Netwerk

Omdat die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit oop en vry dialoog voorstaan, is dit vir ons ook belangrik om saam met ander soekers te werk en te netwerk. Solank 'n groep oop, eerlike en vrye gesprek voorstaan assosieer ons graag met hulle.

www.renaissancegem.co.za
Renaissance Gemeente is 'n onafhanklike, gnostiese gemeente in Pretoria en Kaapstad. Hulle benut stilte, meditasie, klassieke atmosfeer, woord en musiek.

www.nuwe-hervorming.org.za
Die Nuwe Hervorming Netwerk. Hier voer mense oop religieuse gesprek oor hoe hulle nuwe inligting aangaande die heelal en lewe op aarde integreer met nuwe inligting oor die Bybel, Jesus, en ander godsdienste.

www.skeptic.co.za
Sceptic South Africa volg die dictum voorgestel deur astrofisikus Dr. Carl Sagan: "Extraordinary claims need extraordinary evidence."

www.kletskerk.co.za
Kletskerk is 'n onafhanklike gespreksforum oor geloofsake waar gelowiges sowel as ongelowiges informeel met mekaar in gesprek tree.

www.markplek.co.za
'n Ruimte vir interaksie oor menswees.

www.teo.co.za
Webdiens van die Fakulteit Teologie van die Universiteit van Pretoria.

www.fsi.org.za
Free Society Institute – defending liberal, secular and Enlightenment ideals.

www.integralinstitute.org
Providing research, education and events that foster intentional, behavioral, cultural and social self-awareness.

www.samharris.org
Devoted to spreading scientific knowledge and secular values in society.

www.julianmuller.co.za
Idees oor God, denkbeelde van God en taal oor God is menslike maaksels...

Filosofiekafee is 'n plek van samekoms vir almal wat wyd, diep en nuut dink. Elke maand, sedert 1998 in die Soffkamer van Café Riche, Kerkplein, Pretoria. Tel. 012 328 3173.

www.afrikamasutra.net
Plek waar oopkop Afrikaners oor seksualiteit en spiritualiteit en allerhande goeters oor menswees kan lees en saam praat.

www.onskompas.co.za
KOMPAS is 'n gemeente binne die Christelike tradisie. 'n Plek waar daar ruimte geskep word vir oop en ondersoekende geloofsgesprekke en waar almal welkom is ongeag oortuigings, ras of seksuele oriëntasie.

Sluit by ons aan

Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

Diaspora van die
nuwe Christene

Diaspora van die nuwe Christene

Boek:  Diaspora van die nuwe Christene deur Dr. Flip Schutte (2009). Hy skryf oor die geloof van 'n nuwe geslag Christene: Wie is God / die Goddelike vir hulle? Wat verstaan hulle onder "God se Woord"? Hoe beleef hulle dit om, soos die Jode buite die landsgrense van Israel, as 't ware in die diaspora te lewe – buite tradisionele geloofsgrense? Hy skryf aangrypend oor die aard en oorsake van die postmoderne spiritualiteit. R155. Beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk van Griffel.

DVD: Saam op soek na God

Saam op soek na God

Gewone mense en bekendes word gevra om oor hulle oortuigings en geloof te praat. Vrae soos: Wie is God vir jou?
Het jy enige bewyse van God se bestaan? Ons het gelowiges tot ateïste, new agers tot wikka hekse gaan vra. Die DVD kos R130 maar vir Sentrum (SES) lede net R110.

Kopiéreg © spiritualiteit.co.za