Deur Prof. Neels Moolman op 1 September 2011

In my vorige artikel, My de-bekering (in Julie) het ek my geloofspad beskryf wat uiteindelik gelei het tot my spirituele ontwaking eerder as die navolging van 'n religieuse dogma. In my soeke na my eie waarheid en vrede moes ek tot my eie verbasing ontdek dat daar onvermydelike ooreenkomste bestaan tussen Jesus, die Christelike geloof en ander gode en gelowe. Die verhaal van Jesus was dus nooit so uniek soos wat die Kerk my wou laat glo nie. Eers nou, met die kennis ontploffing en die toegang deur middle van die internet tot ander bronne van inligting, wat voorheen nie beskikbaar was nie, kon ek ontdek hoe die Kerk, terwille van eie belang, ons in die duister gehou het.
Die ooreenkomste tussen Boeddha en Jesus sal vervolgens bespreek word t.o.v. hul lewensgeskiedenis en leerstellings. Hierdie bespreking maak geensins aanspraak op volledigheid nie. Die doel daarvan is om mense te laat besin oor dit wat die Kerk ons wou laat glo, en die werklikheid.
Ek hoop om in opvolgende artikels dieselfde ooreenkomste t.o.v. ander geloofsisteme en die Christelike geloof te kan uitlig.
Boeddha het ongeveer 500 V.C. geleef. Tog is daar treffende ooreenkomste tussen Boeddha en Jesus. Volgens die antieke Boeddhistiese legende, was sy moeder 'n maagd wat wonderbaarlik deur die toekomstige Boeddha beset is in die vorm van 'n wit olifant wat uit haar regter sy voortgebring is (Hopkins, 1901:129). Die Sanskrit kundige Dr. Edward W. Hopkins beweer dat hierdie wonderbaarlike geboorte verhaal ongetwyfeld minstens dateer vanuit die 3de eeu V.C. en selfs vroeër. Die wonderbaarlike geboorte van Boeddha, sowel as sy versoeking, is uitgegraveer op monumente 150 V.C. en ouer (Hopkins, 1901:137).
Soos Jesus, word geglo dat Boeddha 'n heilige wese was wat voor sy geboorte reeds in die hemel bestaan het (Hopkins, 1901:127-128s). Boeddha is soos Jesus ook uit 'n maagd genaamd Maya gebore wat beskou is as die "koningin van die hemel" (Coomaraswamy, 1972:37). Soos Jesus was Boeddha ook van koninklike afkoms en het as 'n prins bekend gestaan (Thundy, 1993:81). Tydens sy geboorte het 'n wonderbaarlike lig verskyn soos die ster van Bethlehem tydens die geboorte van Jesus (Thundy, 1993:107). Soos Herodes bevel gegee het dat die manlike seuntjies vermoor moes word so ook het die tiran Bimbasara bevel gegee dat seuntjies vermoor moes word in Boeddha se geval (Del Mar, 1900:124). Soos wat Simeon geprofeteer het dat Jesus 'n groot geestelike leier sou word (Luk. 2:25-35) was daar ook 'n heilige wat dieselfde voorspel het vir Boeddha (Hopkins, 1901:28). Beide Jesus en Boeddha het as kinders hul leermeesters onderrig (Carpenter, 1880:973).
Beide het hul bediening op 29 jarige ouderdom begin (Thundy, 1993:54) en het die kop van 'n slang vermorsel (Carpenter, 1880:48). Soos Jesus deur Satan versoek is, is Boeddha deur Mara versoek en beide is die aarde en alles wat daarop is, belowe (Carpenter, 1880:974). Soos Jesus het Boeddha 12 dissipels gehad en het rondgereis en oral gepreek (Thundy, 1993:54). Beide het afgodediens verbied (Dobbins, 1883:212), was die saaier van die woord (Mead, 1902:133) en het gepreek oor die vestiging van 'n regverdige koninkryk (Thundy, 1993:54). Soortgelyk aan Jesus is daar vertel dat Boeddha wonderwerke verrig het, siekes gesond gemaak (Carpenter, 1880:974), 500 mense gevoed vanuit 'n klein mandjie met brood (Carpenter, 1880:89) en het 'n dissipel help loop op water (Whitney, 1908:361). Beide het 'n bergrede gehad (Carpenter, 1880:975) en het kuisheid, matigheid, verdraagsaamheid, medelye, liefde en gelykheid gepredik (Carpenter, 1880:977-978). Soos Jesus in Jerusalem, is Boeddha in sy tuisdorp triomfantlik ontvang (Carpenter, 1880:976). Boeddha is deur 'n dissipel verraai wie ander daartoe gelei het om hom te vermoor soos in die geval van Jesus met Judas (Carpenter, 1880:976). Tydens Boeddha se dood het 'n aardbewing ontstaan. Soos Jesus het Boeddha gesterf aan 'n kruis (Lindner, 2005:87), drie dae in die hel gely (Thundy, 1993:102) en is daarna uit die dode opgewek (Paine, 1981:102). Hy het na Nirvanna (hemel) vertrek (Jaini, 1968:331-332).
Soos Jesus is na Boeddha ook verwys as die goeie herder (69), die skrynwerker (Hardy, 1967:100) die ewige en onsterflike (Mead, 1902:71) en die groot geneesheer (Carpenter, 1880:976), die redder van die wêreld (Thundy, 1993:80) en die Lig van die wêreld (Thundy, 1993:80).
In hierdie gedeelte is daar, ter wille van moontlike vertalingsfoute en vergelykbaarheid gehou by die Engelse aanhalings van beide Boeddha en Jesus. Die aanhalings van Boeddha is nie in Afrikaans beskikbaar nie.
Dit wil voorkom asof die skrywers van die Nuwe Testament Boeddha se verhaal gebruik het om die mitologiese Jesus te help skep. Volgens die ooreenkomste in die leerstellings van Jesus en Boeddha, is dit duidelik dat Jesus, in die 18 jaar van sy lewe waarvan ons niks weet nie, onder andere in die Ooste deurgebring en daar in Boeddhiste tempels geleer het. Wat Jesus geleer en verkondig het was dus reeds voorheen deur Boeddha geleer en verkondig.
Carpenter, Joseph Estlin, "Obligations of the New Testament to Buddhism," The Nineteenth Century, VIII, July-December 1880.
Coomaraswamy, Ananda Kentish, Elements of Buddhist Iconography, Munshiram Manoharlal, New Delhi 1972.
Dameron, James P., Spiritism; the Origin of All Religions, SF, 1885.
Del Mar, Alexander, The Worship of Augustus Caesar, The Cambridge Encyclopedia Co., NY, 1900.
Dobbins, Frank S., Error's Chains: How Forged and Broken, Standard Publishing House, 1883.
Hardy, R. Spence, A Manual of Budhism, Chowkhamba, Sanskrit Series, India, 1967.
Hopkins, Edward Washburn, India Old and New, with a Memorial Address, Charles Scribner's Sons, London, 1901.
Jaini, Padmanabh S., Collected Papers on Buddhist Studies, Motilal Banarsidass Publ., Delhi, 2001.
Kloppenborg, Ria, The Sutra on the Foundation of the Buddhist Order, E.J. Brill, 1973.
Lillie, Arthur, Buddha and Buddhism, T&T Clark, 1900. – Buddhism in Christendom: Or Jesus, the Essene, Kegan Paul, London, 1887.
Lindtner, Christian, "Jesus is Buddha," jesusisbuddha.com – Geheimnisse um Jesus Christus: Das Neue Testament ist Buddhas Testament, Lühe-Verlag, 2005.
Mead, G.R.S., The Gospels and the Gospel, Theosophical Publishing, London, 1902.
Paine, Robert T., The Art and Architecture of Japan, Yale University Press, 1981.
Thundy, Zacharias P., "The Sanskrit Sources of the Gospel Narratives of the Trial and Death", www.jesusisbuddha.com/thundy.html – Buddha and Christ: Nativity Stories and Indian Traditions, E.J. Brill, Leiden, 1993.
Wallbank, Thomas Walter, Civilization Past and Present, I, Scott, Foresman, 1960.
Whitney, Loren Harper, A Question of Miracles: Parallels in the Lives of Buddha and Jesus, The Library Shelf, Chicago, 1908.
Prof. Neels Moolman
Department of Criminology & Criminal Justice
University of Limpopo
Klik hier om lid te word van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. Word per e-pos in kennis gestel en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens.

