie" wat wetenskaplik gesproke as ongeloofwaardig beskou moet word? Of is dit die allerbelangrikste axis waarop Christene hul legitiem kan beroep? (Hou egter in gedagte wat George Ellis argumenteer oor die grense en beperkinge wat geld vir wetenskaplike oorwegings en gevolgtrekkings.)

Dieselfde Bayesiese beginsels kan ook hier toegepas word. As die getuienisse rondom die opstanding afgemaak word as ongeloofwaardig en van geen betekenis nie (jou "prior"), dan is die saak vir jou afgehandel. Maar so maklik en eenvoudig is dit nie. Die getuienisse van observeerders is daar en staan vas alleen om iets daarmee te maak.

Don reageer o.a. as volg op opponerende argumente:
"From what you have written I get the impression you would believe that with sufficient evidence, one could be justified in concluding that a miracle occurred, but you simply do not believe there is sufficient evidence for the Resurrection of Jesus. On the other hand, from what I have read, I have gathered that the likelihood of the Resurrection, given the data of what Jesus' disciples are reported to have claimed to have seen, is much higher on the hypothesis of a God who might have resurrected Jesus than on the hypothesis that there was some natural explanation, such as some collusion among many of Jesus' disciples."
en
"In particular, if a piece of evidence (the resurrection, for example) were to be reliably observed, it would refute the purely naturalistic hypothesis since it would confirm the existence of a god."
en
"Now if I return to the historical evidence for the Resurrection, in the naturalistic hypothesis one needs to consider the likelihood of the reports about Jesus' resurrection, the rapid rise of the early Christian church, etc. if there actually were no God and presumably therefore no actual Resurrection. On the other hand, in the theistic hypothesis, one needs to consider the decrease in the prior probability from the increased complexity of now assuming that not only did God want the simplest laws of nature leading to sentient beings, but He also wanted to incarnate Himself, die on the Cross, and be resurrected. (I think these desires could be part of God's desire to maximize the total value, to actualize the best possible world subject to the brute facts of His nature.) I still think the cost to the posterior probability is lower for the theistic hypothesis than for the naturalistic one, but again I can see that others can easily come to different conclusions."

Die keuses wat elke ingeligte en semi ingeligte persoon maak in sy soeke na sin is, om die minste te sê, uiters uitdagend. Selfs die hoogs geleerdes spook met sogenaamde fundamentele vrae:
Hoekom is daar iets en nie net niks nie? Waar kom die natuurwette vandaan? Het die materiële bestel per vloekskoot van 'n kwantum fluktuasie ontstaan? Is daar aan die bodem van alle soeke 'n entiteit wat as 'n voldonge feit / "brute fact" bestempel kan word en wat is dit?

In die lig van beskikbare kennis neem Don posisie in en stel sy saak so: "However the skill required to do this, whilst integrating the story with the coherence of the scriptures as a whole in terms of theology, plus the evidence factors for the resurrection, in the sense of the difficulty falsifying it, means it is just plain true as far as I am concerned. Christ as God/man, creator/redeemer. I would much rather put my faith in that than in some lucky molecular self-assembly and hopeful mutations."

Die laaste woord is natuurlik nie gespreek nie. Opwindende ontwikkelings is besig om plaas te vind wat werklik die saak van 'n agnostikus moeiliker verdedigbaar maak. Van die mees opwindende ontwikkelings in die natuurwetenskap is die vordering wat gemaak word met teorieë en wetenskaplike modelle rakende die misterieuse leë ruimte / "empty space."
In sy lesing "The Mystery of Empty Space" het Dr. Kim Griest van die VSA met die gebruikmaking van die term alomteenwoordige energie / "omnipresent energy," reaksie uitgelok.
Die energie van leë ruimte is na my mening die naelstring wat wetenskaplikes gaan lei na nuwe opwindende aspekte van die heelal.
Dit kan dalk insluit die moontlikheid van kennis van hoe hierdie alomteenwoordige energie die materiële wêreld se bestaan moontlik maak en aan die ander kant hoe dit die kwantum partikels (die boustof van die voelbare "stuff," materie, die wêreld van ons as mense) onderhou in die partikels se bestaan.
Miskien maak die wetenskap van Kosmologie ook binnekort vordering in die verstaan van 'n moontlike tydlose moederbestel wat die Big Bang geïnspireer / 'vooraf' gegaan het.

Willie Booyens –

.

Sluit by ons aan

Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

Dr. Piet Muller: Die Evangelie van Thomas

Die Evangelie van Thomas - met verklarende aantekeninge

Dr. Piet Muller se groot werk, Die Evangelie van Thomas – met verklarende aantekeninge nou op SES in PDF formaat (1.3 MB) of Kindle weergawe (0.5 MB).

Die Dans met God

Die Dans met God

Boek:  Die Dans met God (2015) deur Dr. Abel Pienaar. Die eens onaantasbare dogmas wat aan ons as die absolute waarheid voorgehou was, word nou al hoe meer bevraagteken. Dit beteken egter nie dat wanneer iemand nuut dink oor God en geloof, so 'n persoon nie ook spiritueel is nie. Die teendeel is eerder waar. Die boek is beskikbaar in boekwinkels (R189) en kan ook bestel word by Naledi Uitgewers.

DVD: Saam op soek na God

Saam op soek na God

Gewone mense en bekendes word gevra om oor hulle oortuigings en geloof te praat. Vrae soos: Wie is God vir jou?
Het jy enige bewyse van God se bestaan? Ons het gelowiges tot ateïste, new agers tot wikka hekse gaan vra. Die DVD kos R130 maar vir Sentrum (SES) lede net R110.

Boek: Hier staan ek...

Duisende Afrikaanse mense voel verwyderd van fundamentalistiese sienings van Christenskap en verlaat die tradisionele kerke in hul hordes. Hulle voel dikwels skuldig en alleen en is onder die indruk dat daar iets met hulle fout is. Hulle soek nuwe Afrikaanse gespreksgenote en gemeenskappe waarin hulle hul nuwe spiritualiteit kan uitdruk. Hierdie boek is die resultaat van sodanige gesprekke. Beskikbaar by Griffel of bestel direk by Boekblik.

Jesus van Nasaret

Jesus van Nasaret

Boek:  Jesus van Nasaret (2009) deur Prof. Sakkie Spangenberg. "In Jesus van Nasaret is Spangenberg op sy beste. Hy skryf oor die feilbaarheid van die Skrif en verduidelik uit 'n suiwer historiese oogpunt hoe Israel ontstaan en wie Jesus was." Beskikbaar by Kalahari, Exclusive Books, Protea Boekwinkel, of by die skrywer.

Stuur vir ons 'n brief

Ons stel belang in jou reaksie en kommentaar op enige gegewe artikel en jou denke rondom die soeke na eietydse spiritualiteit. Besoek asb. hierdie bladsy vir meer inligting.

.

Kopiéreg © spiritualiteit.co.za

.