Op 20 November 2009 word die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit (SES) in Pretoria gestig. SES bestaan uit Afrikaners wat hulself sien as soekers na die waarheid. Dit is mense wat kies om met onsekerheid saam te leef. Hulle spook daagliks om teenstellings en opponerende inligting sinvol te integreer. Hulle soek na 'n sinvolle middelpunt. Hierdie groep ag die vrye vloei van inligting en toegang tot verskillende idees, baie hoog. Maar meer nog as dit, die vryheid om self te kan besluit, sonder sensuur, hoe hulle hul werklikheid wil vertolk. Dit is die nuwe generasie van Afrikaner; waar geslag, ras, kleur, kultuur, geloof, taal, ouderdom en seksualiteit hulle nie meer definieer nie. Hulle is vrydenkers; mense vir wie die beginsels van liefde, eerlikheid, kreatiwiteit, respek, kritiese denke, oop soeke, nederigheid en eietydse denke hulle rig. En in die proses word hulle VOORDENKERS!
SES se webtuiste is 'n ruimte vir hierdie mense. Daarom is SES 'n ontmoetingsplek vir vrydenkers, voordenkers en eerlike soekers. Aan julle, welkom!

Saam op soek na God – Soeke na 'n eietydse spiritualiteit is 'n eerste in Afrikaans. In gemaklike styl en taal word die boek 'n tweegesprek met die leser oor universele geloofsvrae. Abel probeer nie die leser oortuig nie en bied ook nie sy gedagtes aan as die aller-antwoord nie. Hy begelei die leser deur 11 – spirituele besinnende – tweegesprekke oor die soeke na eietydse sin in die hier en nou.
Saam op soek na God ISBN 978-1-920424-084
R120. Beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk van Griffel of by On The Dot, 0861668368 of by SES.
Word gerus lid van die Sentrum! Lede word in kennis gestel van, en kry afslag op dagkonferensies, kursusse, boeke, DVD's ens. Copy en paste gewoon hierdie vorm na u e-pos program (slegs u naam en e-pos adres is onmisbaar) en stuur dit aan
Hiermee doen ek aansoek om lid te word van
die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit (SES).
My eie Naam en Van:
Titel:
E-pos adres:
Tel/Sel:
Woonadres:
Stuur dit asb, vanaf elke adres waar u ons e-pos wil ontvang. (U kan dus nie namens iemand anders aansluit nie.) Dit is nodig dat ons uitdruklike toestemming op rekord hou van wie op ons adreslys wil wees. Daarsonder mag ons ongelukkig nie aan u e-pos stuur nie. Ons glo verder aan privaatheid vir almal en belowe om nooit u kontak besonderhede met ander deel nie.
"We make our world significant by the courage of our questions and by the depth of our answers." – Dr. Carl Sagan

As jy op Facebook is, asb. ondersteun die Abel Pienaar Projek deur 'n vriend te word.
Die afgelope tyd is Abel deur joernaliste, teoloë en vele gelowiges aangeval en uitgekryt as onrealisties en uit voeling met realiteit. Hulle sê Afrikaanse mense is christene en sy sogenaamde soeke is net vir 'n klein akademiese groepie bedoel. Abel stem nie saam nie.
Die doel met die Abel Pienaar Projek is: (1) Om te wys daar is reeds baie Afrikaans-sprekendes wat nuut dink, (2) om momentum te gee aan die beweging deur mense wat bang is om openlik te praat oor hulle twyfel en soeke, te motiveer met die wat reeds mede-soekers is – ons soek getalle! en (3) om 'n sentrale ruimte te skep waar relevante inligting vinnig deurgegee kan word.
"Ek glo regtig dat daar baie mense is wat nuwe inligting oor die kosmos, aarde en lewe wil integreer met die sienings wat hulle kry by hulle wêreldbeeld, hulle kultuur konteks, verskillende filosofieë, wetenskap, die Christelike godsdiens en ander godsdienste. Kom ons kyk of ek reg is!" sê Abel.
Word deel van hierdie groep vrydenkers. "Like" ook die eenman vertoning toer van Abel: Monoloog vir Dialoog.
Kopiéreg © spiritualiteit.co.za