'n Unieke blik op 'n wye verskeidenheid eg Suid-Afrikaanse boeke. Boekblik bied 'n platform waar diversiteit in die boekemark ten volle ontgin word. 'n Boekwinkel in die kuberruim waar kwaliteitboeke verkoop word teen onverbeterlike pryse. Loer gereeld in die Boekblik vir 'n wyer blik op Suid-Afrikaanse boeke.
Klik. Klik. Oombliklik!

Gewone mense en bekendes word gevra om oor hulle oortuigings en geloof te praat. Vrae soos: Wie is God vir jou?
Het jy enige bewyse van God se bestaan? Ons het gelowiges tot ateïste, new agers tot wikka hekse gaan vra. Die DVD kos R130 maar vir Sentrum (SES) lede net R110.
Duisende Afrikaanse mense voel verwyderd van fundamentalistiese sienings van Christenskap en verlaat die tradisionele kerke in hul hordes. Hulle voel dikwels skuldig en alleen en is onder die indruk dat daar iets met hulle fout is. Hulle soek nuwe Afrikaanse gespreksgenote en gemeenskappe waarin hulle hul nuwe spiritualiteit kan uitdruk. Hierdie boek is die resultaat van sodanige gesprekke. Beskikbaar by Griffel of bestel direk by Boekblik.

Boek: Jesus van Nasaret (2009) deur Prof. Sakkie Spangenberg. "In Jesus van Nasaret is Spangenberg op sy beste. Hy skryf oor die feilbaarheid van die Skrif en verduidelik uit 'n suiwer historiese oogpunt hoe Israel ontstaan en wie Jesus was." Beskikbaar by Kalahari, Exclusive Books, Protea Boekwinkel, of by die skrywer.
Ons stel belang in jou reaksie en kommentaar op enige gegewe artikel en jou denke rondom die soeke na eietydse spiritualiteit. Besoek asb. hierdie bladsy vir meer inligting.
Kopiéreg © spiritualiteit.co.za