Media

Ons wil almal wat medesoekers is ook op die terrein van media (DVD, MP3, YouTube, Facebook ens) help om by die nuuste gesprekke, navorsing en debatte wat rondom relevante temas gevoer word, uit te kom.

DVD: Saam op soek na God

Op 18 Februarie 2010 is die dokumentêr Saam op soek na God bekend gestel. Die aand wat bygewoon is deur ongeveer tagtig mense het met kaas en wyn begin en toe het almal hulle plekke ingeneem in die teatertjie (Die Lier, by die Universiteit van Pretoria).

Die dokumentêr is 45 minute lank en in Afrikaans. Dit gaan oor gewone mense en bekendes wat gevra word: Wie is God vir hulle? tot by: Het hulle enige bewyse vir hulle oortuigings? Klik hier om 'n voorskou te sien.

Dr. Abel Pienaar sê dat die doel met die dokumentêr is om mense bloot te stel aan die debat en die soeke na 'n eietydse verstaan van die goddelike.

om hierdie DVD te bestel. Koste R130, maar vir SES lede net R110.

Sluit by ons aan

Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

Boekblik

'n Unieke blik op 'n wye verskeidenheid eg Suid-Afrikaanse boeke. Boekblik bied 'n platform waar diversiteit in die boekemark ten volle ontgin word. 'n Boekwinkel in die kuberruim waar kwaliteitboeke verkoop word teen onverbeterlike pryse. Loer gereeld in die Boekblik vir 'n wyer blik op Suid-Afrikaanse boeke.
Klik. Klik. Oombliklik!

Kopiéreg © spiritualiteit.co.za